SA Gemeente Maidstone

Directions Website

SA Gemeente Maidstone Charity Organisation

04/11/2026

Kom word deel van ons storie , SA Gemeente Maidstone - saam in geloof saam in liefde 🧡

01/11/2026

Hoe weet ons Jesus is die Een wat werklik God is? Hoe weet ons Jesus red, Hy bring lewe? Hoe weet ons dat wat Jesus leer en wie Hy is die verskil maak?

Jesus se antwoord of uitdaging hieroor is skokkend eenvoudig: Wees gehoorsaam! Dit klink amper nie reg nie.

Richard Rohr skryf hieroor: We struggle to obey God because obedience requires us to let go of the very things that make us feel secure.

Geloof is nie dieselfde as volkome sekerheid nie – geloof is om te waag, dit is om Jesus op sy woord te vat, geloof is om dapper genoeg te wees om Jesus te volg…

Geloof gaan nie oor wie jy is en wat jy weet en hoe uitgesorteer jy is en watter goeie antwoorde en argumente jy het nie. Ons het niemand dit uit-gefigure nie Niemand het al die antwoorde nie.

So die maklike en moeilike antwoord is maar weer: Volg Jesus!

15/10/2026

🎄 ONS GROOT KERSMARK 🎄

Kom geniet saam met ons van ’n heerlike Kersmark!

Datum: Sondag, 15 November 2026
Tyd: 10:00
Plek: Kings Hill Skool
Crispin Way, ME19 4LS

Daar gaan iets vir almal wees!

Kom snuffel tussen die stalletjies en geniet heerlike lekkernye soos:

Biltong

Kerrie en rys

Koek en melktert

Koeksisters

Hoendersosaties

Daar sal ook hope pret wees vir die kinders, met lekker aktiwiteite en Santa se Grotto!

En natuurlik nog vele meer!

Bring jou familie en vriende saam en kom maak saam met ons mooi Kersherinneringe.

Ons sien uit daarna om julle almal daar te sien!

Moet dit nie misloop nie!
12/10/2026

Moet dit nie misloop nie!

11/10/2026

Hier in die VK is ons kerk meer as net ’n byeenkoms van gelowiges, dis ook ’n plek waar ons Suid-Afrikaners, ’n tuiste vind, dis ons mense hierdie, dis waar ons by ons mense saamkom en die Here aanbid… is dit kerk?
Ja… maar ook nee, want kerk is groter en dieper en meer.
En die belangriker vraag wat ons moet vra oor kerk is: Waarmee is God besig?
Nie in die eerste plek wat is ons planne en behoeftes en drome en wat moet ons doen nie en wat vir ons werk nie… maar wat is God mee besig – in jou en in my… en in ons kerk - wie is ons besig om te word? Dit is waar God begin met kerk.

20/09/2026

Geloof vra: Wat het God aan my gegee wat vir iemand anders bevorderlik kan wees?
Dit verander alles.
Want die vraag is nie meer: Is my gawe indrukwekkend genoeg?
Die vraag is: Kan God dit gebruik om iemand anders aan te raak, te dien en te red?
Die gawes – ons gawes – kry betekenis wanneer dit diens word.

06/09/2026

In Genesis 1 ontmoet ons die Almagtige Skeppergod (Elohim) wat hemel en aarde maak en dan skuif die toon in Genesis 2 na die Verhoudingsgod (Jahwe) wat die mens maak en verhoudings moontlik maak. Maar as God die mens skep, is sy reaksie daaroor: Dit was goed en hierdie dag was dié dag. Die beste dag van die skepping was toe God die mens maak. God kyk nog steeds op hierdie manier na die mens - na elkeen van ons!

16/08/2026

Rus het nie 'n adres nie, dit het 'n naamm

02/08/2026

400 jaar vC is die Jode in ballingskap weggevoer na Babilonië en daar het hulle stories gehoor van ander gode en hoe hierdie gode werk. Hulle was in ‘n wêreld waar mense verskillende verklarings gehad het vir hoe die lewe werk... en of daar ‘n God is en wat hulle kon verwag van ’n god.

En hulle is gevra: Wat glo julle? Wat glo julle oor julle God? En watter mag het julle God? Wat maak julle God so spesiaal?

Die Joodse ballinge se antwoord kom dan in die vorm van ‘n gedig en nie as ‘n fyn uitgewerkte teologiese verklaring: Dit is wat ons van ons God glo... en hulle vertel die Skeppingsverhaal: “In die begin het (ons) God die hemel en aarde geskep...”

Ons neem Sondag, 2 Augustus afskeid van oom Jan en tannie Maria na 26 jaar. Kom sê totsiens as jy daar kan wees.
31/07/2026

Ons neem Sondag, 2 Augustus afskeid van oom Jan en tannie Maria na 26 jaar. Kom sê totsiens as jy daar kan wees.

Address

Sutton Valence School, North Street
Maidstone
ME173HL

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SA Gemeente Maidstone posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Sponsored

Share

Nearby non profit organisations