Ons Winkel Wellington

Ons Winkel Wellington Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Pe

rsone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

It's all about the kids! 👧👦✨ Cute clothes, fun 11toys, and amazing finds waiting for your little ones!NB items word net ...
10/06/2026

It's all about the kids! 👧👦✨ Cute clothes, fun 11toys, and amazing finds waiting for your little ones!

NB items word net tot 13:00 uur toe uit gehou enige tyd daar na moet geeft word. 🌟 ⭐️

Ons is op die h/v Fonteinstr en Malherbestr Wellington. Ons is oop van 9:00 - 16:30 🏘.

Thrifting: where every visit is a treasure hunt✨"NB items word net tot 13:00 uur toe uit gehou enige tyd  daar na moet g...
09/06/2026

Thrifting: where every visit is a treasure hunt

✨"NB items word net tot 13:00 uur toe uit gehou enige tyd daar na moet geeft word. 🌟 ⭐️

Ons is op die h/v Fonteinstr en Malherbestr Wellington. Ons is oop van 9:00 - 16:30 🏘.

06/06/2026
Hunting for hidden gems is the best part of thrifting. ✨"NB items word net tot 11:00 uur toe uit gehou enige tyd  daar n...
05/06/2026

Hunting for hidden gems is the best part of thrifting. ✨"

NB items word net tot 11:00 uur toe uit gehou enige tyd daar na moet geeft word. NB !!!!!!!

Ons is op die h/v Fonteinstr en Malherbestr Wellington. Ons is oop van 9:00 - 12:30 🏘.

04/06/2026

Kinders mag hulle taal praat, geloof uitleef en trots wees op wie hulle is. Daar moet mense in hulle lewens wees wat vir hulle omgee en hulle help.

Die Ons Plek-kleuterskole en naskoolsentrums is opvoedkundige gemeenskapsentrums. Die fokus is op gehalteonderrig in Afrikaans, en die versorging van kinders vanuit alle ekonomiese agtergronde ten einde hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.

Dis 'n gemeenskapsprojek! Hierdie noodsaaklike dienste word moontlik gemaak deur ondersteuners en donasies uit ons gemeenskap. Raak hier betrokke:
https://onssentrums.co.za/stapsaamfonds/

✨ Nuwe voorraad ingekry! ✨Kom maak gerus 'n draai en kyk na al ons nuwe items in die winkel. Daar is iets vir almal!📍 H/...
04/06/2026

✨ Nuwe voorraad ingekry! ✨

Kom maak gerus 'n draai en kyk na al ons nuwe items in die winkel. Daar is iets vir almal!

📍 H/v Fonteinstraat en Malherbestraat, Wellington
🕘 Oop Maandag–Vrydag: 09:00–16:30

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom! 😊🛍️

🎉 MOENIE UITMIS NIE! 🎉Vandag is die LAATSTE DAG van ons 50% AFSLAG op klere!Kom maak nog gebruik van hierdie ongelooflik...
04/06/2026

🎉 MOENIE UITMIS NIE! 🎉

Vandag is die LAATSTE DAG van ons 50% AFSLAG op klere!

Kom maak nog gebruik van hierdie ongelooflike spesiale aanbod voordat dit verby is.

📍 H/V Fonteinstraat en Malherbestraat, Wellington
🕘 Oop van 09:00 tot 16:30

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom! 😊

Timeless pieces for everyday living.”NB items word net tot 11:00 uur toe uit gehou enige tyd  daar na moet geeft word. 🌟...
29/05/2026

Timeless pieces for everyday living.”

NB items word net tot 11:00 uur toe uit gehou enige tyd daar na moet geeft word. 🌟 ⭐️

Ons is op die h/v Fonteinstr en Malherbestr Wellington. Ons is oop van 9:00 - 12:30 🏘.

23/05/2026

Address

Shop 2&3A De Fontein Street
Wellington
7654

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:30

Telephone

+27662042900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Wellington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Wellington:

Share