25/06/2025
Sertifikaat Oorhandiging aan ons EPWP deelnemers vir 2024 / 2025
Vandag kon ons as bestuur van die Good to Share Leadership Foundation, die sertifikate na hul opleiding aan sommige van ons 200 deelnemers oorhandig, wie teenwoordig was. As bestuur wil ons al die deelnemers bedank vir hul deelname aan die projek en is ons baie bly dat ons ’n verskil kon maak aan hul lewens gedurende die betrokke finansiele boekjaar. Ons glo dat ons nuwe projek vir 2025 / 2026 binnekort sal begin waarmee ons dan weer ’n klein verskil kan maak aan andere se lewens.