17/12/2025
Goeie middag almal, ek vertrou dat dit goed gaan op hierdie fantastiese geseΓ«nde lekker Woensdagπ».
Vanmiddag is dit vir my 'n plesier om namens Solly's Beacon of Hope Foundation NPC vir Upington Tafelronde 79 hartlik te bedank vir hul onbaatsugtige vrywillige skenking van was lappies, gesig seep, tande pastas en tande borsels vandag op 17 Desember 2025 ten bate van ons jaarlikse Kersparty/ Kersmaal van Liefde 2025 vir die kinders wat die afgelope vier jaar by ons sopkombuis gevoed word π.
Altyd al die eer aan ons hemelse Vader en mag HY u, u gesin, u breΓ« familie en organisasie mildelik seΓ«n ππ½ππ½
Baie dankie dat u ons assisteer om die statistiek van vier uit elke tien Suid-Afrikaners wat elke liewe aand honger bed toe gaan, te verminder π€.
Ons nooi hiermee plaaslike individue, besighede en geloofsgemeenskappe uit om nes Upington Tafelronde 79 plus talle ander donateurs wie ons daagliks openlik bedank vir hulle oop harte, ons hand te neem in ons poging om minderbevoorregtes te ontwikkel, te klee en te voed π.
Bank: Capitec Business Banking
Rekening naam: Sollys Beacon of Hope Foundation NPC
Rekening nommer: 1051206553
Tak kode: 450105
Tipe: Capitec Business Account
Vriendelike groete
Solly van der Berg
Solly's Beacon of Hope Foundation
Registrasie: 2022/644806/08
M: 083 896 2104