04/09/2026
“AfriForum het ’n beduidende toename waargeneem in onduidelike of twyfelagtige heffings en tariewe wat deur munisipaliteite oor die land heen ingestel word. Dit blyk ’n nuwe neiging te wees onder munisipaliteite wat meer geld van inwoners wil verhaal sonder om enige ooreenstemmende verbetering in dienste te lewer. Inwoners kan nie as geldkoeie behandel word wat nou moet opdok vir jare se munisipale skuld, wanbestuur en misbruik nie,” sê Deidré Steffens, raadgewer vir plaaslikeregeringsake by AfriForum.
Klankgreep: Deidré Steffens (Afrikaans) AfriForum eis dat die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ’n verduideliking asook ’n regstelling verskaf oor ’n heffing op sonpanele wat AfriForum meen onwettig, irrasioneel en onredelik is. I...