Ons Winkel Centurion-Wes

Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Centurion-Wes Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: FACEBOOK-BLAD HUISREËLS
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is 'n nie-winsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling binne die volgende kwesbare groepe toe te pas:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone. Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke uitgerol word. Ons waardes is in lyn met die van die gemeenskapswaardes van Facebook. Jy is welkom om jou opinie te lig, maar indien jy krutaal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar wat teen ons en die gemeenskapswaardes van FB is maak, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: Ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek sal bekend gemaak word aan die publiek nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boelie-gedrag, teistering, intimidering, of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulp versoeke op kommentaar in plasings of via ’n derdeparty boodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede. Daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet in lyn wees met die visie en missie van Helpende Hand.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings. Toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid, of huwelikstatus, uit.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individue
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Krutaal
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos /bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaar afdeling geplaas word, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre Maatskaplike Dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike dienste te kan lewer nie, naamlik:
Die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet Nr. 38 van 2005. Die Maatskaplike Werk Dienste Afdeling is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens bogenoemde Wet te verskaf en persone na geregistreerde Kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn nie-winsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie - die maatskaplike werker kan egter waar moontlik kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

STERKTE AAN ONS MATRIEKS VAN 2026! Die eindstreep is in sig en die groot oomblik het aangebreek!Na jare se harde werk, l...
13/10/2026

STERKTE AAN ONS MATRIEKS VAN 2026!

Die eindstreep is in sig en die groot oomblik het aangebreek!

Na jare se harde werk, laat aande, uitdagings en groot drome is dit nou tyd om te wys wat julle in julle het!

Ons Winkel wil elke matrikulant alle sterkte toewens met die eindeksamen!

Onthou, elke groot droom begin met 'n klein tree. Glo in jouself, gee jou beste en moenie vergeet hoe ver jy reeds gekom het nie.

Droom groot. Werk hard. Hou aan glo.

Mag julle die eksamen met kalmte, moed en selfvertroue aanpak. Ons hou duimvas vir elkeen van julle!

JULLE KAN DIT DOEN!

Met beste wense van die hele Ons Winkel-span! Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Ons Winkel - Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek

12/10/2026
Daar is iets besonders aan ’n winkel waar jy nooit heeltemal weet wat jy gaan raakloop nie! By Ons Winkel Centurion-Wes ...
05/10/2026

Daar is iets besonders aan ’n winkel waar jy nooit heeltemal weet wat jy gaan raakloop nie!

By Ons Winkel Centurion-Wes wag daar hierdie week ’n lekker mengelmoes van mooi, nostalgiese en sommer net interessante vondste — van Hollandse klompe en blou dekorborde tot ’n pragtige English Rose-stel en selfs ’n ou Brownie-filmprojektor.

Dis juis die lekker van tweedehands koop: elke item het karakter, elke rak hou ’n verrassing in en môre is dit dalk klaar weg!

Kom snuffel, kom ontdek en kom kry daardie “Ek kan nie glo ek het dit hier gekry nie!”-winskopie.

En die beste deel? Elke aankoop by Ons Winkel help om ’n student se toekoms te bou.

📍 Ons Winkel Centurion-Wes
♻️ Koop. Skenk. Maak ’n verskil.
🚚 Onthou: GRATIS opteldiens is beskikbaar vir skenking!

**Klein kunstenaars. Groot karakter!**Party skilderye laat jou kyk… en ander laat jou sommer glimlag! Hierdie twee kleur...
01/10/2026

**Klein kunstenaars. Groot karakter!**

Party skilderye laat jou kyk… en ander laat jou sommer glimlag! Hierdie twee kleurvolle kinderkuns-pragstukke by **Ons Winkel** wag vir ’n nuwe muur om op te vrolik.

’n Vrugtestillewe propvol kleur — **R300**
’n Vrolike nar met hope persoonlikheid — **R300**

Albei is geraam en sal ’n heerlike tikkie speelsheid aan ’n kinderkamer, speelkamer of kreatiewe hoekie gee.

**Watter een steel jou hart — die vrugte of die vrolike nar?** Vertel ons hieronder! 👇

Kom maak ’n draai en kies jou gunsteling voordat iemand anders hom huis toe vat. Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek Ons Winkel - Helpende Hand

*Toe fliekaand nog só gelyk het! *Onthou jy die opwinding van ’n donker vertrek, ’n wit doek en familiefilms wat almal l...
30/09/2026

*Toe fliekaand nog só gelyk het! *

Onthou jy die opwinding van ’n donker vertrek, ’n wit doek en familiefilms wat almal laat lag het?

Hierdie **Brownie 500-filmprojektor** bring daardie nostalgie sommer terug!

Nou te koop by **Ons Winkel Centurion-Wes vir slegs R450**. ’n Interessante vonds vir liefhebbers van ou filmtoerusting en versamelaars van iets besonders.

Kom loer gerus in en bekyk dié stukkie filmgeskiedenis van naderby — dalk wag hy net vir jóú!

**Wie onthou nog fliekaande met ’n projektor? Vertel ons!** Helpende Hand - Groter Centurion-streek Ons Winkel - Helpende Hand

MAANDAG = NUWE WEEK, NUWE WINSKOPIES! Dis amper maand-einde… en by Ons Winkel Centurion-Wes, beteken dit jy hoef nie jou...
28/09/2026

MAANDAG = NUWE WEEK, NUWE WINSKOPIES!

Dis amper maand-einde… en by Ons Winkel Centurion-Wes, beteken dit jy hoef nie jou begroting te rek om iets besonders raak te loop nie!

Van kombuisware en dekor tot daardie interessante “waar kry mens nóg so een?”-vonds — ons rakke is vol verrassings teen pryse wat jou beursie laat glimlag.

Kom snuffel, soek en ontdek.
Kry meer vir jou geld.
Gee goeie items ’n tweede lewe.

En die lekkerste deel? Elke aankoop help om ’n student se studiedroom te ondersteun.

Maak Ons Winkel Centurion-Wes, deel van jou maand-einde winskopiejag. Jy weet nooit wat vandag op jou wag nie! Helpende Hand - Groter Centurion-streek Centurion inwoners / residents

Ons vier 24 September op die lekkerste manier – met Erfenis Winskopies wat wag om ontdek te word!Kom maak ’n draai en sn...
24/09/2026

Ons vier 24 September op die lekkerste manier – met Erfenis Winskopies wat wag om ontdek te word!

Kom maak ’n draai en snuffel tussen huisware, klere, boeke, dekor, vintage skatte en sommer baie meer. By Ons Winkel weet jy nooit watter juweeltjie om die volgende hoek vir jou wag nie!

Gee. Hergebruik. Verander lewens.

Want wanneer jy tweedehands koop, gee jy nie net iets ’n tweede kans nie – elke aankoop help ook ’n student wat wil gaan studeer.

📅 24 September – ONS IS OOP!
Bring die familie, kom snuffel, kom kuier en vier Erfenisdag saam met ons.

Address

118 Jakaranda Street, Simarlo Park
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Centurion-Wes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Centurion-Wes:

Shortcuts

Share