Liefde in Aksie

Liefde in Aksie Liefde in Aksie is 'n groep vrouens, meestal pensioenarisse, wat n passie het vir omgee.

28/07/2026
Nuwe, baie kreatiewe en ruimhartige  lede van Worcester en Paarl se donasies vir verskillende projekte,  pragtige donasi...
25/07/2026

Nuwe, baie kreatiewe en ruimhartige lede van Worcester en Paarl se donasies vir verskillende projekte, pragtige donasies van ander lede vir verskeie projekte en organisasies en instansies is ook reeds afgelaai en ontvang. Hoe geseënd is LIA ( Liefde In Aksie) nie om te kan help en bydra om ander op te hef en gelukkig te maak nie!🙌 Die blokke vir komberse, kombersies wat vasgewerk geskenk is, die twee lede wat inderhaas onder baie druk 'n pragtige doopkombersie geskep het in 'n week! Oulike speelgoed, en netjiese truie vir dankbare harte! Baie dankie vir die liefde, ywer en goedhartigheid waarmee elke persoon hierdie liefdestaak aanpak en vir die inspirerende produkte wat harte baie bly maak! 🥰

New, very creative and gracious members from Worcester and Paarl's donations for different projects, as well as beautiful donations from other members for various projects, organizations and institutions are already delivered. How blessed is LIA ( Love In Action) to help and contribute to the well being of others! 🙌 The blocks for blankets, blankets stitched together, donated, two members created a beautiful baptism blanket in a week! Cute knitted toys and neatly knitted jerseys for grateful hearts! Many thanks for the love, diligence and kindness of every member creating such inspiring products contributing to the happiness of others! 🥰

Hierdie is 'n verskeidenheid van skenkings van verskeie ruimhartige skenkers en alhoewel dit nie noodwendig alles wol is...
24/07/2026

Hierdie is 'n verskeidenheid van skenkings van verskeie ruimhartige skenkers en alhoewel dit nie noodwendig alles wol is nie, is dit versprei na bronne wat gebruikte items 'n tweede lewe gee met entoesiasme en opgewondenheid wat 'n mens net inspireer om nog mense te seën! Daar was kinderklere vir 'n nuwe kinderhuis, rolle seilmateriaal wat gebruik is vir skaduwee vir 'n hondeskuiling, pragtige gelamineerde lesmateriaal plakate en ander opvoedkundige speletjies, sakke ou koerante, 'n doos verf en kwaste, sakke leë bottels, dosies en houers wat gebruik word vir kunswerke by die skool, sakke wol en afvallappies van verskeie skenkers, 'n berg kussingkies en gordyne wat deur LIA (Liefde In Aksie) se eie kreatiewe lede geskep is van die afvallappies, vir 'n nuwe trauma speelkamer in 'n gemeenskap, asook kussingkies gemaak vir kankerpasiënte en 'n magdom gebruikte lêers. Baie dankie aan elke liewe skenker van hierdie waardevolle items wat 'n betekenisvolle verskil maak waar dit afgelewer is! 🥰

This is a variety of donations from various gracious donors and although it is not all wool related, it was distributed to grateful receivers, who has the ability to give used items a second life with so much enthusiasm and exctiment that it is inspiring us to bless even more! There were a bag of children's clothes for a new orphanage, rolls sailmaterial used for shade at a dog rescue, beautiful laminated educational lesson material posters and other educational games, bags old newspapers, a box of paint and paint brushes, bags of empty bottels and boxes and containers used for art projects at school, bags of wool and waste material from various donors, a mountain of cushions and curtains, created by LIA ( Love In Action) own creative members from the donated waste material, for a new trauma room in a community, as well as cushions made for cancer patients and a stack of used files. Thank you to every dear donor of these precious items which make a significant difference where it is delivered! 🥰

Pragtige truie, musse en serpe gebrei en gehekel deur Lia (Liefde In Aksie) se flinke, netjiese, begaafde breisters is a...
24/07/2026

Pragtige truie, musse en serpe gebrei en gehekel deur Lia (Liefde In Aksie) se flinke, netjiese, begaafde breisters is afgelewer by 'n liefdadigheidsorganisasie wat dit nuttig gaan gebruik. Baie dankie vir elkeen se waardevolle bydrae.

