Net vir Pret -Aftercare and youth centre

Net vir Pret  -Aftercare and youth centre Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Net vir Pret -Aftercare and youth centre, Nonprofit Organization, 8 Renonkel Avenue, Barrydale.

Working with children, youth and adults from underprivileged communities in the Overberg region (Barrydale & Swellendam), creating opportunities for growth, learning, and hope.

16/06/2026

Jeugdag 2026 – 80 days Around the World ✈️🌍

Wat 'n ongelooflike avontuur! Ons kinders het vandag met hul paspoorte gereis na verskillende lande regoor die wêreld. Ons twee vriendelike lugwaardinne het hulle gehelp om veilig van land tot land te reis, waar elke bestemming 'n nuwe aktiwiteit en ervaring gebied het.

🇬🇧 UK – Bordspeletjies (ontvangs)
🇰🇷 Suid-Korea – Gaming (aftercare)
🇯🇲 Jamaika – Musiek ( musiekroom)
🇧🇷 Brasilië – Sport (parkie)
🇫🇷 Frankryk – TikTok-dans (mediaroom)
🇳🇱 Nederland – Fietsry (bicycleshed)
🇿🇦 Suid-Afrika – Kreatiewe kuns (art class)
🇮🇳 Indië – Kultuur en kreatiwiteit(tattoo) (donna)

Die dag was gevul met lag, leer, spanwerk en baie pret. Dankie aan al ons jeugleiers en personeel wat hierdie wêreldreis moontlik gemaak het. 🌟

Ons het dalk nie die wêreld in 80 dae gereis nie, maar ons het dit beslis in 80 minute beleef!by Net Vir Pret center 🌍❤️✈️


Youth Day is celebrated to honor the bravery and sacrifice of the young people who played a crucial role in fighting for...
16/06/2026

Youth Day is celebrated to honor the bravery and sacrifice of the young people who played a crucial role in fighting for freedom and equal education.✨️

16/06/2026

Big shout out to my newest top fans! Marche MJ, Lario Louw

Ons naaldwerkspan is hard besig met dit wat hulle die meeste geniet! Met kreatiwiteit, passie en deursettingsvermoë word...
16/06/2026

Ons naaldwerkspan is hard besig met dit wat hulle die meeste geniet! Met kreatiwiteit, passie en deursettingsvermoë word elke steek met trots gemaak. Dit is wonderlik om te sien hoe talente ontwikkel en selfvertroue groei deur iets wat hulle liefhet.

Hier ontdek jy nie net jou bestaande talente nie, maar ook die versteekte talente waarvan jy nooit geweet het nie.


13/06/2026

Ons is 38 jeugleiers wat besluit het om ons Vrydagaande positief te benut. Terwyl ander dalk wonder wat om te doen, kies...
13/06/2026

Ons is 38 jeugleiers wat besluit het om ons Vrydagaande positief te benut. Terwyl ander dalk wonder wat om te doen, kies ons om saam te groei, te beplan, te lag en herinneringe te maak.
Ons het ons vergadering afgesluit met 'n aand vol sang, lag en pret! 🎤🎶 En wow... ons het beslis 'n paar versteekte sangtalente ontdek!

✨️
04/06/2026

✨️

01/06/2026

SPORT: Aushwin-Leigh Jantjies kry kans van ’n leeftyd, maar benodig finansiële ondersteuning.

’n Talentvolle jong atleet van Barrydale staan op die drumpel van ’n internasionale deurbraak nadat hy gekies is om aan ’n gesogte atletiektoer na Europa deel te neem. Nou doen sy afrigters en ondersteuners ’n beroep op die gemeenskap om hom te help om hierdie droom ’n werklikheid te maak.

Aushwin-Leigh is amptelik gekies om deel te neem aan die WWS Western Cape Schools Athletics Invitation Tour na Europa. Die toer sluit internasionale kompetisies en hoëprestasie-oefenkans in lande soos België, Duitsland, Italië en Swede in. Atlete sal die geleentheid kry om teen wêreldklas teenstand mee te ding en blootstelling te kry aan internasionale afrigting- en kompetisie-omgewings.

Sy keuring is gebaseer op sy uitsonderlike prestasies gedurende die 2026 atletiekseisoen, veral by die SASA Hoërskool Kampioenskappe vroeër vanjaar, waar hy onder die beste atlete in Suid-Afrika presteer het. Hierdie geleentheid kan ’n groot rol speel om hom te help om sy droom te bereik om ’n Suid-Afrikaanse baanatleet te word.

