Badisa

Call Directions Website

Badisa Badisa renders professional social services to vulnerable people. NPO 011-891 | PBO 930 006 348

Badisa is a registered non-profit organisation (NPO 011-891) and a public benefit organisation (PBO 930 006 348) and is committed to social development through community-based programmes in the Western, Northern and Eastern Cape.

📣We're hiring! Manager/Head at Durbanville Children's HomeDurbanville Child and Youth Care Centre is a dynamic programme...
13/10/2026

📣We're hiring! Manager/Head at Durbanville Children's Home
Durbanville Child and Youth Care Centre is a dynamic programme of Badisa and is looking for a visionary, passionate and experienced Manager to join the team. The main objective of this position is to lead the centre through purposeful planning, coordination and management in order to create a safe, professional and nurturing haven for children.

Application Process:
Interested and suitably qualified persons are invited to submit a concise, up-to-date CV (maximum four pages), as well as certified copies of qualifications and identity document.

Closing Date: 27 October 2026
Send applications to: [email protected]

If you have not heard from us within three (3) weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful. The DCYCC reserves the right not to make an appointment.

👉 Follow the link for more information.
https://badisa.org.za/2026/10/13/manager-head-durbanville-child-and-youth-care-centre/

How often do we listen to someone, while already thinking about what we want to say next?🤔Real respect means being prese...
13/10/2026

How often do we listen to someone, while already thinking about what we want to say next?🤔

Real respect means being present. It means putting aside the reply for a moment and really listening, not just to hear, but to understand.

Let’s make a point of slowing down, being in the moment, and giving people our full attention. Sometimes, simply feeling heard can mean more than we realise. 🩵

To the Class of 2026 – you've got this! 🎓🩵Tomorrow marks the beginning of the final National Senior Certificate examinat...
12/10/2026

To the Class of 2026 – you've got this! 🎓🩵
Tomorrow marks the beginning of the final National Senior Certificate examinations, and Badisa wishes every matric learner across South Africa the very best!

You've worked hard, overcome challenges and made it this far. Now it's time to believe in yourself and give it your best.

Remember, your future is full of possibilities, and this is just one chapter of your journey.

Stay calm. Stay focused. Believe in yourself.

From all of us at Badisa, good luck, Matrics! We're cheering you on! ✨

Stronger together. Growing together. One Badisa. 💙💚Great things happen when we come together to share ideas, learn from ...
11/10/2026

Stronger together. Growing together. One Badisa. 💙💚
Great things happen when we come together to share ideas, learn from one another and explore new possibilities!

Recently, the Badisa Management Programme, together with marketing teams from Steinthal Child and Youth Care Centre, Huis Andrew Murray and Huis van Heerde Child & Youth Care Centre gathered in Wellington for a Marketing, Fundraising & Partnerships Workshop.

As part of the Badisa Alternative Care cluster, these teams share more than a commitment to caring for children and young people. They share a passion for making a difference and finding creative, sustainable ways to strengthen their programmes.

At Badisa, we believe collaboration creates opportunities, fresh thinking inspires growth, and together we can achieve so much more.

Here's to many more opportunities to connect, collaborate and grow together! 💙💚

Respect begins with honouring those who came before us. 🩵This Older Persons Month, may we be reminded to value their wis...
11/10/2026

Respect begins with honouring those who came before us. 🩵
This Older Persons Month, may we be reminded to value their wisdom, cherish their stories and show our love through kindness, patience and care.

Because honouring our elders is not just something we are called to do. It is something we should live every day.

Wishing our Badisa family a blessed Sunday. 🤲

A little Saturday night check-in. 🩵Before you end your day, we have one question for you:How are you, really? 🤔Not the a...
10/10/2026

A little Saturday night check-in. 🩵
Before you end your day, we have one question for you:

How are you, really? 🤔
Not the automatic “I'm fine” kind of answer. The honest one.

Life can be overwhelming. Some days we feel strong, and other days simply getting through the day is enough.

On this World Mental Health Day, a gentle reminder that your mental health matters. Your feelings matter. And you don't have to carry everything alone.

Be kind to yourself. Reach out when you need support. And remember to check in on someone else, too.

Respect begins with recognising that every person, including you, deserves compassion, understanding and care.

