02/09/2026
So rofweg halfpad deur die lewe bereik ons dikwels ’n plek. En dit is nie ’n lekker plek nie. Tog bied dié halfpadmerk vir my en jou ’n kans vir heelwording, en spesifiek heelwording as verbinding en herverbinding.
Jy ontdek hoe nodig jy hierdie verbinding en herverbinding het: met God, met jouself, met die dinge rondom jou, met die mense rondom jou en met jou naaste. En jy ontdek dat God jou selfs halfpad deur die lewe ontmoet, net daar waar jy is.
Cas Wepener gee nie vir jou maklike oplossings nie. Met eerlikheid, wysheid en ’n diep menslikheid wonder hy saam met jou oor betekenis, verlies, verandering, geloof, verhoudings en die pad vorentoe.
Die treffende etse van Wessel van Dyk, wat aansluit by die woorde van die Prediker, skep vir jou ’n ruimte om stadiger te leef, dieper te kyk en opnuut na God se stem te luister.
👉 Koop vandag op ons aanlynwinkel: https://www.bybelmedia.org.za/product/halfpad-deur-die-lewe/