AfriForum

Call Directions Website Contact the organization

AfriForum AfriForum is gestig om minderhede buite die partypolitiek 'n stem te gee.

“Belastingbetalers verkeer tans onder soveel druk dat daar géén ruimte vir vermorsing van geld is nie.” - Louis Boshoff,...
21/10/2026

“Belastingbetalers verkeer tans onder soveel druk dat daar géén ruimte vir vermorsing van geld is nie.” - Louis Boshoff, AfriForum-woordvoerder

Klankgreep: Louis Boshoff (Afrikaans) Klankgreep: Louis Boshoff (Engels) Die hele land hou asem op om te hoor of Enoch Godongwana, die minister van Finansies, môre iets gaan doen om verligting aan verbruikers te bied te midde van die hemelhoë brandstofpryse. AfriForum meen dit is noodsaaklik dat d...

Die Rustenburg-buurtspan is reg om hulle gemeenskap by te staan, van padmerke verf tot slaggate herstel. Dié twee manne ...
20/10/2026

Die Rustenburg-buurtspan is reg om hulle gemeenskap by te staan, van padmerke verf tot slaggate herstel. Dié twee manne wys dat ’n klein spannetjie ’n reuseverskil kan maak.

Die Rustenburg-buurtspan is ’n bewys dat ’n klein spannetjie ’n reuseverskil kan maak. Hierdie buurtspan bestaan uit slegs twee lede, Jan van Zyl, voorman van dié span, en JJ Else. Saam maak hierdie duo seker dat Rustenburg skoon, netjies en slaggat-vry bly. Van Zyl het sowat drie jaar gelede...

Het jy geweet dat die Suid-Afrikaanse Lugmag aan die Koreaanse Oorlog (1950–1953)  deelgeneem het? Hulle het met hul F-5...
20/10/2026

Het jy geweet dat die Suid-Afrikaanse Lugmag aan die Koreaanse Oorlog (1950–1953) deelgeneem het? Hulle het met hul F-51D Mustangs en F-86F Sabres meer as 12 000 aanvalsmissies tydens dié oorlog uitgevoer, skryf Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, in hierdie maand se aflewering van “Boerebande in verre lande”.

Heelwat Suid-Afrikaners hou deesdae in Suid-Korea skool, maar ons bande met dié land is veel ouer. ’n Uiters interessante, maar ook tragiese stuk geskiedenis is die gebeure tydens die Koreaanse Oorlog (1950-1953), toe lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) ’n besondere bydrae daar gelewer h...

“Die hart van AfriForum Teater was nog altyd sy mense. Ons wil hê dat elke persoon wat hier instap moet voel dat daar vi...
20/10/2026

“Die hart van AfriForum Teater was nog altyd sy mense. Ons wil hê dat elke persoon wat hier instap moet voel dat daar vir hom of haar plek is – of jy nou op die verhoog staan, in die gehoor sit, ’n kind is wat vir die eerste keer ’n teaterproduksie beleef, of ’n kunstenaar is wat al dekades lank optree. Hierdie toekenning behoort daarom net soveel aan ons gemeenskap as aan AfriForum Teater,” sê Salet Smith, bestuurder van AfriForum Teater.

AfriForum Teater

AfriForum Teater is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur die Pretoria-gemeenskap as die beste teater in die stad aangewys – ’n besondere eer in die jaar waarin die teater ook sy vyfde bestaansjaar vier. AfriForum Teater Die Best of Pretoria-toekenning is egter meer as net ’n titel, dit is...

“Die dae toe ’n mens ’n slenter maklik aan swak spelling en ’n verdagte advertensie kon uitken, is verby. Misdadigers st...
20/10/2026

“Die dae toe ’n mens ’n slenter maklik aan swak spelling en ’n verdagte advertensie kon uitken, is verby. Misdadigers steel foto’s van werklike vakansiehuise, boots wettige ondernemings na en kan selfs ’n bestaande besprekingsrekening kaap en verbruikers oortuig om buite dié platform betalings te maak. Jy moet die eiendom, die persoon wat dit verhuur én die betalingsbesonderhede onafhanklik verifieer voordat jy geld oorbetaal,” sê Broodryk.

Met die komende feestyd en duisende Suid-Afrikaners wat hul Desembervakansies beplan, waarsku AfriForum die publiek om waaksaam te wees vir vakansieslenters. Swendelaars gebruik toenemend gesofistikeerde metodes om vakansiegangers te oortuig om deposito’s of volle betalings vir verblyf en vakansie...

