Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek

Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek Welkom by Solidariteit Helpende Hand blad vir die Groter Centurion Streek. Kliek hier vir die Nasionale blad. https://www.facebook.com/helpendehand

Bykomende inligting
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n

verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

KOM ONS MAAK GESKIDENIS!Môre begin ons met ’n ongelooflike gemeenskapsuitdaging by Green Olive Restaurant100 dae. 100 00...
31/08/2026

KOM ONS MAAK GESKIDENIS!

Môre begin ons met ’n ongelooflike gemeenskapsuitdaging by Green Olive Restaurant

100 dae. 100 000 kilometer. Een groot gemeenskapsdoel.

Van môre af stap en hardloop ons saam om 100 000 kilometer binne 100 dae te voltooi. Jy kan self ’n kilometer stap of hardloop, of eenvoudig ’n kilometer borg.

Borg ’n kilometer vir slegs R50 en help ons om gemeenskapsprojekte moontlik te maak.

Elke kilometer tel. Elke R50 maak ’n verskil. Elke persoon wat deelneem, bring ons ’n tree nader aan ons doel.

Môre begin die reis. Kom wees deel daarvan!

https://grotercenturionhand.co.za/hartloop-vir-hoop

Ons Sluit die Kongres op ’n Hoë Noot Af!’n Oggend vol hoop, inspirasie en energie!Ons het die Nasionale Kongres afgeslui...
23/08/2026

Ons Sluit die Kongres op ’n Hoë Noot Af!

’n Oggend vol hoop, inspirasie en energie!

Ons het die Nasionale Kongres afgesluit met ’n inspirerende praatjie deur Dr. Pierre Edwards en fantastiese optredes deur Prop en JAN JAN JAN.

Dit was ’n besondere herinnering aan hoekom ons doen wat ons doen:

Helpende Hand, met hart, tot krag, tot hoop! +1

“Mense is nie gelukkig omdat hulle presteer nie, mense presteer omdat hulle gelukkig is.”

Kom wees deel van ’n gemeenskap wat omgee, opdaag en ’n verskil maak.

Word nou deel!

Stuur ’n epos na [email protected].

Gewone Hande. Buitengewone Impak.Die Nasionale Kongres is die afgelope drie dae gevul met gewone mense met gewone hande ...
22/08/2026

Gewone Hande. Buitengewone Impak.

Die Nasionale Kongres is die afgelope drie dae gevul met gewone mense met gewone hande wat elke dag opdaag en ’n buitengewone impak in hulle gemeenskappe maak.

Ons Groter Centurion streek is dalk nog klein, maar ons impak is groot. Dit is alles te danke aan mense wat bereid is om hul tyd, vaardighede en harte te gee.

’n Spesiale dankie aan elke vrywilliger wat die afgelope drie dae die kongres bygewoon het. Dankie nie net vir julle tyd hierdie week nie, maar vir die werk wat julle elke dag in ons gemeenskap doen.

Jy kan ook deel wees van hierdie impak. Steek jou hand op, raak betrokke en kom maak saam ’n verskil.

Stuur ’n epos na [email protected] om betrokke te raak.

22/08/2026

Dis ! Borg, stap en hardloop saam met die Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek .

Een kilometer. Duisende geleenthede.

Vir ’n kind.
Vir ’n persoon met 'n gestremdheid.
Vir ’n senior.
Vir jou gemeenskap.

Kom stap saam met ons of borg ’n kilometer teen slegs R50.

100 000 kilometer. 100 dae. Een gemeenskap.

Elke kilometer maak ’n verskil.

Borg jou kilometer of neem deel⁠

HartLoop vir Hoop by PretoriaFMVanoggend het Rupert van Vuuren en Liani Louw by Pretoria FM gaan kuier om te gesels oor ...
21/08/2026

HartLoop vir Hoop by PretoriaFM

Vanoggend het Rupert van Vuuren en Liani Louw by Pretoria FM gaan kuier om te gesels oor Hart-loop vir Hoop vir Hoop, ’n projek deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

Van 1 September tot 9 Desember wil ons saam 100 000 kilometer in 100 dae aflê.

