Vriende van Roodies

Directions

Vriende van Roodies Vriende van Roodies is 'n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie wat deur ouers bestuur word en 'n daadwerklike verskil wil maak in die Roodie gemeenskap.

💻 ’n Vinnige herinnering: ons samel nou skootrekenaars in!Ons is mik vir ons doelwit van 60 skootrekenaars vir die Roodi...
11/10/2026

💻 ’n Vinnige herinnering: ons samel nou skootrekenaars in!

Ons is mik vir ons doelwit van 60 skootrekenaars vir die Roodies se Robotika- en Leeslokale.

Het jy ’n nuwe of ou, bruikbare laptop wat jy nie meer gebruik nie? Jy kan dit nou reeds by die skool aflaai. Die insamelingsboks is by die skool se kantoor beskikbaar.

Elke skenking help ons om vir ons leerders meer geleenthede te gee om te leer, ontdek en nuwe vaardighede te ontwikkel. 🧡💚

Het jy een? Bring hom skool toe! Saam maak ons ’n verskil.

📣 Adverteer jou besigheid in nou en in 2027 én maak ’n verskil by Laerskool Roodekrans!Ons het steeds geleenthede beskik...
09/10/2026

📣 Adverteer jou besigheid in nou en in 2027 én maak ’n verskil by Laerskool Roodekrans!

Ons het steeds geleenthede beskikbaar vir besighede wat graag sigbaarheid wil kry én terselfdertyd die skoolgemeenskap wil ondersteun.

Met ’n advertensiebord kry jou besigheid blootstelling aan die skool, ouers en die breër gemeenskap – terwyl alle fondse teruggeploeg word in die skool. 💚🧡

Wil jy meer weet of bespreek? Kontak ons gerus vandag:
📧 [email protected]

Jou besigheid se naam. Jou gemeenskap. ’n Verskil wat saak maak.

  ✨🦷Hierdie week sê ons graag ’n groot dankie aan Dr Johan Baard Orthodontist vir hul waardevolle ondersteuning van Vrie...
08/10/2026

✨🦷

Hierdie week sê ons graag ’n groot dankie aan Dr Johan Baard Orthodontist vir hul waardevolle ondersteuning van Vriende van Roodies.

Dit is die ondersteuning van besighede wat omgee en bereid is om terug te ploeg in die gemeenskap wat ons help om steeds ’n verskil te maak. Julle betrokkenheid dra by tot ’n sterker skool en meer geleenthede vir ons leerders. 💚

Dankie dat julle saam met ons staan en deel is van die Roodie-gemeenskap. Ons waardeer julle ondersteuning opreg! 🧡

Saam maak ons ’n verskil – een bydrae op ’n slag.

HELP ONS OM TALENT TE LAAT ONTWIKKEL EN TE GROEI in 2027!Ons wil graag vir ons Roodies soveel moontlike geleenthede bied...
07/10/2026

HELP ONS OM TALENT TE LAAT ONTWIKKEL EN TE GROEI in 2027!

Ons wil graag vir ons Roodies soveel moontlike geleenthede bied om hul talente te ontwikkel, nuwe vaardighede aan te leer en hul passies uit te leef.

Daarom nooi ons ons ouers, gemeenskap en besighede uit om betrokke te raak by die borgskap van een van ons sport- of kultuuraktiwiteite soos in die plasing uiteengesit.

Is daar ’n spesifieke area wat jy graag wil ondersteun? Of ken jy iemand wat graag ’n verskil wil maak?

Elke bydrae help om meer geleenthede vir ons kinders moontlik te maak. 💚🧡

📧 Kontak ons by: [email protected]

Kom ons belê saam in ons kinders se talente en toekoms!

🌿 Welkom terug, Roodies! 🧡💚Kwartaal 4 is hier, die laaste kwartaal van die jaar! ’n Laaste stukkie van die pad vol leer,...
06/10/2026

🌿 Welkom terug, Roodies! 🧡💚

Kwartaal 4 is hier, die laaste kwartaal van die jaar! ’n Laaste stukkie van die pad vol leer, groei, uitdagings en mooi oomblikke.

Ons wens al ons leerders, ouers en personeel ’n wonderlike laaste kwartaal toe. Mag ons die jaar saam met energie, deursettingsvermoë en ondersteuning afsluit.