Om hierdie geleentheid moontlik te maak, moet ons tussen R85 000 en R100 000 insamel. Hierdie kostes sluit in:
• Reisuitgawes
• Verblyf
• Wedstryd-inskrywings
• Spanuitrusting
• Visum- en toerkostes

Die volgende sperdatums is baie belangrik:
• Deposito van R15 000 – onmiddellik
• Visumproses sperdatum – 5 Junie 2026
• Finale betaling – 15 Junie 2026
• Vertrek na België – 22 Junie 2026
• Terugkeer datums – 3 Julie 2026 / 18 Julie 2026

Ons wil graag die Barrydale-gemeenskap, plaaslike besighede en die Burgemeester nader om te help met fondsinsameling vir hom. Tot dusver is daar reeds ’n skenking van R10 000 ontvang om sy deposito te help dek en hom ’n begin te gee.

Enige donasies kan direk betaal word aan die Worldwide Scholarship Group met die atleet se naam as verwysing. Ons vra net dat bewys van betaling aan ons gestuur word sodat ons alle bydraes kan byhou.

Bankbesonderhede:
BANK: FNB/RMB
REKENINGHOUDER: WORLD WIDE SCHOLARSHIP GROUP PTY LTD
REKENINGNOMMER: 63142204279
TAKKODE: 250655
VERWYSING: Atleet Naam

Bewys van betaling kan gestuur word aan:
Dujon Swanepoel (Afrigter)
064 908 5399
[email protected]

Ons sal enige hulp baie waardeer om sy storie te deel en bewusmaking vir hierdie fondsinsamelingspoging te skep. Ons glo hierdie geleentheid kan deure oopmaak vir ’n baie belowende jong atleet en ook ander jong sportmanne en -vroue in ons gemeenskap inspireer.

30/05/2026

Namens Net Vir Pret en ons jong jeugleiers wil ons ons opregte dank uitspreek aan elke persoon wat deel was van hierdie besonderse aand.

Aan al ons modele, van die kleinste tot die grootste – baie dankie vir julle harde werk, selfvertroue en die energie wat julle na die verhoog gebring het. Julle het die aand besonders gemaak.

Aan ons beoordelaars, baie dankie dat julle julle tyd afgestaan het en julle belangrike rol met eerlikheid en toewyding vervul het.

’n Spesiale dankie aan Esrick (Oubaas) vir die klank en ondersteuning, asook aan peden vir sy bydrae.

Aan al die ouers, familie, vriende, vriendinne en gaskunstenaars (dans, sing), dankie vir julle ondersteuning, aanmoediging en teenwoordigheid. Sonder julle sou hierdie aand nie dieselfde gewees het nie.

En aan elke hand wat gehelp het, of dit groot of klein was, voor of agter die skerms – ons sien en waardeer elke bydrae. Julle bereidwilligheid om te help het hierdie geleentheid moontlik gemaak.

Ons harte loop oor van dankbaarheid. Mag die Here elkeen van julle ryklik seën vir julle liefde, ondersteuning en opofferings. Dankie dat julle saam met ons hierdie droom ’n werklikheid gemaak het.

❤️ Baie, baie dankie aan elkeen!
Net Vir Pret & Jeugleiersspan ❤️

On behalf of Net Vir Pret and our young youth leaders, we would like to express our sincere gratitude to each and every person who played a part in making this event such a success.

To all our models, from the youngest to the oldest, thank you for your confidence, dedication, and for bringing your unique talent to the stage. You truly made the evening special.

To our judges, thank you for giving your time, expertise, and fair evaluations throughout the event.

A special thank you to Esrick (Oubaas) for providing the sound and technical support, and to peden for his contribution.

To all the parents, family members, friends, and guest artists, thank you for your encouragement, support, and presence. Your support meant the world to us.

And to every helping hand, whether behind the scenes or in the spotlight, thank you for your hard work and willingness to serve. Every contribution played an important role in making this event possible.

Our hearts are filled with gratitude. May God richly bless each one of you for your love, support, and sacrifices. Thank you for helping us turn this vision into a beautiful reality.

❤️ A very big thank you to everyone!
Net Vir Pret & Youth Leaders Team ❤️

See you tonight✨️
29/05/2026

See you tonight✨️

Address

8 Renonkel Avenue
Barrydale
6750

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 16:30

Telephone

+27285721131

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Net vir Pret -Aftercare and youth centre posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Net vir Pret -Aftercare and youth centre:

Share