08/12/2025
Inwoners van Orania neem deel aan besluite wat die Dorpsraad neem.
Ingenieursdienste het onlangs ’n toetslopie van ’n nuwe metode vir spoedbeheer opgerig, en die gemeenskap kan nou hul opinies lug oor of dit effektief is en op meer plekke gebruik moet word. Die plan is dat voertuie wat binne die spoedgrens (40 km/h) bly, gemaklik deur kan ry, maar dat dit vir dié wat te vinnig beweeg, stamperig sal wees.