Pinkster Huis Van Gebed

Pinkster Huis Van Gebed Ons beweeg en maak 'n verskil in alle mense se lewens, deur gebed en die werking van die Heilige Gees, die vuur van die Here, wat ons dryf.

By Pinkster Huis Van Gebed is ons almal een groot familie. Hier bedien ons mekaar met die gawes wat die Here in ons besit geplaas het. Die wat sterk is help die wat swak is. Ons deel in mekaar se blydskap en hartseer. Pinkster Huis Van Gebed is 'n plek vir die weduwee en weeskind. Hier voed die Here nie net jou siele nie, maar Hy voorsien ook in enige van ons behoeftes. In watter omstandigehde men

se ookal mag verkeer, in geloof sal die Here verandering bring. Watter geheime daar ookal mag wees. As dit tussen 'n persoon en God staan, sal dit, deur profesie, opbouend en in liefde bekend gemaak word en bekering sal sekerlik daarop volg. Dit is hoe ons die NAAM en SAAK hier ken. Die Here werk hier voltyds deur Sy Heilige Gees, onder die geklank van Sy woord, en die lofsange, bemoedingings en getuienisse van Sy volgelinge, met Sy salwing wat 'n mens die hoogtes in neem in sy tabernakel. Hier ken ons die Here as 'n God van liefde, tekens en wonders. Hy is vir ons 'n rotsvesting, 'n toevlug en 'n waarmaker van Sy woord. Hy alleen is God en hier sal ons Hom altyd loof en prys, in Sy Huis Van Gebed waar Pinkster nooit tot 'n einde kom nie.

Address

154 Valk Street
Malmesbury
7300

Telephone

073 836 8817

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pinkster Huis Van Gebed posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Pinkster Huis Van Gebed:

Share