Drakenstein Sakekamer

Drakenstein Sakekamer Drakenstein Sakekamer is 'n besigheidsorganisasie wat plaaslike besighede bevorder. Geleenthede word gebied om besighede te bevorder
(1)

Die Drakenstein Sakekamer verteenwoordig besighede in die Darkenstein Munisipale gebied en sluit die volgende dorpe in:
Paarl
Wellington
Hermon
Gouda
Saron
Die Drakenstein Sakekamer beywer hom vir plaaslike sakefasilitering, ekonomiese groei en effektiewe medewerking met die distriks- en plaaslike munisipaliteite. Die Sakekamer word bygestaan deur die AHI (Afrikaanse Handels Instituut) wat ‘n Ar

tikel 21 Besigheids-organisasie is en waarvan die Sakekamer lid is. Lede word outomaties lid van die AHI
Die Sakekamer gee geloofwaardigheid en versterk u maatskappy se beeld. Ondersteuning van Welsynsorganisasies
‘n Netwerkkanaal word geskep vir nuwe besigheidskontakte
Toegang tot plaaslike bestuur (polisieforum, munisipaliteit, ens.)

👉 Neem kennis, Uitgeskuif tot verdere kennis.Ons sien uit daarna om julle weer binnekort te verwelkom! 💚Drakenstein Sake...
27/08/2026

👉 Neem kennis, Uitgeskuif tot verdere kennis.
Ons sien uit daarna om julle weer binnekort te verwelkom! 💚
Drakenstein Sakekamer

Francis Nieuwoudt is tydens die 2026 Phenomenal Women of the Winelands-Toekennings as wenner vereer vir haar uitsonderli...
26/08/2026

Francis Nieuwoudt is tydens die 2026 Phenomenal Women of the Winelands-Toekennings as wenner vereer vir haar uitsonderlike leierskap en toewyding aan die bemagtiging van vroue in die sakewêreld.

Die vyfde jaarlikse Fenomenale Vroue van die Wynland-toekennings het erkenning gegee aan buitengewone vroue wat ’n betekenisvolle verskil regoor die Kaapse Wynland maak. Die geleentheid, wat deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust aangebied is, het hulde gebring aan vroue wie se leierskap, veerkragtigheid en diens steeds positiewe verandering in hul gemeenskappe inspireer.

Francis Nieuwoudt is onder andere tydens die glansryke funksie op 25 Augustus in die Paarlse Stadsaal deur die Wynland Distrik Munisipaliteit se Burgemeester, Dr Elna von Schlicht, tesame met verskeie presteerders uit die vrouegemeenskap, vereer vir uitnemende diens en prestasie in hul onderskeie organisasies.

Francis is vereer vir haar bydraes tot die bemagtiging van vroue in besigheid asook haar toewyding aan die vroue van die streek en prestasie in haar rol as Voorsitter van die Drakenstein AHI Vroue in Besigheid beweging van die Sakekamer.

Hierdie toekenning is vir die Sakekamer ‘n groot eer, die Sakekamer en die AHI Weskaap wens Francis Nieuwoudt geluk en ons ondersteun haar ten volle om verdere hoogtes in haar strewe en verbintenis tot die bemagtiging en inklusiwiteit van vroue in besigheid, te bevorder.
Drakenstein Sakekamer AHi

☕️ Sakekoffiegeleentheid  Vrydag 28 Augustus! 💚Kom geniet ’n oggend van besigheidsnetwerk, nuwe verbindings en plaaslike...
21/08/2026

☕️ Sakekoffiegeleentheid Vrydag 28 Augustus! 💚

Kom geniet ’n oggend van besigheidsnetwerk, nuwe verbindings en plaaslike ondersteuning by Diemersfontein Wine and Country Estate.

Drakenstein Sakekamer

📅 Vrydag 28 Augustus
⏰ 08:00 vir 08:30
📍 Diemersfontein Wine and Country Estate, Wellington

🤝 Alle besighede is welkom!

Bring jou besigheidskaartjies en baniere saam en gebruik die geleentheid om jou besigheid bekend te stel en nuwe kontakte te ontmoet.

Ondersteun plaaslike besighede, bou saam aan ’n sterker sakegemeenskap! 🌱

16/08/2026

An Exclusive EJ Breakingnews Livestream

16/08/2026

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

☕️ Nog 'n ongelooflike Sakekoffiegeleentheid saam met die AHi Drakenstein Sakekamer!Dit is altyd 'n voorreg om saam met ...
03/08/2026

☕️ Nog 'n ongelooflike Sakekoffiegeleentheid saam met die AHi Drakenstein Sakekamer!

Dit is altyd 'n voorreg om saam met inspirerende entrepreneurs en sakeleiers te netwerk, idees uit te ruil en nuwe geleenthede te skep. Dankie aan elkeen wat bygedra het om die oggend so suksesvol en waardevol te maak.

Ons sien reeds uit na die volgende geleentheid! 🤝✨

03/08/2026

🌿 Baie geluk aan Levina Koorsen! 🌿
Dit is 'n groot voorreg om jou as deelnemer aan die AHi Drakenstein Sakekamer Vrou in Besigheid 2026-kompetisie te sien.

Jou passie, toewyding en omgee deur Dóchas Clinic maak daagliks 'n betekenisvolle verskil in die lewens van soveel mense. Jy is 'n ware inspirasie en bewys dat sterk vroue met deernis en visie 'n blywende impak in hul gemeenskappe kan maak.

Ons wens jou alle voorspoed toe vir die res van die kompetisie en sien uit daarna om jou reis te volg.

✨ Sterkte, Levina Koorsen!

Mag hierdie ervaring gevul wees met nuwe geleenthede, groei en welverdiende erkenning.

Ons staan trots agter jou!

01/08/2026
01/08/2026

I got over 100 reactions on one of my posts last week! Thanks everyone for your support! 🎉

Address

Paarl
7646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Drakenstein Sakekamer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share