Ons Winkel Brackenfell Protea

Ons Winkel Brackenfell Protea Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

08/04/2026

🎉 Wacky Wednesday Special!

Van vandag tot Saterdag, kry 50% AF op alle linne, plastiekware en breekware.

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom by Ons Winkel Brackenfell Protea.

10/02/2026

Februarie is die maand van liefde en ons het ’n lekker verrassing in die winkel. 😍🥰❤️

Spandeer R200 of meer en rol die dobbelsteen by die kas.
Jy wen elke keer en kry tussen 10% en 50% afslag op jou aankope.

Kom maak ’n draai, vat jou kans en geniet die pret.
Slegs by Ons Winkel Brackenfell Protea.

Geldig vir die hele Februarie.

🎄 Feesseisoen Uitverkoping by Ons Winkel Brackenfell Protea 🎄Van 15 – 24 Desember 202550% AFSLAG op alle voorraadKom loe...
16/12/2025

🎄 Feesseisoen Uitverkoping by Ons Winkel Brackenfell Protea 🎄

Van 15 – 24 Desember 2025
50% AFSLAG op alle voorraad

Kom loer gerus in en koop jou Kersgeskenke by ons winkel.
Goeie pryse, mooi items en iets besonders vir elkeen.

Ons sien jou by Ons Winkel Brackenfell Protea ♡

🎄 Feesseisoen-Uitverkope by Ons Winkel Brackenfell Protea 🎄🔥 40% AFSLAG 🔥Vrouebloese • Kinder speelgoed • Plastiek-huisw...
08/12/2025

🎄 Feesseisoen-Uitverkope by Ons Winkel Brackenfell Protea 🎄

🔥 40% AFSLAG 🔥
Vrouebloese • Kinder speelgoed • Plastiek-huisware

⏰ Slegs hierdie week
08 – 13 Desember 2025

Net by Ons Winkel Brackenfell Protea
Spaar groot terwyl voorraad hou!

🎉 Nuwe voorraad!Ons is reg om Rocktober te vier by Ons Winkel Brackenfell Protea! 🎸Vars voorraad, wonderlike pryse en ho...
17/10/2025

🎉 Nuwe voorraad!
Ons is reg om Rocktober te vier by Ons Winkel Brackenfell Protea! 🎸

Vars voorraad, wonderlike pryse en hope skatte wag op jou. Eerste kom, eerste kry — ons hou niks uit nie! 🛍️

📅 Sien julle môre!
Kom vroeër en kom kuier, dis Rocktober by Ons Winkel! 💥

Ons het ’n Rocktober Verrassing net vir jou!Vir die hele maand Oktober het ons groot aanpassings aan ons klerepryse gema...
14/10/2025

Ons het ’n Rocktober Verrassing net vir jou!
Vir die hele maand Oktober het ons groot aanpassings aan ons klerepryse gemaak — ja, ons het alles laat daal! 🎉

Kom besoek ons winkel en sien self die nuwe pryse.

🔥 Rocktober Spesiale Aanbod op ALLE KLERE in die winkel — die hele maand lank! 🔥

🌸 Spring brings new life, new hope, and fresh beginnings. 🌸At Ons Winkel Brackenfell Protea, we’re grateful for every cu...
03/09/2025

🌸 Spring brings new life, new hope, and fresh beginnings. 🌸

At Ons Winkel Brackenfell Protea, we’re grateful for every customer who walks through our doors. As we step into this new season with faith and joy, we’d love to bless you too!

✨ 01 – 07 September 2025 only
✨ 30% off all stock

Your support helps us grow and keep serving our community with love. This spring, let’s embrace faith, fresh starts, and the beauty of giving back.

HAPPY SPRING EVERYONE! 🌸🌺🪷💐🌷🪻

06/08/2025

Aan die Vroue na aan ons Harte

In Augustus vier ons jou, die vroue wat ons daagliks inspireer met jul krag, liefde en genade.

By Ons Winkel Brackenfell Protea is jy meer as net ’n klant. Jy is familie.

As teken van waardering is alle damesklere 50% af, vir Augustus 2025.

Dit is ons klein manier om dankie te sê vir die groot rol wat jy in ons lewens en gemeenskap speel.

Geseënde Vrouemaand, met liefde van ons almal. 💐

24/07/2025

💙*Dade van hoop-projek het aangebreek (14-25 Julie)*💙



Sedert die opening van die 100ste Ons Winkel op 28 Julie 2021, dra ons dié datum as ’n gedenkteken van groei en genade.
Vandag wil Ons Winkel Bethlehem daardie dankbaarheid uitdruk, deur 'n item aan iemand in ons gemeenskap terug te gee– iets wat hulle regtig nodig het.

127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van 2025 se 127 Dade van Hoop-Projek, danksy aan ons klante se ondersteuning kon Ons Winkel ’n gesin help met nuwe werksklere, skoene, en sagte kussings om weer gemaklik te slaap.

Hier is Ons Winkel Brackenfell Protea se daad van hoop!

23/07/2025

Dit is "WACKY WEDNESDAY"!!!! 🥳

25% AF op alle klere – net vir hierdie week!
Jy gaan beslis iets mooi én bekostigbaar kry!

Kom kuier saam, snuffel deur ons rakke en geniet die warm atmosfeer van Ons Winkel.

Elke aankoop maak 'n verskil – en elke item het sy eie storie.

Ons Winkel Brackenfell Protea
Woensdag tot Saterdag

💖💖

Address

15 Protea Road
Brackenfell
7560

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27624661639

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Brackenfell Protea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Brackenfell Protea:

Share