Jan Kriel Instituut

Call Directions Website Contact the organization

Jan Kriel Instituut Welkom by JAN KRIEL INSTITUUT Mev. Hy was ʼn epilepsie-lyer. Gee ʼn kind ʼn kans! is na meer as 70 jaar steeds die strewe van die Instituut.

Finnie Kriel het die veldtog om aan kinders, soos hul seun Jan, geleenthede tot menswaardige en sinvolle lewens te bied, ʼn paar jaar na sy dood geloods. Die waardes van billikheid en omgee vir hierdie kinders, wat met leerhindernisse te kampe het, dui die koers aan. Ons verstaan dat finansiële sekuriteit en stabiliteit die noodsaaklike onderbou vir die welsyn van Jan Krielskool se kinders verskaf. Verantwoordelike en etiese bestuur van hierdie fondse -goeie rentmeesterskap - is dus ononderhandelbaar. Baie van die Instituut se werk is net so onsigbaar soos sommige van die leerhindernisse waarmee ons kinders worstel. Dit hou egter ʼn reuse-netwerk van vriende en ondersteuners van Jan Krielskool se kinders in stand. Ons erken en respekteer die bydrae – donasies, bemakings, ondersteuning van ons projekte - van hierdie ruimhartige weldoeners van oraloor, ook van buite ons landsgrense.

‘Mnr. en Mev. Crous, julle kind sal ongelukkig nooit in 'n skool geplaas kan word of matriek voltooi nie. Sy sal waarsky...
28/09/2026

‘Mnr. en Mev. Crous, julle kind sal ongelukkig nooit in 'n skool geplaas kan word of matriek voltooi nie. Sy sal waarskynlik nooit kan praat nie. Ons het egter vir julle die naam en nommer van 'n baie goeie fasiliteit vir sulke kinders’ - Dit was die woorde wat haar ouers ontvang het toe sy net vier jaar oud was.

‘Vandag staan ek hier voor julle; 'n bewys dat 'n diagnose nie jou toekoms bepaal nie en ek is ongelooflik trots om deel van die Jan Kriel-familie te wees.’

Lees haar storie aanlyn...

‘Mnr. en Mev. Crous, julle kind sal ongelukkig nooit in 'n skool geplaas kan word of matriek voltooi nie. Sy sal waarskynlik nooit kan praat nie. Ons het egter vir julle die naam en nommer van 'n baie goeie fasiliteit vir sulke kinders - Dit was die woorde wat my ouers ontvang het toe ek net vier ...

23/09/2026
Jan Kriel se jaarlikse Wynveiling is weereens geseën met wyne geskenk deur meer as 100 wynplase en individue. So kon die...
22/09/2026

Jan Kriel se jaarlikse Wynveiling is weereens geseën met wyne geskenk deur meer as 100 wynplase en individue. So kon die 160 gaste op 43 lotte bie ten bate van die leerders van Jan Krielskool. Dankie aan elke kelder, besigheid en vriend wat getrou 'n bydrae gemaak het. Jul ondersteuning is van onskatbare waarde.

21/09/2026

Matrics 2026 sing the school song for the last time ♡

Jan Kriel-leerders het die koms van Lente met opgewondenheid en baie kreatiwiteit gevier. 🌺 Die Graad 3’s het hul hande ...
21/09/2026

Jan Kriel-leerders het die koms van Lente met opgewondenheid en baie kreatiwiteit gevier. 🌺 Die Graad 3’s het hul hande vuil gemaak en pragtige blomme op geplant! 🪴✨👑 Die Graad R’e het weer hul kreatiwiteit gewys deur om blommekrone te maak! 💐😍 Ons is so trots op ons leerders wat ons skool daagliks verhelder. Mag hierdie nuwe seisoen vir elkeen van julle vreugde, groei en baie glimlagte bring! ☀️🐝

We are extremely proud to celebrate our incredible teacher, Inge Dyssel, who represented Jan Kriel School School at the ...
16/09/2026

We are extremely proud to celebrate our incredible teacher, Inge Dyssel, who represented Jan Kriel School School at the Provincial National Teaching Awards (NTA) earlier in September. Inge achieved Second Runner-Up in the highly competitive category of Excellence in Inclusive Education Teaching. Her passion, commitment, and unwavering dedication to supporting and empowering our learners reflect the very heart of inclusive education and our school community.

14/09/2026

Thank you to everyone who joined us for our very first Jan Kriel Tekkie Challenge 2026. You made it a day to remember 💚

A special thank you to Amigo Pet Food and Pack Leader Pet Products for the goodies that made our goodie bags extra special! 🐾

Baie dankie Carina Roux vir die pragtige foto's en TygerBurger se span wat deelnemers oppad uit en terug aangespoor het!...
11/09/2026

Baie dankie Carina Roux vir die pragtige foto's en TygerBurger se span wat deelnemers oppad uit en terug aangespoor het!

Bykans 3 400 deelnemers het Saterdag die 5-, 10- en 16 km-roetes van die Food Lover's Market Tekkie Challenge in Kuilsrivier aangedurf.

Address

Kuilsrivier
7580

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27219030434

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jan Kriel Instituut posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Jan Kriel Instituut:

Shortcuts

Share