10/03/2026
Op 5 Maart het die VVF (Veterane en Vroue Fonds) die amptelike opening van Anchor House by 024 Jan van Rooyen Straat, Mindalore, Roodepoort gevier. Dit was βn besondere aand waar die gemeenskap saamgekom het om βn projek van hoop, βn veilige tuiste vir ons bejaardes te bring.
Die gaste is vermaak deur die bekende Suid-Afrikaanse sanger Nic Stevens, ook βn lid van die gewilde groep Die Broers, wat met sy musiek vir βn wonderlike atmosfeer gesorg het. Die aand is professioneel gelei deur Jacques Combault, akteur en seremoniemeester, wat die verrigtinge met groot entoesiasme en styl hanteer het.
Die geleentheid was βn groot sukses, met ongelooflike ondersteuning vanuit die gemeenskap. Onder diegene wat hul steun kom wys het, was DJ Minx van Bikerhart Radio, Piet Jooste, lede van die Silent Soldiers, en vele ander wat saam help bou aan βn beter toekoms vir mense in nood.
Anchor House is een van drie behuisingsprojekte wat vir 2026 deur die VVF beplan word. Die organisasie doen reeds ongelooflike werk vir veterane, bejaardes en mense in nood, en bied ook ondersteuning met studiehulp en gemeenskapsprojekte.
Hierdie belangrike inisiatief staan onder leiding van Elizabeth Bouwer en Luke Enslin, wat met passie en toewyding werk om βn werklike verskil in mense se lewens te maak.
Die opening van Anchor House is die begin van nuwe hoop vir baie mense.
Silent Soldiers MC Westrand