Ons Winkel Riversdal

Call Directions Website

Ons Winkel Riversdal Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

💙🧡Ons Winkel Riversdal🧡💙By Ons Winkel Riversdal kan jy ook daardie meer formele items aanskaf vir spesiale geleenthede! ...
16/10/2026

💙🧡Ons Winkel Riversdal🧡💙

By Ons Winkel Riversdal kan jy ook daardie meer formele items aanskaf vir spesiale geleenthede!

📍Robertsonstraat 6, Riversdal, oorkant
Shoprite
☎️Anna-Marie 083 704 9917

Oktober is die maand van "THRIFT"Skenk enige goeie gehalte items aan jou naaste Solidariteit Helpende Hand- Ons Winkel! ...
13/10/2026

Oktober is die maand van "THRIFT"

Skenk enige goeie gehalte items aan jou naaste Solidariteit Helpende Hand- Ons Winkel! Of besoek jou gunsteling Ons Winkel vandag nog.

Vind enige van die 130 Ons Winkels by www.onswinkel.co.za




Hope oulike skenkings ingekry en uitgepak!Kom besoek ons, loop 'n bietjie rond en soek jou skatte!📍Robertsonstraat 6, Ri...
12/10/2026

Hope oulike skenkings ingekry en uitgepak!

Kom besoek ons, loop 'n bietjie rond en soek jou skatte!

📍Robertsonstraat 6, Riversdal , oorkant
Shoprite
☎️Anna-Marie 083 704 9917

10/10/2026

RIVERSDAL NUUS - Die gewilde Afrikaanse sanger Jo Black het Donderdagaand 8 Oktober saam met Hoërskool Langenhoven se koor opgetree tydens ’n spesiale musiekaand wat in samewerking met Solidariteit Helpende Hand aangebied is.
Vind die artikel en video in die kommentaar hier onder:

09/10/2026
07/10/2026
06/10/2026

Ons Winkel Riversdal. Kom loer in en kyk watter oulike items ons ingekry het.

Almal welkom!

📍Robertsonstraat 6, oorkant Shoprite
☎️Anna-Marie 083 704 9917

Address

6 Robertson Street
Abaqulusi
6670

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27837049917

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Riversdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share