Jy hoef nie 10 000 kilometer te stap of R10 000 te gee nie. Jou bietjie help. My bietjie help. Elke kilometer en elke R50 tel.

Want daar lê krag in gemeenskap. Wanneer ons almal ons bietjie gee, kan ons saam iets groot bereik.

Dankie aan PretoriaFM vir die platform om hierdie boodskap te deel.

Kom stap saam, hardloop saam of borg ’n kilometer.

Raak betrokke of borg hier⁠: https://grotercenturionhand.co.za/hartloop-vir-hoop/

HartLoop vir Hoop op GrootFMVanoggend het streeksorganiseerder Liani Louw en Rupert van Vuuren van Green Olive Restauran...
20/08/2026

HartLoop vir Hoop op GrootFM

Vanoggend het streeksorganiseerder Liani Louw en Rupert van Vuuren van Green Olive Restaurant saam met Sarina op GROOTfm 90.5 se Mid Oggend gesels oor Hart-loop vir Hoop, ’n projek deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

Van 1 September tot 9 Desember daag ons die gemeenskap uit om saam 100 000 kilometer in 100 dae af te lê. Jy kan stap, hardloop of enige manier van beweeg deelneem. Jy kan selfs net ’n kilometer borg.

Teen slegs R50 per kilometer kan jy help om gemeenskapsprojekte van Solidariteit Helpende Hand se Groter Centurion streek moontlik te maak en hoop te bring waar dit die nodigste is.

Baie dankie aan GrootFM vir die geleentheid en die wonderlike platform wat julle skep om gemeenskapsprojekte en inisiatiewe bekend te stel.

Kom stap saam. Kom hardloop saam. Kom borg ’n kilometer. Kom maak geskiedenis saam.

https://grotercenturionhand.co.za/hartloop-vir-hoop

Word vandag nog deel!!Of jy saam wil kom stap of hardloop, of ‘n km wil borg. Elke tree tel Hart-loop vir HoopBorg nou ‘...
18/08/2026

Word vandag nog deel!!

Of jy saam wil kom stap of hardloop, of ‘n km wil borg. Elke tree tel Hart-loop vir Hoop

Borg nou ‘n km by https://grotercenturionhand.co.za/hartloop-vir-hoop/

“Ons wil hê die gemeenskap moet saam oor ʼn tydperk van 100 dae altesaam 100 000 km stap en hardloop. Die doel is om elke kilometer geborg te kry, sodat die fondse direk aangewend kan word vir Helpende Hand se projekte.”

Kom Ons Maak GeskiedenisWat as 'n hele gemeenskap saam besluit om iets buitengewoons te doen?Van 1 September tot 9 Desem...
18/08/2026

Kom Ons Maak Geskiedenis

Wat as 'n hele gemeenskap saam besluit om iets buitengewoons te doen?

Van 1 September tot 9 Desember pak ons 'n uitdaging aan wat wys waartoe 'n gemeenskap in staat is wanneer almal saamstaan. Ons mik om saam 100 000 kilometer in 100 dae af te lê. Elke tree, elke draf en elke geborgde kilometer bring ons nader aan 'n beter toekoms vir mense in nood.

Jy hoef nie 'n atleet te wees om deel te wees nie. Stap, hardloop, borg 'n kilometer of moedig iemand anders aan. Elke bydrae tel en elke kilometer maak 'n verskil.

Kom stap saam. Kom hardloop saam. Kom maak geskiedenis saam.

Volg ons blad vir meer inligting en wees deel van iets besonders.

Of borg 'n kilometer by https://grotercenturionhand.co.za/hartloop-vir-hoop/

Address

1240 John Vorster Drive
Irene
0062

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Solidariteit Helpende Hand - Groter Centurion-streek:

Shortcuts

Share