12/06/2026
As jy in die omgewing van Tulbagh is, kom maak n draai by die FAK Kultuurnetwerke: Suid se kultuurnaweek.
🍷🎭DIE NUWE FEES IN DIE BOLAND!🎭🍷
Is julle reg vir die uiteindelike winter-kultuurbederf, hier in ons pragtige omgewing?
Die heel eerste FAK-Kultuurnaweek vind op 19 en 20 Junie 2026 plaas op die prentjiemooi Montpellier Wynlandgoed net buite Tulbagh. As jy op soek is na die perfekte daguitstappie of ’n heerlike naweekwegbreek saam met vriende of jou gesin, is hierdie jou kans om die winterkoue met warm kuns, musiek en wêreldklas-wyne te verdryf!
Wat kan jy op ons drumpel verwag?
🎭 Topteater: Sien die bekroonde Frank Opperman regstreeks in sy eenmanstuk Reünie (geskryf deur Dana Snyman) in die intieme Montpellier-wynkelder.
🎶 Goue Musiek: Pragtige poësie-toonsettings van Ingrid Jonker en N.P. van Wyk Louw deur Franco Prinsloo en Chris Vale (By Alle Skone Dinge), asook Leon Gropp se bekroonde Rooidag-vertoning.
🎻 Klassieke Prag: Die meesleurende tjellospel van Gerrit Koorsen met Bach in die Boland in die landgoed se ikoniese wit kapel.
🖼️ Kuns & Leefstyl: ’n Pretbelaaide vertoning met Philip de Vos-verse, ’n unieke kunsuitstalling (Skep) in die Herehuis se kombuis, kwilt-uitstallings, en heerlike kos en wyne by die Bouval.
Hier is geen gejaag nie, net die unieke, gesellige sjarme van Tulbagh!
💰 Pryse (Ideaal vir ’n plaaslike wegbreek):
Dagkaartjie: R350 (Gee jou toegang tot AL die vertonings en konserte van daardie dag vanaf 12:00 tot 20:00).
Naweekpas: R650 (Vir die volle twee-dae ervaring).
Moenie wag nie, hulle gaan vinnig!
🚗 Parkering & Pendeldiens: Parkering op die plaas self is uiters beperk (R150 per dag). Gerieflike en veilige parkering by NG Kerk Tulbagh is bekikbaar teen ’n klein fooi. Die FAK se pendeldiens ry elke 20 minute heen-en-weer tussen die kerk en Montpellier!
Kom ons ondersteun plaaslike kultuur en gaan kuier saam in die Tulbagh-vallei.
🔗 KOOP JOU KAARTJIES HIER:
https://www.heyzuva.com/event-details/fak-kultuurnaweek-2026
Merk gerus jou vriende of bure in die kommentaar wat saam met jou hierdie moet geniet! 🚗🍷