Beautiful jerseys, beanies and scarves knitted and crocheted by competant, neat and gifted members of LIA (Love In Action) are delivered to charity organization, who is going to distribute these useful items. Many thanks to everyone for their valuable contribution.

18/07/2026
Baie dankie aan d groothartige talentvolle en bedrywige lede van LIA ( Liefde In Aksie) vir hierdie waardevolle, pragtig...
28/06/2026

Baie dankie aan d groothartige talentvolle en bedrywige lede van LIA ( Liefde In Aksie) vir hierdie waardevolle, pragtige en kleurvolle skenking. Elke skepping sal 'n opgewonde ontvangertjie kry wat hulle lewens vir altyd sal verander! Baie van die ontvangertjies het nog nooit 'n speelding van hulle eie besit nie...dis die realiteit van hordes van die kinders van Suid Afrika! 😥

A great thank you to the generous, talented and industrious members of LIA ( Love In Action) for donating these precious, beautiful and colourful creations. Every creation will be received by a grateful recipient, changing their lives forever! Many of these recipients never had a toy of their own...that is the reality of many children in South Africa! 😥

Pragtige, sagte bere van afval, geskenkte, materiaallappies, netjies gebreide slaapsokkies en lieflike musse is op pad n...
26/06/2026

Pragtige, sagte bere van afval, geskenkte, materiaallappies, netjies gebreide slaapsokkies en lieflike musse is op pad na twee verskillende hospitale se Onkologie Departemente toe. Die kreatiewe en tallentvolle skeppers van LIA (Liefde In Aksie) was weereens besig om dit wat hulle uitsonderlik goed kan doen, met naalde en naaimasjiene die wêreld 'n beter plek te maak! Baie dankie vir elkeen wat so onverpoosd voortgaan om hierdie pragtige skeppings met liefde, te skenk 🥰

Beautiful, soft bears from waste, donated material, neatly knitted bed socks, and hats are on their way to the Oncology Departments of two different hospitals. The creative and talented creators of LIA ( Love In Action) were once again doing what they can do exceptionally well, creating with their needles and sewing machines to make this world a better place! A big thank you to everyone, who is working tirelessly to donate these lovely creations with love. 🥰

20 musse en 20 serpe -  vir 'n Instansie vir Verstandelike Gestremdes, wat geseën is deur LIA ( Liefde In Aksie) met d a...
25/06/2026

20 musse en 20 serpe - vir 'n Instansie vir Verstandelike Gestremdes, wat geseën is deur LIA ( Liefde In Aksie) met d aller netjieste items geskep deur d talentvolle en kreatiewe dames van die breigroep. Baie dankie vir elke dame wat hierdie skenking moontlik gemaak het. 🥰 Daar is ook materiaal geskenk vir naaldwerk projekte wat beoog word.

20 beanies and 20 scarves - for an Institution for Mentally Disabled, which were blessed by LIA ( Love In Action) with utterly neat items, created by talented and creative ladies of the knitting group. Thank you very muvh for each lady who made this donation possible.🥰
There is also material donated for needlework projects that are planned.

As vlytige vingers saamwerk kan daar 233 sanitêre noodsakkies bymekaar gemaak word vir skenking aan die wat dit benodig!...
25/06/2026

As vlytige vingers saamwerk kan daar 233 sanitêre noodsakkies bymekaar gemaak word vir skenking aan die wat dit benodig! Hierdie pragtige sakkies is van Kroonstad, deur liewe vriendinne geskep. Dit is 'n handige en noodsaaklike item vir enige jong dame. Baie dankie vir elke vriendin se lieflike skenking.😊LIA (Liefde In Aksie) is bevoorreg om so 'n groot skenking te kan maak.🙌

When diligent fingers work together, 233 sanitary emergency bags can be collected and donated to whomever need it. These lovely little bags are from Kroonstad, created by dear friends. It is a handy and a necessary item for any young lady. Thank you very much for each friend's lovely donation. 😊 LIA ( Love In Action) is privileged to be able to make such a big donation.🙌

Address

Brackenfell
Cape Town
7560

Telephone

+27849111664

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde in Aksie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Liefde in Aksie:

Shortcuts

Share