Goodnight from the Badisa family. 🩵

🎨 Respek vir kleur in Oktober🩵Deur Adrie JurgensenDirekteur: Kommunikasie, Bemarking en Vennootskap, BadisaVan Cobus Ker...
09/10/2026

🎨 Respek vir kleur in Oktober🩵
Deur Adrie Jurgensen
Direkteur: Kommunikasie, Bemarking en Vennootskap, Badisa

Van Cobus Kershoff weet ek al lank. Baie lank. Dekades!

Ek het die groot voorreg gehad om jare gelede saam met sy suster, Ina Viljoen, te werk. Ek onthou Cobus het ’n kunsgalery in Hermanus bestuur, en ek dink ons was dalk selfs eenkeer daar. Hermanus en Kershoff is vir my amper sinoniem.

Nou, dekades later, is Ina een van Badisa se wonderlike vrywilligers.

Toe ons kunstenaars vir Kleur jou Wêreld begin soek, het hy dadelik ingestem toe ons hom vra! En wat ’n perfekte keuse vir Oktober se turquoise en respek.

Cobus is in 1962 in Ceres gebore en het van kleins af sy inspirasie in die natuur gevind. Hy het later in plekke soos Botrivier en Villiersdorp gewoon en sê die Overberg se landskappe, plaaslewe, veldblomme, berge en voortdurend veranderende lugruim bly ’n groot invloed op sy werk. Die Klein Karoo, met sy ryk kleure en verre horisonne, het hom ook diep geïnspireer.

Wanneer ek vir Cobus vra hoekom hy verf, antwoord hy op ’n manier wat eintlik baie mooi opsom wie hy as kunstenaar is:

“’n Mens wat met sy hande werk, is ’n arbeider. ’n Persoon wat met sy hande en sy verstand werk, is ’n vakman. ’n Persoon wat met sy hande, sy verstand en sy hart of siel werk, is ’n kunstenaar.”

Vir hom gaan kuns oor meer as om iets mooi op doek te sit. Dit gaan oor kyk. Om die natuurlike en soms abstrakte lyne, beweging, lig en skakerings raak te sien. Om kleur te gebruik om ’n emosie vas te vang.

En miskien is dit juis daarom dat Oktober se tema van respek so mooi by Cobus pas.

Wanneer ek hom vra wat respek vir hom beteken, sĂŞ hy:

“Dit is ’n waardigheid teenoor jouself en jou medemens, die natuurlewe en die skepping. Jy eer jouself en jou medemens op die wyse wat jy behandel wil word.”

Dit is ’n eenvoudige definisie, maar een wat veel verder strek as net hoe ons mekaar behandel. Dit sluit die natuur, diere en die hele skepping in. En dalk verduidelik dit ook iets van die manier waarop Cobus kyk – met aandag, waardering en ’n bereidheid om die mooi raak te sien.

En dan is daar turquoise.

Cobus beskryf turquoise, aquamarine en seegroen as kleure wat ’n besondere gevoel van kalmte en sielsvrede bring.

Dit maak sy groot seetoneel wat nou in Badisa se hoofkantoor hang, sĂł gepas. Die doek is omtrent 1,5 m by 2 m, groot genoeg om jou behoorlik in te trek. Jy kan amper die beweging van die water voel.

Cobus glo sterk dat kreatiwiteit nie bloot ’n talent is nie. Dit is ’n manier van kyk en benader. ’n Bereidheid om te speel, te eksperimenteer en iets anders raak te sien.

Hy vertel selfs hoe ’n weggooiblikkie, iets wat vir iemand anders nutteloos is, in die hande van ’n kunstenaar ’n “object of art” kan word.

Dalk is dit wat ek die meeste van sy manier van kyk hou.

Hy werk hoofsaaklik met olieverf op doek en het oor jare ’n kleurvolle neo-realistiese/impressionistiese styl ontwikkel. Hy is ook bekend vir sy besonderse veerwerke op herwinde papier, ’n tegniek wat hy reeds van kleins af bemeester. Sy werk is vandag deel van private en korporatiewe versamelings hier en oorsee. Hy was ook vir meer as 25 jaar betrokke by kunsgalerybestuur en het deur die jare die voorreg gehad om tussen die werk van talle groot kunstenaars te leef.

Maar Cobus is nie net ’n kunstenaar nie.

Hy is ’n groot diereliefhebber, pas gereeld diere op en, volgens Ina, is hy ’n “ouboet 1000”.

