Ons Winkel Upington

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel Upington Bring dit wat jy nie meer nodig het nie sodat ons die gemeenskap kan help met bekostigbare tweedehandse klere en goedere. Beskerm jouself.

Fondse wat gegenereer word wend ons aan in gemeenskapsprojekte. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons Winkel Upington Schroder str 29Oorkant Absa BankNog 3 dae oorKom kry jou winskope
05/11/2026

Ons Winkel Upington
Schroder str 29
Oorkant Absa Bank

Nog 3 dae oor
Kom kry jou winskope

Somers voorraad uitgepak !!!Kom maak n draai. Daar is n ietsie vir elkeen.Schroder str 29Oorkant AbsaSien julle
16/09/2026

Somers voorraad uitgepak !!!
Kom maak n draai. Daar is n ietsie vir elkeen.

Schroder str 29
Oorkant Absa

Sien julle

31/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Upington glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Upington 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.
Hier is Ons Winkel Upington se Daad van Hoop.

n Bybel aan n gesin wie navraag gedoen het en n behoefte daarna het maar nie n Bybel in die huis het nie

29 Schroder strOorkant Absa bank
28/07/2026

29 Schroder str
Oorkant Absa bank

Handgemaakte hout Afrika diereR895 vir almal29 Schroder strOorkant Absa
28/07/2026

Handgemaakte hout Afrika diere

R895 vir almal

29 Schroder str
Oorkant Absa

Pragtige handgemaakte hout Afrika diere.R 895 vir almalEend ornamentR 90Essentials mikrogolf in werkende toestandR 495
28/07/2026

Pragtige handgemaakte hout Afrika diere.
R 895 vir almal

Eend ornament
R 90

Essentials mikrogolf in werkende toestand
R 495

Moet dit nie misloop nie.!!!
21/07/2026

Moet dit nie misloop nie.!!!

Address

29 Schröder Straat
Upington
8801

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27823758958

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Upington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Upington:

Share

Nearby non profit organizations