14/10/2026
Wanneer kerkfamilie om dieselfde tafel sit
Van 14 tot 17 September het Algemene Sekretarisse van ons Gereformeerde susterskerke uit verskillende Afrika-lande by die Emseni Christian Centre in Kempton Park om dieselfde tafel aangesit vir die jaarlikse vergadering van die Reformed Family Forum (RFF). Die afgevaardigdes was onder meer afkomstig uit Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Kenia, Lesotho en Botswana.
“Op die oog af klink ’n jaarlikse byeenkoms soos hierdie dalk na net nog ’n kerklike vergadering, met verslae en gesprekke oor sake wat aandag vra,” skryf Daniël de Wet. “Maar wanneer ’n mens rondom ‘n tafel sit, besef jy telkens dat daar agter elke verslag mense is. Mense wat die evangelie verkondig in gemeenskappe waar die uitdagings soms groter is as die beskikbare hulpbronne. Mense wat bekommerd is oor veranderende reënpatrone en oeste wat misluk.
En mense wat onlangs families ontvang het wat uit Suid-Afrika na hul lande van herkoms moes terugkeer, dikwels sonder werk, inkomste of die nodige dokumente om weer te begin.”
Lees meer hier: https://getuienis.christians.co.za/.../09/wanneer-kerkfami…selfde-tafel-sit/