Huis Andries Hamman

Huis Andries Hamman Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Huis Andries Hamman, Nonprofit Organization, 10 Baring Street, Worcester.

👗 **Modeparade by Huis Andries Hamman** 👔Op Vrydag, 28 Augustus, het ons inwoners ’n vrolike modeparade aangebied! Ons g...
29/08/2026

👗 **Modeparade by Huis Andries Hamman** 👔

Op Vrydag, 28 Augustus, het ons inwoners ’n vrolike modeparade aangebied! Ons gasvrouens het die tafels pragtig gedek, Feedem het heerlike eetgoed voorsien, en van ons inwoners en versorgers het die Tehuis se Boetiekklere met groot geesdrif vertoon.

Dit was ’n heerlike geleentheid, gevul met lag, styl en ’n lekker ligte luim!

13/08/2026
Vandag was ons by Huis Andries Hamman opnuut herinner dat die grootste geskenk wat 'n mens kan gee, jou tyd is.'n Opregt...
07/08/2026

Vandag was ons by Huis Andries Hamman opnuut herinner dat die grootste geskenk wat 'n mens kan gee, jou tyd is.

'n Opregte dankie aan die span van PricewaterhouseCoopers (PwC) van Worcester wat hul 67 Minute vir Nelson Mandela-dag saam met ons inwoners en personeel deurgebring het. Julle het harte warm gemaak met geskenkies, vriendelike geselsies en die mooiste cupcakes.

Elke glimlag, elke gesprek en elke oomblik van saamkuier het ons inwoners se dag besonder gemaak. Julle vriendelikheid en omgee is iets wat lank onthou sal word.

Baie dankie dat julle gekies het om julle tyd met Huis Andries Hamman te deel. Julle het werklik 'n verskil gemaak.

07/08/2026
Laaste kans vir bestellings!
31/07/2026

Laaste kans vir bestellings!

Dinsdagmiddae beteken net één ding by Huis Andries Hamman – BINGO! Daar word lekker gelag, gekuier en natuurlik gehoop v...
08/07/2026

Dinsdagmiddae beteken net één ding by Huis Andries Hamman – BINGO! Daar word lekker gelag, gekuier en natuurlik gehoop vir 'n wen!

Het jy geweet? Bingo help om geheue, konsentrasie en vinnige denke te stimuleer, terwyl dit ook 'n wonderlike geleentheid vir sosiale kontak bied.

Fondsinsameling van Huis Andries Hamman: bestel sommer nou al pannekoek vir 5 Augustus 2026!
08/07/2026

Fondsinsameling van Huis Andries Hamman: bestel sommer nou al pannekoek vir 5 Augustus 2026!

BAIE dankie Marianna en jou span van Feedem. Die opwip koffiewinkel by Huis Andries Hamman was LEKKER!!! Ons waardeer ju...
03/07/2026

BAIE dankie Marianna en jou span van Feedem. Die opwip koffiewinkel by Huis Andries Hamman was LEKKER!!! Ons waardeer julle.

Wat 'n besonderse dag by Huis Andries Hamman! ☕️Vrydag se Opwip Koffiewinkel was 'n groot sukses, en ons harte loop oor ...
03/07/2026

Wat 'n besonderse dag by Huis Andries Hamman! ☕️

Vrydag se Opwip Koffiewinkel was 'n groot sukses, en ons harte loop oor van dankbaarheid.

Van die oomblik dat die deure oopgemaak het, was daar 'n gesellige atmosfeer. Gaste het die heerlike eetgoed en geurige koffie geniet, terwyl die musiek en goeie geselskap die saal met warmte en vrolikheid gevul het. Dit was wonderlik om te sien hoe inwoners, familie, vriende en lede van die Worcester-gemeenskap saam kuier, lag en kosbare herinneringe skep.

Ons inwoners het elke oomblik geniet – van die lekker kuiergesprekke tot die smaaklike koeke, terte, quiches en ander lekkernye. Die foto's vertel die verhaal van 'n dag vol glimlagte, vriendskap en gemeenskap.

DANKIE aan Feedem wat hierdie wonderlike inisiatief moontlik gemaak het. Julle harde werk, kreatiwiteit, uitstekende kos en ruimhartigheid maak 'n tasbare verskil in die lewe van ons inwoners.

Baie dankie ook aan elke persoon en besigheid wat kom kuier, 'n tafel bespreek of wegneem-bestellings geplaas het. Julle ondersteuning help ons om die werk van Huis Andries Hamman voort te sit.

Saam maak ons 'n verskil – een koppie koffie, een glimlag en een daad van omgee op 'n slag.

Address

10 Baring Street
Worcester
6850

Telephone

+27233471558

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Andries Hamman posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Huis Andries Hamman:

Share