Ons Winkel Riversdal

Ons Winkel Riversdal Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Pe

rsone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

30/08/2026
29/08/2026
25/08/2026

Die Solidariteit Opleidingsinstituut loop ‘n pad met diegene wat ‘n verskil in hul eie lewe en ander s’n wil maak. Op dié manier ontwikkel ons gemeenskappe.

25/08/2026

Dr Pierre Edwards se boodkskap by die Kongres was so mooi en mag ons dit nie vergeet nie.

Positiewe Sielkunde: Geluk lei tot Sukses

Die grootste wanopvatting is dat sukses tot geluk lei. Volgens positiewe sielkunde is dit vals. Die waarheid is: geluk lei tot sukses.
Gelukkige mense presteer beter, is meer produktief, kreatiewer en bou sterker verhoudings – in hul werk, huwelik en persoonlike lewe.

Geluk is 'n keuse, nie 'n omstandigheid nie
Dr Pierre Edwards beklemtoon dat:

Niks en niemand kan jou verhoed om jouself uit te leef in jou beroep nie.

Niks en niemand kan jou verhoed om gelukkig te wees in jou werk of om daagliks vreugde te ervaar nie.

Niks en niemand kan jou verhoed om 'n positiewe verskil in iemand anders se lewe te maak nie.

Niks en niemand kan jou verhoed om 'n werksklimaat te skep waar ander mense kan floreer nie.

Jou ingesteldheid (mindset) bepaal jou geluk – nie jou omstandighede nie.

1. n Positiewe ingesteldheid skep sukses
n Positiewe mindset beïnvloed elke area van die lewe:
Jou beroep.
Jou werksprestasie.
Jou huwelik en verhoudings.
Jou algemene welstand.
Gelukkige mense bereik meer, nie omdat hulle minder uitdagings het nie, maar omdat hulle uitdagings anders benader.

2. Hoe kweek jy daaglikse vreugde?
Fokus doelbewus op vreugde
Vreugde gebeur nie altyd vanself nie – jy moet dit kultiveer.
Kies jou klein vreugdes elke dag.
Laat iemand anders se vreugde jou inspireer.
Gee jouself elke dag 'n "daily shot of happiness."
Oefen dankbaarheid

3. Noem elke dag vyf dinge waarvoor jy dankbaar is.
Voorbeelde:
'n Nuwe dag.
Jou gesin.
Gesondheid.
Werk.
Vriendskappe.
Dankbaarheid skuif jou fokus van tekort na oorvloed.

4. Begin jou dag anders
Vra jouself nie:
"Watter uitdagings lê vandag voor?"
Vra eerder:
"Waar gaan ek vandag 'n positiewe verskil maak?"
Beplan doelbewus hoogtepunte in jou dag om na uit te sien.

5. Musiek verander jou gemoed
D**k aan jou rit werk toe.
Luister jy na nuus en begin reeds werk in die motor?

Of luister jy na musiek wat jou energie gee?
Het jy al 'n taxibestuurder gesien wat sing? Mense sing omdat dit vreugde bring.
Sing maak jou gelukkig.

6. Doen doelbewus goedhartigheid
Kies een dag per week waarop jy vyf dade van vriendelikheid doen.

Dit hoef nie groot gebare te wees nie:
Gee 'n kompliment.
Help iemand.
Bel iemand wat alleen is.
Koop vir iemand koffie.
Luister opreg na iemand.
Goedhartigheid verhoog nie net ander se geluk nie – ook jou eie.

7. Beweeg – want beweging verander emosie
Motion is emotion.
Beweging is genesing.
Oefen.
Stap.
Dans.
Beweeg jou liggaam.
Fisiese beweging help jou brein en emosies om positiewer te funksioneer.

8. Kies eenvoud en teenwoordigheid
Maak weer 'n regte vuur. Kap hout. Geniet eenvoudige oomblikke.
Moenie toelaat dat moderne gemak jou van klein vreugdes beroof nie.

9. Fokus op die mooi
Waarop jy fokus, groei.
Deel suksesverhale.
Vier klein oorwinnings.
Kies om die mooi raak te sien.
Moenie die negatiewe jou oorneem omdat dit al is waarop jy fokus nie.

10. Gebruik positiewe taal
Woorde beïnvloed jou gemoed.
Dr Edwards se beginsel:
Vir elke negatiewe woord of gedagte, spreek sewe positiewe woorde of waarhede uit om jou ingesteldheid weer op te lig.
Kies taal wat hoop, moed en moontlikheid skep – vir jouself én vir ander.


Solidariteit Helpende Hand Meyerton-tak Solidariteit Helpende Hand Vaaldriehoek-Streek Ons Winkel Meyerton Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

23/08/2026
💥50% afslag op ALLE wintersklere💥🎈Vanaf 19 tot 29 Augustus!🎈📍Robertsonstraat 6, Riversdal  (oorkant      Shoprite)☎️Anna...
19/08/2026

💥50% afslag op ALLE wintersklere💥

🎈Vanaf 19 tot 29 Augustus!🎈

📍Robertsonstraat 6, Riversdal (oorkant
Shoprite)
☎️Anna-Marie 083 704 9917

12/08/2026

Riversdal Gemeenskap en omliggende areas!

Laas jaar was 'n reuse sukses! So, Helpende Hand Riversdal doen dit weer!

Ons stap een myl deur Riversdal!

Almal welkom. Bejaardes, mense met gestremdhede, kinders, ouers, tieners en jong ouers met babas!

Kom stap saam met Helpende Hand Riversdal en Keiko Kleuterakademie.

Inskrywingsfooi is toiletware en nie- bederfbare kos wat weer in die gemeenskap teruggeploeg word.

Heerlike worsbroodjies en koffie te koop aangebied deur Keiko Kleuterakademie.

Kom kuier stap stap saam!

Kontak Anna-Marie 083 704 9917 of
Marna 082 574 9223 vir meer inligting.


💥25% Afslag op ALLE Wintersklere!💥       🎈Dis nou jou kans om jou Ware                Winskoop raak te KOOP!🎈📍Robertsons...
12/08/2026

💥25% Afslag op ALLE Wintersklere!💥

🎈Dis nou jou kans om jou Ware
Winskoop raak te KOOP!🎈

📍Robertsonstraat 6, Riversdal
(Oorkant Shoprite)
☎️Anna-Marie 083 794 9917

Address

6 Robertson Street
Abaqulusi
6670

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27837049917

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Riversdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share