Kom ons maak hierdie laaste kwartaal een om te onthou! 💚🧡

Sterkte met die kwartaal, Roodies en ouers!l

Môre maak die skool weer sy deure oop, en ons wil graag hierdie belangrike projek onder ouers se aandag bring. 🧡💚Ons is ...
05/10/2026

Môre maak die skool weer sy deure oop, en ons wil graag hierdie belangrike projek onder ouers se aandag bring. 🧡💚

Ons is op soek na 60 laptops vir die Roodies se Robotika- en Leeslokale. Die vereistes is baie basies, daarom is nuwe én ou, bruikbare skootrekenaars welkom.

📦 Vanaf môre, 6 Oktober, kan die skenkings by die skool se kantoor afgelaai word.

Het jy ’n skootrekenaar wat jy nie meer gebruik nie en wat nog bruikbaar is? Bring dit skool toe en help ons om vir ons leerders meer geleenthede te skep om te leer, ontdek en groei.

Elke skootrekenaar maak ’n verskil. Saam kan ons 60 bereik! 💚🧡

  💚🔥Hierdie week wil ons graag ’n spesiale dankie aan Boiler Cleaning Services sê vir hul ondersteuning van Vriende van ...
01/10/2026

💚🔥

Hierdie week wil ons graag ’n spesiale dankie aan Boiler Cleaning Services sê vir hul ondersteuning van Vriende van Roodies!

Julle ondersteuning help ons om voort te gaan met ons doel om daar te wees waar ons skool en leerders dit die nodigste het. Dit is die betrokkenheid van besighede soos julle wat help om ons gemeenskap sterker te maak. 🧡

Dankie dat julle saam met ons kies om terug te gee en deel is van die verskil wat ons elke dag probeer maak.

Ons waardeer julle ondersteuning opreg!

Ons benodig SKOOTREKENAARS vir Roodies en jy kan ons help!💻 Ons wil graag help om die robotika- en leeslokale by Laersko...
30/09/2026

Ons benodig SKOOTREKENAARS vir Roodies en jy kan ons help!💻

Ons wil graag help om die robotika- en leeslokale by Laerskool Roodekrans toe te rus – en daarvoor het ons 60 skootrekenaars nodig!

Die goeie nuus? Die vereistes is baie basies, so nuwe én ou, bruikbare skootrekenaars is welkom. Elke skenking kan ’n leerder help om nuwe vaardighede te ontwikkel en nuwe geleenthede te ontdek.

Het jy ’n rekenaar wat jy nie meer gebruik nie, maar wat nog kan werk? Oorweeg dit om dit te skenk en deel te wees van hierdie projek.

📦 Ons insamelingsboks sal wanneer die skool open, vanaf 6 Oktober, beskikbaar wees by die skool se kantoor. Kom plaas gerus jou skenking in die boks. Vir meer inligting, kontak ons by [email protected]

Saam gee ons Roodies meer geleenthede! 🧡💚

Jou voertuig verdien ekstra beskerming! Ons is trots op ons vennootskap met Titan Secure, wat Roodies-ouers die geleenth...
28/09/2026

Jou voertuig verdien ekstra beskerming!

Ons is trots op ons vennootskap met Titan Secure, wat Roodies-ouers die geleentheid bied om voordeel te trek uit ’n spesiale afslag op voertuigopsporing en anti-diefstaloplossings.

Beskerm jou voertuig met die regte tegnologie en geniet daardie ekstra gemoedsrus wanneer jy op die pad is.

Vir meer inligting oor die spesiale aanbod, kontak Henno Victor Claassens by 082 870 4695.

Vriende van Roodies & Titan Secure — saam ondersteun ons ’n veiliger gemeenskap. 💚🧡

Gelukkige Erfenisdag, Roodies! 🇿🇦Vandag vier ons die mooi verskeidenheid, kultuur, tradisies en stories wat Suid-Afrika ...
24/09/2026

Gelukkige Erfenisdag, Roodies! 🇿🇦
Vandag vier ons die mooi verskeidenheid, kultuur, tradisies en stories wat Suid-Afrika uniek maak. Ons is trots op waar ons vandaan kom en dankbaar vir die gemeenskap wat ons saam bou.

Mag ons aanhou om mekaar se erfenis te respekteer, te waardeer en saam ’n positiewe verskil te maak. 💚🧡

Van ons Vriende van Roodies-familie aan julle – geniet Erfenisdag!

Address

7 Gardenia Avenue, Roodekrans
Roodepoort
1724

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vriende van Roodies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share