President Kruger Kinderhuis Pretoria

Directions Website Contact the organization

President Kruger Kinderhuis Pretoria President Kruger Kinderhuis Pretoria is'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat ons toespits op die versorging van kinders.

17/09/2026

Pledge ń kosblik en maak so ń veskil!

03/09/2026

Skud jou vleis het n aanloop van 101 ure braai voor die groot dag op 19 Sept. Kom support, wys jou gesig & deel in die pret.
https://www.skudjouvleis.co.za
Generaal Braai

Week 4 – Toekoms63 Drome | Droom  #4"Ek droom daarvan om eendag 'n werk te hê waarop ek trots kan wees."Elke kind verdie...
19/08/2026

Week 4 – Toekoms

63 Drome | Droom #4

"Ek droom daarvan om eendag 'n werk te hê waarop ek trots kan wees."

Elke kind verdien die geleentheid om groot te droom en hard te werk vir 'n beter toekoms.

Deur ons programme en die ondersteuning van ons skenkers help ons jongmense om die selfvertroue en vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het om onafhanklik die lewe aan te pak.

Elke bydrae help om 'n droom nader aan werklikheid te bring.
https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Vandag deel ons een droom. Daar is nog 59 wat wag om verwesenlik te word.

Week 3 – Onderwys63 Drome | Droom  #3"Ek droom daarvan om eendag my matrieksertifikaat met trots in my hand te hou."Elke...
12/08/2026

Week 3 – Onderwys

63 Drome | Droom #3

"Ek droom daarvan om eendag my matrieksertifikaat met trots in my hand te hou."

Elke toets wat geslaag word, elke huiswerktaak wat voltooi word en elke nuwe vaardigheid wat aangeleer word, bring 'n jongmens een stap nader aan sy of haar droom.

Met die ondersteuning van ons gemeenskap help ons kinders om aan hul toekoms te bou.

Dankie dat jy saam met ons in hul toekoms belê.
https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Vandag deel ons een droom. Daar is nog 60 wat wag om verwesenlik te word.

Week 2 – Om te behoort63 Drome | Droom  #2"Ek droom daarvan om eendag 'n plek te hê waar ek altyd welkom voel."Vir baie ...
05/08/2026

Week 2 – Om te behoort

63 Drome | Droom #2

"Ek droom daarvan om eendag 'n plek te hê waar ek altyd welkom voel."

Vir baie kinders is "huis" meer as net 'n gebou. Dit is 'n plek waar jy veilig voel, waar iemand jou naam ken en waar jy weet jy behoort.

By Die President Kruger Kinderhuis Pretoria werk ons elke dag daaraan om vir 63 kinders daardie gevoel van veiligheid en geborgenheid te gee.

Dankie aan elke persoon wat help om 'n plek van hoop te skep.
https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Vandag deel ons een droom. Daar is nog 61 wat wag om verwesenlik te word.

Week 1– Om terug te gee63 Drome | Droom  #1"Ek droom daarvan om eendag vir ander mense te kan help, soos mense my gehelp...
30/07/2026

Week 1– Om terug te gee

63 Drome | Droom #1

"Ek droom daarvan om eendag vir ander mense te kan help, soos mense my gehelp het."

Die mooiste drome gaan nie net oor wat ons kan ontvang nie, maar ook oor wat ons eendag vir ander kan beteken.

By Die President Kruger Kinderhuis Pretoria glo ons dat liefde, omgee en geleenthede 'n kringloop van hoop skep wat van een geslag na die volgende oorgedra word.

Dankie dat jy deel is van daardie kringloop.
https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Vandag deel ons een droom. Daar is nog 62 wat wag om verwesenlik te word.

'n Ry vir drukkies... ❤️Dis een van daardie oomblikke wat ons hart diep raak. Soms is die grootste behoefte van 'n kind ...
15/07/2026

'n Ry vir drukkies... ❤️
Dis een van daardie oomblikke wat ons hart diep raak. Soms is die grootste behoefte van 'n kind nie 'n speelding of lekkerny nie, maar net iemand wat hulle styf vashou en wys: "Jy is geliefd."

