Solidariteit Helpende Hand Pretoria-Oos Streek

Solidariteit Helpende Hand Pretoria-Oos Streek Welkom by Solidariteit Helpende Hand blad vir Pretoria Oos Streek. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in.

Bykomende inligting
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n

verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons Niki van Pretoria-Oos is alweer hard besig met ons Troosbeertjie-projek! En kyk net mooi... Ronald die Renoster, een...
08/09/2026

Ons Niki van Pretoria-Oos is alweer hard besig met ons Troosbeertjie-projek!

En kyk net mooi... Ronald die Renoster, een van die Groot 5, het ook sy verskyning gemaak!

Baie dankie, Niki, vir elke pragtige beertjie, hasie en diertjie wat jy met soveel liefde hekel. Jy maak 'n groot verskil!

'n Cowboy se krag lê nie net in sy hoed of stewels nie – dit lê in sy karakter.Net so word Helpende Hand se vrywilligers...
06/09/2026

'n Cowboy se krag lê nie net in sy hoed of stewels nie – dit lê in sy karakter.

Net so word Helpende Hand se vrywilligers nie uitgeken aan wat hulle sê nie, maar aan wat hulle doen.

Hulle kies elke dag om iemand anders se las ligter te maak. Dankie aan elke vrywilliger en ondersteuner wat help hoop skep.

Ondersteun ons deur om 'n maandelikse bydra te maak teen so min as R100.00 https://pretoriaooshand.co.za/sluit-aan-pretoria-oos/

Ons vergeet so maklik hoeveel ons het om voor dankbaar te wees, totdat ons weer sien met hoeveel moed en deursettingsver...
04/09/2026

Ons vergeet so maklik hoeveel ons het om voor dankbaar te wees, totdat ons weer sien met hoeveel moed en deursettingsvermoë ander elke dag leef.

By Kungwini Paul Jungnickelson word ons herinner dat elke mens ongelooflike waarde het en dat hoop en vreugde in die kleinste oomblikke leef.

En natuurlik het Braaf, ons geliefde Boerboel, weer saam kom kuier! Hy bring altyd ekstra liefde, glimlagte en stertgeswaai oral waar hy gaan.

Dankie, Nuwe Hoop Skool! Wat 'n voorreg om deel te wees van julle jaarlikse Lente-tee ten bate van die skool se fondsins...
04/09/2026

Dankie, Nuwe Hoop Skool!

Wat 'n voorreg om deel te wees van julle jaarlikse Lente-tee ten bate van die skool se fondsinsameling.

Ons Hoopdraers-tak ondersteun maandeliks die skool met 'n uitreikprojek, en ons sê dankie vir 'n ongelooflike oggend vol omgee en hoop.

Dankie, Bamboliene! 'n Groot dankie aan Bamboliene Kleuterskool dat Helpende Hand deel kon wees van julle Gholfdag.En da...
03/09/2026

Dankie, Bamboliene!

'n Groot dankie aan Bamboliene Kleuterskool dat Helpende Hand deel kon wees van julle Gholfdag.

En dankie aan elke speler wat by ons stalletjie kom inloer, geluister en 'n donasie gemaak het vir ons projekte in Pretoria-Oos.

Vandag vier ons Sekretaressedag – en ons vier vir Maryke. Wat ‘n ongelooflike vrou!Dankie dat jy altyd een stap vooruit ...
02/09/2026

Vandag vier ons Sekretaressedag – en ons vier vir Maryke.

Wat ‘n ongelooflike vrou!

Dankie dat jy altyd een stap vooruit d**k, dinge raaksien, en met soveel positiwiteit en omgee elke dag ligter maak. Jy is nie net my regterhand nie, maar ook ’n ongelooflike spanmaat en steunpilaar.

Ons waardeer jou meer as wat woorde kan sê. Gelukkige Sekretaressedag, Maryke! 🌸

Maryke Ackerman

Daardie kas wat nie meer toe wil gaan nie... kan iemand se lewe verander. Ons almal het daardie jean. Ja, daardie een wa...
01/09/2026

Daardie kas wat nie meer toe wil gaan nie... kan iemand se lewe verander.

