Ons Winkel Paarl

Ons Winkel Paarl Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met ge

stremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

31/08/2026
31/08/2026

Was jy karre, of is jy in ń besigheid wat baie lappe/"rags" gebruik?

Albei die Ons Winkels in die Paarl gaan van nou af 5kg sakke lappe verkoop teen R75/sak.

Die sakke word gevul met ou handdoeke en t-hemde.

Bestellings kan ook geplaas word by Abé: 0827718377, of Corné: 0736197270.

Koop by ons en ondersteun sodoende jou eie gemeenskap.



31/08/2026

Gebruik jy dalk ou denims vir naaldwerkprojekte? Die Ons Winkel in Weiss-straat 2 het baie beskikbaar.

R5 elk.🎉

31/08/2026
Die Ons Winkel oorkant Checkers in Noorder-Paarl het 9 pragtige, stewige stoele ingekry.R250/stoel of neem al 9 vir R200...
31/08/2026

Die Ons Winkel oorkant Checkers in Noorder-Paarl het 9 pragtige, stewige stoele ingekry.

R250/stoel of neem al 9 vir R2000🎉🎉

Hierdie oulike items is te koop by die Ons Winkel in Weiss-straat 2.
28/08/2026

Hierdie oulike items is te koop by die Ons Winkel in Weiss-straat 2.

28/08/2026

Waarheen waai die wind jou in die Paarl? Natuurlik na ń Ons Winkel toe!😁

Dankie vir die prettige video Nica en Lynette. 👌👏

27/08/2026

Moenie vergeet van ons lekker groot uitverkoping nie!🎉🎉

27/08/2026

Hallo aan my nuutste volgers! Opgewonde om julle aan boord te hê!

Janine Booyens, Anthea Conradie, William Dennis, Sebelia Smith, Keasha Danine Taute, Nicolene Felix, Monique Mars, Ashleigh Hendricks, Hadley September, Nolusindiso Zaula, Nona Henn, Johanna Williams, Lizzy Kotzé, Cobus Daniels, Kevin Sinne, Quilette Van Wyk

Address

Weiss Straat 2, Esterville
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:30 - 13:00

Telephone

+27823804401

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Paarl:

Shortcuts

Share