CAB Die CAB is ñ terapeutiese (genesende) groep en die naam is tekend van die aard van CAB se werksaamheded.

Streek 9 het Streeksopleiding gehad op 25 April 2026. Takke uit die streek het byeengekom by VGK Rainbow in Upington op ...
26/04/2026

Streek 9 het Streeksopleiding gehad op 25 April 2026. Takke uit die streek het byeengekom by VGK Rainbow in Upington op n koel maar heerlike Saterdagoggend. Takke wat teenwoordig was is Kakamas, Upington, Gariep, Rietfontein en Rainbow as gasheer. Maat Eswill het die opleiding fasiliteer en daar was sommer wyd en diep gesels en debateer oor die CAB Konstitusie, CAB Wapen sowel as hoe ons kan genesing bring in n gebroke wêreld. Daar is ook gesels oor hoe ons CAB byeenkomste lyk, funksioneer en hoe ons nuwelinge/verslaafdes hanteer of verwelkom. Dit was voorwaar insiggewend en leersaam. Maats van Streek 9 het wonderlik saamgewerk en deelgeneem aan die gesprekke tydens opleiding.
Die naweek is afgesluit met die waarneem van die erediens by VGK Rainbow deur die CAB takke in die streek. Dit was n baie geseënde diens waar ons dan maats van 70 jaar en ouer vereer het met sertifikate, 6 maats het dan ook openlik die CAB gedragskode onderskryf en hul speldjies ontvang. Maat Eswill, wat as liturg opgetree het, het getuig van die verwoesting wat verslawing in sy lewe veroorsaak het maar ook getuig van hoe God sy lewe gered het sowel as die hoop verkondighet dat solank daar asem in ons liggaame is, is daar hoop vir redding. Moenie moed opgee nie.
Ds Herman Harper het die Woord verkondig uit die welbekende Psalm 23. Hy het die Psalm wat ons van kleins af ken weer opnuut ander betekenis gegee. Dit was insiggewend, geseënd en vars.
Ons dank God vir Sy groot genade hand oor die naweek en werksaamhede van CAB.

19/04/2026
Geliefdes, ons het met leedwese kennis geneem van een van ons UDSG maats, Chesley Kriel, wat afgesterf het. Ons vra vir ...
17/04/2026

Geliefdes, ons het met leedwese kennis geneem van een van ons UDSG maats, Chesley Kriel, wat afgesterf het. Ons vra vir voorbidding vir sy familie en vriende.

Ons maak met leedwese bekend die heengaan van die vrou van Ds Farao, een van die stigterslede van CAB. Ons bid dat God d...
17/01/2026

Ons maak met leedwese bekend die heengaan van die vrou van Ds Farao, een van die stigterslede van CAB. Ons bid dat God die familie sal vertroos en versterk in hierdie tyd van rou en seer.

Liewe maats, ons het kennis geneem van die afsterwe van Maat Katriena Swarts, lid van CAB Vredenburg. Ons innige meegevo...
13/01/2026

Liewe maats, ons het kennis geneem van die afsterwe van Maat Katriena Swarts, lid van CAB Vredenburg. Ons innige meegevoel aan haar familie, gesin, vriende en die CAB tak en Streek. Mag die Here jul omvou in Sy groot liefde.

Hallo liewe maats. Ek doen die reeks per whatsapp voicenote. Indien u sou belangstel om saam te luister en saam te bid, ...
02/01/2026

Hallo liewe maats. Ek doen die reeks per whatsapp voicenote. Indien u sou belangstel om saam te luister en saam te bid, stuur gerus u cellnommer en ek add u. Mag u en u familie n geseende 2026 beleef. Mag die Hand vd Here u lei en beskerm.

Ons het met leedwese kennis geneem vd afsterwe van Maat Louisa Kinnear. Sy was die oudste lid van CAB Calendon. Ons gebe...
28/12/2025

Ons het met leedwese kennis geneem vd afsterwe van Maat Louisa Kinnear. Sy was die oudste lid van CAB Calendon. Ons gebede is met haar familie, gesin, vriende en CAB tak. Mag die Here jul in die holte van Sy hand hou.

Britstown Cab(Street 10) het 23November hul 40jarige bestaansjaar gevier.Die Tak was 17November 1985 deur Wyle Mnr W.N.S...
25/11/2025

Britstown Cab(Street 10) het 23November hul 40jarige bestaansjaar gevier.Die Tak was 17November 1985 deur Wyle Mnr W.N.Scheffers in die lewe geroep.Wat 'n nostalgiese erediens was dit nie.Dankie Ds Vaas vir inspirerende boodskap.Hartlike dank aan De Aar tak vir ondersteuning.

’𝐧 𝐆𝐞𝐬𝐞ë𝐧𝐝𝐞 𝐨𝐠𝐠𝐞𝐧𝐝 𝐛𝐲 𝐂𝐀𝐁 𝐒𝐭𝐞𝐥𝐥𝐞𝐧𝐛𝐨𝐬𝐜𝐡 🙏🏽✨Vandag het CAB Stellenbosch met groot vreugde die erediens waargeneem in hul g...
23/11/2025

’𝐧 𝐆𝐞𝐬𝐞ë𝐧𝐝𝐞 𝐨𝐠𝐠𝐞𝐧𝐝 𝐛𝐲 𝐂𝐀𝐁 𝐒𝐭𝐞𝐥𝐥𝐞𝐧𝐛𝐨𝐬𝐜𝐡 🙏🏽✨

Vandag het CAB Stellenbosch met groot vreugde die erediens waargeneem in hul gemeente. Wat ’n kosbare tyd van aanbidding, Woordbediening en eenheid in Christus!

Ons waardeer elkeen wat saam met ons in die kerk én op die livestream ingeskakel het. Mag die Woord vanoggend voortklink in ons harte.

𝐏𝐫𝐞𝐝𝐢𝐤𝐞𝐫: Oudl. Wilfred Pietersen (CAB Nasionale Voorsitter)
𝐓𝐞𝐦𝐚: “Slap Hande en Lam Knieë – Jesus maak alles nuut.”
𝐒𝐤𝐫𝐢𝐟𝐠𝐞𝐝𝐞𝐞𝐥𝐭𝐞: Jesaja 35:1–5

💛 Mag hierdie boodskap ons versterk, bemoedig en herinner dat Jesus herstel bring waar ons moeg, swak of moedeloos voel.

📸 𝐇𝐢𝐞𝐫 𝐢𝐬 ’𝐧 𝐩𝐚𝐚𝐫 𝐨𝐨𝐦𝐛𝐥𝐢𝐤𝐤𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 𝐬𝐞 𝐝𝐢𝐞𝐧𝐬.

Neem kennis van een van ons CAB maats van Humansdorp wat ons voor uit gegaan/af gesterwe het Sr. Magretha Krotz op 01/11...
05/11/2025

Neem kennis van een van ons CAB maats van Humansdorp wat ons voor uit gegaan/af gesterwe het Sr. Magretha Krotz op 01/11/2025.
Die begrafnis sal volgende week se Saterdag plaasvind.

Address

40 Noblestreet
Worcester

Opening Hours

09:00 - 00:00

Telephone

023-3486369

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CAB posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to CAB:

Share