Ons almal het daardie jean. Ja, daardie een wat al twee jaar in die kas hang omdat jy sê: "Ek gaan nog weer daarin pas."

Vandag wil ek jou uitdaag: Laat hom gaan.

Ons soek donasies vir Helpende Hand se winkels in Ons Winkel Pretoria-Oos en Ons Winkel Silverton

Klere
Linne
Skoene
Kombuisware
Speelgoed
Boeke
Meubels
Musiekinstrumente (selfs daardie kitaar wat net stof vergader!)

Elke item wat jy skenk, word verkoop in ons winkels. Elke sent se wins gaan terug in ons gemeenskap – om rentevrye studiebeurse vir studente moontlik te maak en gesinne in nood in die Pretoria-Oos omgewing te ondersteun.

Hoe meer jy skenk, hoe groter word die impak. Moenie vasklou aan goed wat net plek opneem nie. Maak plek in jou kas... en hoop in iemand anders se lewe.

Stuur gerus 'n boodskap as jy donasies het. Ons help graag om dit by jou te kry.

31/08/2026

Vandag is 'n bietjie anders.

Geen prentjie. Geen video. Geen "reel". Net woorde.

Ons leef in 'n wêreld wat nooit ophou jaag nie. Alles is vinnig, hard en dringend en iewers tussen al die geraas vergeet ons om net stil te staan.

So vandag wil ek jou uitdaag.

Sit jou foon vir 'n paar minute neer. Stap buitentoe. Kyk regtig om jou. Luister na die geluide wat jy gewoonlik mis. Ruik die vars lug. Voel die son, die wind of selfs die koue op jou vel.

Haal diep asem.

En dank die Vader vir nog 'n dag. Nog 'n nuwe dag vol nuwe geleenthede, nuwe genade en nuwe hoop.

Soms is die mooiste oomblikke dié wat ons nie afneem nie, maar net beleef.

Het julle gesien wie het vir ons kom kuier? BRAAF! BRAAF is reg om weer Pretoria-Oos se skole aan die gons te hê! Ons ka...
31/08/2026

Het julle gesien wie het vir ons kom kuier? BRAAF!

BRAAF is reg om weer Pretoria-Oos se skole aan die gons te hê! Ons kan nie wag om soveel meer skole te besoek, kinders te inspireer en hope pret én belangrike lewenslesse saam te bring nie.

Hou die spasie dop... BRAAF is op pad! 🐾

Sara’n Gelowige VrouIemand het eenkeer gesê: "Agter elke uitmuntende man is daar 'n uitmuntende vrou." Hoewel ons nie al...
30/08/2026

Sara

’n Gelowige Vrou

Iemand het eenkeer gesê: "Agter elke uitmuntende man is daar 'n uitmuntende vrou." Hoewel ons nie alles van

Sara af weet wat ons graag sou wou nie, het die Skrif meer oor haar te sê as oor feitlik enige ander vrou. Haar man, Abraham, is die vader van die gelowiges, maar sy is ook 'n voorbeeld van geloof in God. Soos Abraham was sy ook uit die Galdeërs, na wie die Skrif verwys as " die wrede, woeste nasie" (Hab. 1:6). Die Galdeërs het later bekend geword as die Babiloniërs (die hedendaagse Irak). Sy is met Abraham getroud voordat die reis na Kanaän begin het (Gen. 11:31).

Hulle was nie Israeliete nie, want Israel (Jakob), hulle kleinseun, was nog nie gebore nie. Hulle was ook nie Jode nie; die naam sou kom van Juda, hulle agterkleinseun.

Nogtans het God hulle geroep en hulle het gehoorsaam, en deur hulle het Hy 'n nuwe volk tot stand gebring: die volk van God.

As ons hierdie week kyk na Sara se lewe, sien ons, nes by Abraham, 'n gebrekkige en onvolmaakte soeke na God, maar nogtans 'n geloof wat groot genoeg was om in Hebreërs 11 die "heldegalery" van die Ou Testament te haal.

En ons sal lesse leer uit haar lewe wat ons sal help in ons eie pogings om God te volg.

Address

Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Pretoria-Oos Streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share