Green Fingers Tuinbou Klub

Green Fingers Tuinbou Klub Riversdal Tuinbouklub

So 'n ander tipe 'sandplant' met sy sappige vrug, in Namibië - Kuiseb delta omgewing.
07/04/2026

So 'n ander tipe 'sandplant' met sy sappige vrug, in Namibië - Kuiseb delta omgewing.

Riversdal se Tuinbouklub (GFT) bly bedrywig. Hulle hou van uitdagings om die natuur se rustigheid en andersheid te belee...
06/04/2026

Riversdal se Tuinbouklub (GFT) bly bedrywig. Hulle hou van uitdagings om die natuur se rustigheid en andersheid te beleef!
11 Maart 2026 was hulle 'gehoed' en éne afwagting om te sien waar daardie dag se "besoekpunte" heen lei!
Hier 'n paar foto's! [💫] van lede se 'herinneringe!':
Dit het ingesluit: Jongensfontein Natuurreservaat; die Fonteinhuisie Museum; Marie van Tonder se tuin... en 'n laaste stop by Annatjie Joubert se vakansiehuis; en natuurlik was die 'verversings'-bederf so gááf soos syself!
ALLE rolspelers is HARTLIK bedank! En iets spesiaal om mee af te sluit:
"Fill your life with adventures and memories; not things. Rather have stories to tell than things to show."

4 Desember 2025 was ‘n 'hoogsomersdag', maar vir Riversdalse Tuinbouklub ‘n 'oggend om te onthou!'Hul jaareindfunksie by...
18/01/2026

4 Desember 2025 was ‘n 'hoogsomersdag', maar vir Riversdalse Tuinbouklub ‘n 'oggend om te onthou!'

Hul jaareindfunksie by De Doornkraal, onder ‘n groen druiwe prieel, het na die voorafgaande Algemene Jaarlikse Opsomming, asook die Finansiele Status-uiteensetting, oorgegaan in ‘n feestelike stemming!

Onder begeleiding van Maggie Filmalter, bekende musikant uit die omgewing, het Annatjie Joubert se lieflike ‘stem-talent’ almal teenwoordig se harte na verskillende plekke meegevoer - daar langs die swembad! Absoluut ‘voeding’ om die feesgety mooi in perspektief te kon kry …

Die ‘pretraai/vasvrae’ [oor plante] het twee wenners opgelewer: Hannelie van Zyl en Maggie Filmalter.

Daarna is met die heerlikste somersdisse verder om die tafels gekuier! Groot erkenning aan De Doornkraal hiervoor - asook aan alle bestuurslede wat daartoe bygedra het.

Ook waardering aan die 'uittredende' bestuurslede, wat baie gemis sal word; asook ‘welkom’ aan die nuutgekose bestuurslede! So is almal later uitmekaar met goeie kerswense, en 'n voorspoedige 2026 toegewens!
*Foto's via lede, dankie*

Gedurende Oktober 2025 het lede van Riversdal Tuinbouklub 'n gesellige plaaslike 'tuin- & steggiedag' uitstappie gehad.E...
10/11/2025

Gedurende Oktober 2025 het lede van Riversdal Tuinbouklub 'n gesellige plaaslike 'tuin- & steggiedag' uitstappie gehad.

Elke blom- of plantspesie het mos sy eie persoonlikheid. Soms wil mens net daar iewers stilstaan en luister na hul lewenswysheid...

En so in die Afrika-sonskyn is die gasvrou 'Annatjie Joubert' se tuin geniet! Lede kon 'steggies' [en raad waar nodig] onder mekaar uitdeel.

Daar is afgesluit met die heerlikste 'soet en sout’-versnaperings, asook 'n koppie warm boeretroos of tee... Dankie Annatjie!

September 2025 was nie net om die mooie Lente-seisoen te verwelkom nie, maar ook ene afwagting vir 'n klompie GFT-lede [...
13/10/2025

September 2025 was nie net om die mooie Lente-seisoen te verwelkom nie, maar ook ene afwagting vir 'n klompie GFT-lede [Riversdal Tuinbouklub] wat die fris oggendlug met al die lekker geure en mooiste fynboskleure [en verskeie **rangskikkings!], asook vele ander besoekpunte, by NAMPO Kaap 2025 (Bredasdorp), kon gaan besigtig!
**Die rangskikkings moes drie elemente bevat: vuur, wind en water.
DANKIE aan lede dat ons 'n paar foto's hier kan deel!

GFT-funksie, Augustus 2025 by De Doornkraal:Ons omgewing is nie net 'sielsmooi' met al sy inheemse kleureprag nie, maar ...
04/09/2025

GFT-funksie, Augustus 2025 by De Doornkraal:
Ons omgewing is nie net 'sielsmooi' met al sy inheemse kleureprag nie, maar ook ínnig dankbaar vir iemand soos Diederik Geldenhuys, wat ons nóóit teleurstel met al sy geheime hoe ons ook onsself kreatief met blomrangskikkings kan uitleef nie!
(Foto's deur lede voorsien)

23/07/2025

"Tower met blomstele" is 'n kuns!
Dit laat jou vrygees sweef in 'n andersoortige wêreld!
DIS die onderwerp waarmee *Diederik Geldenhuys* ('n inboorling van hierdie omgewing) GFT-lede (Riversdal Tuinbouklub) eersdaags weer gaan verryk!
🪴🌺🌼🌸
Sy idees, sy liefde vir die natuur, help jou om vêr méér as die gewone raak te sien!
'Inheems' sy voorkeur.
🌾🍂🍃🌸

Ons nooi graag alle belangstellendes om saam met die Tuinbouklub die dag by te woon en te geniet.

Datum:
13 AUG 2025 - 10vm
Plek:
De Doornkraal, Langstraat.
Verversings & tee ingesluit.
KOSTE: R150pp.

♡♡ Antwoord, voor 8 Aug:
Gerda 0828721633
Mariëtte 0824926988

Address

Riversdale
6670

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Green Fingers Tuinbou Klub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share