So ja, hoewel dit my dekades geneem het om Cobus uiteindelik self te ontmoet, het ’n mooi familieverbintenis hom uiteindelik na Badisa gebring.

En ek dink dit is nogal besonders.

Want Cobus sê ’n kunstenaar kan met verskillende tale praat. Hy werk met sy hande, sy verstand en sy hart.

En miskien is dit hoekom sy kunswerk so goed by Badisa pas.

Want Badisa probeer ook elke dag met hande, verstand en hart werk. Stil, dikwels nederig, op voetsoolvlak, waar daar ’n behoefte is.

Cobus het vir ons ’n stuk van sy wêreld gegee.

En nou hang dit aan ons muur.

Turquoise. Die see. Kleur. En bowenal – respek.

🩵 Volg die skakel vir nog foto’s en deel dit gerus met ander! https://badisa.org.za/2026/10/07/respek-vir-kleur-in-oktober/
Cobus Kershoff

WAT GEBEUR IN DIE BADISA-FAMILIE? 📅Van basaars en musiekaande tot bingo, poësie en hope pret! Daar is weer heelwat opwin...
08/10/2026

WAT GEBEUR IN DIE BADISA-FAMILIE? đź“…
Van basaars en musiekaande tot bingo, poësie en hope pret! Daar is weer heelwat opwindende geleenthede by ons Badisa-programme. Kom kuier, raak betrokke en ondersteun die programme wat elke dag ’n verskil in gemeenskappe maak.

Hier is wat voorlĂŞ:
📍 Huis Aristea
Basaar en potjiekoskompetisie saam met Jaco Kallari
Datum: 10 Oktober 2026
Durbanville

📍 Innovation for the Blind
Poësiekompetisie – Sien met die hart
Datum: 11 September – 23 Oktober 2026

📍 Aan Oewer Dienssentrum
Verskeidenheidskonsert – Kyk ’n bietjie, Lag ’n bietjie
Datum: 23 Oktober 2026
Velddrif

📍 Huis van Heerde
Bingo-aand
Datum: 6 November 2026
Malmesbury

📍 Albertinia Versorgingsdienste
Dans met Die Broers
Datum: 21 November 2026
Riversdal

Elke geleentheid is ’n geleentheid om saam ’n verskil te maak!

Vir meer inligting, kaartjies, besprekings en kontakbesonderhede, sien die plakkate of besoek die programme se Facebook-bladsye.

Dankie dat julle ons Badisa-familie ondersteun! 🩵

Quote of the Day 🩵“The longer I live, the more beautiful life becomes.”- Frank Lloyd WrightAs we mark Older Persons Mont...
08/10/2026

Quote of the Day 🩵
“The longer I live, the more beautiful life becomes.”- Frank Lloyd Wright
As we mark Older Persons Month, may we remember that ageing is not only about years lived, but about wisdom gained, stories carried and lives that continue to hold purpose, beauty and value.

Digital artwork by Adrie Jurgensen.

🎨Ontmoet Oktober se Kleur jou Wêreld-kunstenaar: Cobus Kershoff. 🩵Cobus is in Ceres gebore en het later in plekke soos B...
07/10/2026

🎨Ontmoet Oktober se Kleur jou Wêreld-kunstenaar: Cobus Kershoff. 🩵
Cobus is in Ceres gebore en het later in plekke soos Botrivier en Villiersdorp gewoon. Die Overberg se landskappe, veldblomme, berge, plaaslewe en voortdurend veranderende lugruim het ’n groot invloed op sy werk, saam met die ryk kleure en oop horisonne van die Klein Karoo.

Vir Cobus gaan kuns oor meer as om iets mooi op doek vas te vang. Dit gaan oor kyk, na lig, beweging, kleur, die natuur en die mense rondom ons.

En dalk is dit juis hoekom Oktober se tema, Respek, so mooi by hom pas.
“Dit is ’n waardigheid teenoor jouself en jou medemens, die natuurlewe en die skepping.”

Van die Overberg se aardse kleure tot die kalm turquoise van die see, sy werk weerspieël ’n diep waardering vir die wêreld rondom hom.

Ons deel binnekort meer oor Cobus, sy kuns en die besonderse seetoneel wat nou by Badisa se hoofkantoor hang. 🩵
Cobus Kershoff

Address

Merano Place, 3 Sabie Street
Cape Town
7530

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 15:30

Telephone

+27769804465

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Badisa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share