Naamsveranderinge kom al ’n lang pad in die land. Die Oos-Kaapse Geografiese Nameraad het selfs ’n teller wat dramaties ...
19/10/2026

Naamsveranderinge kom al ’n lang pad in die land. Die Oos-Kaapse Geografiese Nameraad het selfs ’n teller wat dramaties tol op hul webtuiste om aan te dui hoeveel plekname tans vir verandering oorweeg word. Christian Martin, voorsitter van dié raad, verklaar: “Dit is pynlik om in die provinsie te ry en steeds koloniale name teë te kom asof ons in ’n ander land is. Die komitee moet geografiese naamsverandering met meer ywer en gretigheid hanteer om ons provinsie te transformeer om die kultuur en mense van die Oos-Kaap te verteenwoordig.”

Duidelik word mense wat van koloniale herkoms is of wat die ou name as deel van hul geskiedenis erken, nie deur Martin as Oos-Kapenaars beskou nie, skryf Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum, in haar rubriek oor die verandering van plekname.

Deur Alana Bailey, hoof van Kultuursake by AfriForum Wanneer jou selfoon vroeg op ’n Maandag begin lawaai, moet jy weet een of ander drama begin ontvou. Dit was die geval op 12 Oktober vanjaar toe verskeie mense AfriForum gekontak het om te verneem of ’n berig dat Graaff-Reinet se naamsveranderi...

AfriForum se buurtspan in Johannesburg-Noord veg daagliks teen munisipale verval in die Goudstad. Hierdie span bestaan u...
19/10/2026

AfriForum se buurtspan in Johannesburg-Noord veg daagliks teen munisipale verval in die Goudstad. Hierdie span bestaan uit net twee lede, maar hulle het al baie vermag en pak alles van gebreekte vensters by die Linden-polisiekantoor tot ’n reuseslaggat Robin Hills. Ontmoet dié twee-man-span met ’n liefde vir die gemeenskap.

AfriForum se buurtspan in Johannesburg-Noord het dalk net twee lede, maar hierdie manne veg verbete teen munisipale verval wat oral in die Goudstad te sien is. As hulle nie slaggate herstel nie, is hulle besig om gras te sny of selfs om instandhouding by ’n plaaslike polisiekantoor te doen. Inwone...

19/10/2026

KYK!
AfriForum was vandag weer teenwoordig by die verrigtinge van die Khampepe-kommissie. Die organisasie tree op in opdrag van die Van der Merwe-familie om duidelikheid te kry oor waarom die ANC wat hulle pa se lewe geneem het, nooit strafregtelik vervolg is nie.

Gerrie Nel het aansoek gedoen om Mbeki te kruisondervra.

Oudpresident Thabo Mbeki het pas tydens sy getuienis voor die Khampepe-kommissie erken dat hy en ander ANC-leiers om amnestie aansoek gedoen het omdat hulle “beleids- en programbesluite geneem het wat uiteindelik daartoe kon gelei het dat kaders op laer vlakke hulle skuldig gemaak het aan dade wat op growwe menseregteskendings neergekom het”.

Mbeki self het in paragraaf 42 van sy beëdigde verklaring wat hy onlangs by die Khampepe-kommissie ingedien het, erken dat ANC-leiers “beleids- en uitvoeringsbesluite” (policy and programmatic decisions) geneem het wat tot aksies kon lei wat op “growwe menseregteskendings” neerkom.
“Die erkenning deur Mbeki strook met die WVK se bevinding in sy finale verslag dat die ANC verantwoordelik is vir ’n reeks growwe menseregteskendings wat voortgevloei het uit bomaanvalle op openbare geboue, restourante, hotelle en kroeë, asook ’n landmynveldtog,” sê Kallie Kriel

Khampepe-kommissie: Gerrie Nel doen aansoek om Mbeki te kruisondervra.Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, woon...
19/10/2026

Khampepe-kommissie: Gerrie Nel doen aansoek om Mbeki te kruisondervra.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, woon vandag die kommissie by.

AfriForum het ’n amptelike versoek aan die Khampepe-kommissie van ondersoek gerig dat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, vir voormalige president Thabo Mbeki by dié kommissie kan kruisondervra. Die kruisondervraging sal verband hou met Mbeki se vermeende politieke inmenging om te verhoed dat hyself en ander senior leiers vervolg word vir die moord op onder meer Kobie van Eck en haar twee jong kinders, Nelmarie en Nasie in ’n ANC-landmynaanval op 15 Desember 1985 naby Musina.

Address

H/v D. F Malanrylaan En Unionweg, Kloofsig
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AfriForum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to AfriForum:

Shortcuts

Share