Ons Winkel Malmesbury

Ons Winkel Malmesbury Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

04/09/2026
Binnekort beskikbaar by Ons Winkel MalmesburyRainierstr 8
03/09/2026

Binnekort beskikbaar by Ons Winkel Malmesbury
Rainierstr 8

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Lea Van Rooyen, Jo-Ann Jks Sampson, Anneline Hendriks, Ni...
02/09/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Lea Van Rooyen, Jo-Ann Jks Sampson, Anneline Hendriks, Nicolene Kruger, Magrieta Magrieta, Mbali Filander, Maeesha Arendse, Sharon Karen Jantjies, Mem Tee-Ras, Jamie Strydom, Jessica Fikster, Suney Hendricks

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Sybel Bester, Rene Strydom, Eltino September, Jennifer Ba...
30/08/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Sybel Bester, Rene Strydom, Eltino September, Jennifer Barendse, Elsabe Owies, Annette Meyer, Ursula Adams, Wilene Lewies, Rayna Williams, Legreycia Faroa, Nathan Daniels, Realda Solomon, Lizelle C Solomons

Thanks for being a top engager and making it on to my weekly engagement list! 🎉 Melissa Lesch, Que Hanekom, Shirley Jage...
28/08/2026

Thanks for being a top engager and making it on to my weekly engagement list! 🎉 Melissa Lesch, Que Hanekom, Shirley Jagers, Karen Linde

27/08/2026

’n Storie van Hoop… en ’n Nuwe Begin 🌿
Daar is ’n plek in Malmesbury waar tweede kanse elke dag gebeur…
waar ou klere, meubels en klein skatte nuwe lewe kry…
en waar elke aankoop help om iemand anders se toekoms ’n bietjie helderder te maak.
Dit is Ons Winkel Malmesbury.
Vir jare was hierdie winkel meer as net ’n besigheid dit was ’n hartklop in die gemeenskap. ’n Plek waar mense gee, koop en saam bou aan iets groter as hulself.
Nou begin ’n nuwe hoofstuk…
En dalk is jy die persoon om daardie storie voort te skryf.
Ons soek iemand met visie. Iemand met deernis. Iemand wat nie net ’n inkomste wil bou nie, maar ook ’n verskil wil maak.
✨ Stel jou voor:
Jy maak elke dag jou winkel oop…
Jy ontmoet mense van alle lewenswandel…
Jy bou iets wat nie net wins bring nie, maar ook hoop.
Dis nie net ’n koop nie dis ’n roeping.
💛 As jou hart vinniger klop vir mense, vir gemeenskap en vir geleenthede…
dan wag hierdie storie vir jou.
📞 Kontak Ronel Stander: 083 469 3066

27/08/2026

Goeie Dade,
Groot Impak!
Ons maak jou geskenkpakkie op volgens jóú behoefte!

​By Ons Winkel Malmesbury glo ons daaraan om hoop te bring.
Vir slegs R150 per sak, kry jy 'n sorgvuldig saamgestelde pakket met:
30 Kledingstukke
​5 Boeke
​5 CD's
​Perfek vir: Donasies, gemeenskapsprojekte, kinderhuise en minderbevoorregtes.
Herverkopers se wins!
Koop meer, verdien meer.
​Laat weet ons presies wat jy in jou sak wil hê en ons maak dit volgens jou spesifieke behoefte op!

​WhatsApp /Skakel Renre: 081 266 8200
​-------------------------
​Good Deeds,
Big Impact!
We customize your gift pack according to yóúr needs!

​At Ons Winkel Malmesbury, we believe in bringing hope.
For only R150 per bag, you get a lovingly assembled package containing:

​30 Items of Clothing
​5 Books
​5 CDs
​Perfect for:
Donations, community projects, children's homes, and the underprivileged.

Resellers' profit! Buy more, earn more.

​Let us know exactly what you would like
to have in your bag, and we will custom-make it according to your specific needs!
Contact Rene at 081 266 8200

Address

8 Rainier Street
Malmesbury
7300

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Malmesbury posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share