Die ACVV Dienssentrum op Malmesbury is in Julie 1984 geopen van uit die PJB Joubert huis in St Thomas straat. Mev Geldenhuys is in 1985 as die eerste organisserder van die Dienssentrum aangestel. In November 1995 betrek die Dienssentrum hul nuwe tuiste by die Amandelrug Aftree-oord in Piet Retief Straat. Mev Heide Liebenberg was toe organiseerder van die Dienssentrum. Die Dienssentrum is serderdie
n steeds in die selfde gebou. Die ACVV is een van die oudste nie-winsgewende organisasies op die gebied van maatskaplike dienste. Die dienssentrum is 'n afdeling van die ACVV, maar dit funksioneer heeltemal apart van die dienste wat aan Kinderbeskermingsdienste en Gestremdes gelewer word. Hier by die Dieensentrum in Malmesbury poog ons om ondersteuningsdienste aan bejaardes in ons gemeenskap te voorsien. Ouer persone in ons gemeenskap met basiese daaglikse behoeftes word soms mis gekyk - daarom wil ons graag 'n verskil maak. Die doel van die Dienssentrum is om ouer persone (60 jaar en ouer) te bereik en saam te bring om aan ons weeklikse aktiwiteite deel te neem. Ons wil graag hê dat hulle verhoudings bou wat hul kan koester en ook deel voel van die gejaagde samelewing. Ons streef daarna om individue by te staan om so lank as moontlik soveel van hul onafhanklikheid te behou. Dit sluit in gesonde gebalanseerde maaltye, vervoerdiens en om so lank as moontlik onafhanklik te lewe.