Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Ons is 'n gemeenskapsorganisasie wat fokus om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en verbreek. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se ge

meenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Jy is ń ster!Ons nooi julle met groot opgewondenheid uit na ’n unieke Afrikaanse "Talentoggend", spesiaal aangebied vir ...
29/08/2026

Jy is ń ster!

Ons nooi julle met groot opgewondenheid uit na ’n unieke Afrikaanse "Talentoggend", spesiaal aangebied vir kinders met spesiale behoeftes, insluitend dié met fisiese of intellektuele gestremdhede.

Die byeenkoms sal reg oor die land én op sosiale media plaasvind.

Ons sien vreeslik uit na julle inskrywings!
Skryf in deur die volgende skakel: https://onssentrums.co.za/jys-n-ster-talentoggend/

Inskrywings sluit 14 September.

Jy is ń ster!

Ons nooi julle met groot opgewondenheid uit na ’n unieke Afrikaanse "Talentoggend", spesiaal aangebied vir kinders met spesiale behoeftes, insluitend dié met fisiese of intellektuele gestremdhede.

Hierdie is ’n geleentheid waar kinders se talent, moed en menswaardigheid in die kollig geplaas word — ’n viering van elkeen se uniekheid en vermoë!

🎤 Kinders kan inskryf in die volgende kategorieë:
Sang
Kuns
Musiek (instrumente of vokale optredes)
Prosa en poësie

📍 Die byeenkoms sal reg oor die land én op sosiale media plaasvind — sodat ons soveel moontlik harte kan aanraak en inspireer.

Laat ons saam ’n ruimte skep waar elke kind se stem gehoor word en hul lig helder kan skyn! 🌟

Ons sien vreeslik uit na julle inskrywings!
Skryf in deur die volgende skakel: https://onssentrums.co.za/jys-n-ster-talentoggend/

Inskrywings sluit 14 September.

Jy kan in persoon of aanlyn bywoon. Stuur 'n epos aan caylin@helpendehand.co.za om jou plek te bespreek! Registrasie slu...
29/08/2026

Jy kan in persoon of aanlyn bywoon. Stuur 'n epos aan [email protected] om jou plek te bespreek! Registrasie sluit die week.

Verrykingsoggend 2026

Kan jy my hoor?
Van eerste klank tot ‘n leeftyd van luister.

Kom luister en gesels saam by vanjaar se Verrykingsoggend waar verskeie sprekers hulle kennis sal deel oor gehoorgestremdheid in Suid-Afrika en die skep van geleenthede en moontlikhede vir persone met die gestremdhede.

Reserveer jou sitplek deur ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Registrasie sluit 4 September.

Ons sien jou daar!

“Dit is dan waar die Susanna Smit Studiefonds my weer opnuut inspireer en die moed gee dat ons jong dames steeds daardie...
29/08/2026

“Dit is dan waar die Susanna Smit Studiefonds my weer opnuut inspireer en die moed gee dat ons jong dames steeds daardie kans sal hê om hulle roeping na te streef. Hierdie studiefonds gaan oor 'n gemeenskap wat besluit om nie talent verlore te laat gaan omdat geld 'n struikelblok geword het nie. Dit gaan oor die geloof dat wanneer jy in een vrou belê, jy soms die toekoms van 'n hele gesin verander.” – René Roux

Ester in die Bybel en die Voortrekkervrou Susanna Smit het in verskillende tye voor hul eie uitdagings te staan gekom. Albei se verhaal getuig van geloof en moed. En vandag help ʼn studiefonds nóg vroue om ook hul roeping na te streef.

  Skakel vandag in om 12:30 vir die eerste episode, aangebied deur Hannes Noeth
28/08/2026



Skakel vandag in om 12:30 vir die eerste episode, aangebied deur Hannes Noeth

'n Dokumentêr oor die vroeg-Christelike kerk in Klein-Asië. In elf ...

28/08/2026

Tanja Kitching, Helpende Hand Studietrust fondsbestuurder, gesels op LEKKER FM oor die Susanna Smit Studiefonds.

Die Susanna Smit Studiefonds gee jong vroue die kans om hul studies voort te sit, selfs as finansies 'n struikelblok is.

28/08/2026



Die koms van die lente gee ons 'n kragtige beeld, van dit wat ook in die gelowige se lewe plaasvind. Die ou dooie blare aan die boom, moet plek maak vir die groei van die nuwe seisoen. Daar is eenvoudig nie meer plek in ons lewens vir die dinge van die ou lewe nie, skryf die apostel Paulus aan die Efesiërs. Die dinge van die ou mens moet afgelê word en ons moet beklee word met die nuwe blare van heiligheid,waarheid, stigtelike woorde, ens. So kan ons ook ’n getuienis uitdra van God se krag en dit wat Hy in mense se lewens te weeg bring.

27/08/2026

Chandré Joubert, projekbestuurder by Helpende Hand, gesels op Lekker FM oor twee van die FroueVonds-projekte, HelpHetta en Boesemvriendinne.

Die -projek versprei kwartaalliks sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan meisies in nood. Solidariteit Helpende Hand se HelpHetta-projek help 4 000 meisies deur die jaar.

Boesemvriendinne verskaf gebreide of gehekelde borsprosteses aan vroue wat hul borste weens borskanker verloor het en nie prosteses of borsrekonstruksie kan bekostig nie.

Address

1240 John Vorster Drive
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging:

Shortcuts

Share