Dis waarvoor ons elke dag hier is. 🤍

Kinders behoort 'n geborge Tuiste te ervaar. U Skenking Maak dit Moontlik.Elke oggend word 63 kinders by Die President K...
09/07/2026

Kinders behoort 'n geborge Tuiste te ervaar. U Skenking Maak dit Moontlik.
Elke oggend word 63 kinders by Die President Kruger Kinderhuis Pretoria wakker met die wete dat hulle veilig is.
-Daar is ontbyt op die tafel.
-Daar is 'n skooluniform wat gewas en gestryk is.
-Daar is versorgers wat omgee.
-Daar is 'n bed om in te slaap.

Hierdie dinge gebeur nie vanself nie.

Dit word moontlik gemaak deur mense soos U wat kies om om ‘n bydrae te lewer.

Selfs 'n klein skenking kan 'n groot verskil maak.

Saam sorg ons dat 63 kinders steeds die liefde, veiligheid en versorging ontvang wat hulle verdien.
Elke skenking. Elke deel. Elke gebed. Maak 'n verskil.
https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Gestig in 1939 en vandag geleë in 31ste Laan, Villieria Pretoria, is die President Krugerkinderhuis Pretoria geregistreer om 63 kinders te versorg – 36 dogters en 27 seuns vanaf die ouderdomme 2-18 jaar. Kinders word in ons sorg geplaas deur middel van ‘n wettige hofbevel as gevolg van versorgi...

25/06/2026

Geagte Vriende van Die President Kruger Kinderhuis Pretoria

Wanneer mense aan 'n kinderhuis dink, dink hulle dikwels aan die groot behoeftes. Wat hulle nie altyd sien nie, is die klein oomblikke wat elke dag 'n verskil maak.

'n Kind wat met selfvertroue skool toe gaan. 'n Huisma wat 'n drukkie gee wanneer 'n dag moeilik was. Lag rondom die etenstafel. Huiswerk wat voltooi word. Drome wat begin vorm aanneem.

Hierdie oomblikke gebeur omdat daar mense is wat omgee.

Ons wil vandag eenvoudig dankie sê aan elke persoon wat deel vorm van ons kinders se verhaal. Deur gebede, aanmoediging, skenkings en betrokkenheid help u om vir 63 kinders 'n veilige tuiste en 'n kans op 'n beter toekoms te gee.

Soos ons vorentoe beweeg, bly die behoefte groot, maar ons geloof in die goedhartigheid van mense bly groter. Indien u oorweeg om ons werk te ondersteun, sal enige bydrae – groot of klein – 'n direkte verskil maak in die daaglikse versorging van die kinders wat aan ons toevertrou is.

https://pay.yoco.com/die-president-kruger-kinderhuis-pretoria

Dankie dat u saam met ons hoop en bou, dag vir dag.

President Kruger Kinderhuis Pretoria is'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat ons toespits op die versorging van kinders.

LEER, BOU EN MAAK 'N VERSKIL Ons kinders het onlangs die geleentheid gehad om saam met Vriende van Magalies hande uit di...
18/06/2026

LEER, BOU EN MAAK 'N VERSKIL

Ons kinders het onlangs die geleentheid gehad om saam met Vriende van Magalies hande uit die moue te steek en te help met die bou van 'n voëlskuiling ("bird hide") in die Magaliesberg-omgewing.

Dit was 'n besondere ervaring waar die kinders nie net nuwe vaardighede aangeleer het nie, maar ook meer geleer het oor die belangrikheid van natuurbewaring en die beskerming van ons voëllewe.

Ons is ongelooflik trots op hul bereidwilligheid om te help en deel te wees van 'n projek wat toekomstige besoekers die geleentheid sal gee om die natuur op 'n unieke manier te beleef.

Saam bou ons nie net strukture nie – ons bou ook karakter, verantwoordelikheid, 'n liefde vir die natuur en ‘n toekoms.

Address

31 Avenue 728 Villieria
Pretoria
0186

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when President Kruger Kinderhuis Pretoria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to President Kruger Kinderhuis Pretoria:

Shortcuts

Share