08/07/2022
U ondersteuning Sal baie waardeur word om familie aan die hand te vat.
Huis brand af - wie kan gesin help?
Op Sondag, 3 Julie, het ‘n groot ramp die Hendricks-gesin van Collin Assegaaistraat 13 in Rosedale getref. Hulle huis is deur ‘n brand in puin gelê.
Die oudste seun, Jonathan Pieter, was nog besig om sokker te speel toe mense hom kom roep en sê hul huis brand af. Hy het dadelik daarheen gegaan en hy en omstanders, het probeer om die brand te blus, maar hulle kon niks red nie. Al wat oorgebly het was uitgebrande sinke en die klere aan hul lyf.
In die hierdie koue wintertyd is dit ‘n groot ramp wat die gesin van vier getref het - ma en drie seuns. Jonathan Pieter 22 jaar, Jerome Hendricks 14 jaar oud en Clinton Hendricks 7 jaar oud.
Alhoewel die saak al by die welsyn aangemeld is, wag die gesin nog vir hulp. Daar is tans nie inkomste in die huisgesin nie. Die familie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle te help. Enige hulp sal waardeer word. Die huis moet weer opgerig word, al is dit net twee vertrekke. Die kinders moet skoolklere kry en dan is daar nog komberse en huisraad wat alles vernietig is.
Enige persone of instansie wat die Hendricks-gesin kan help, kan Jonathan Pieters (oudste seun) skakel by 074 998 9971.