08/05/2026
Word deel van ons span!
VAKANTE POSTE: KAROOSIG AFTREEOORD
Versorgers en Hulpversorgers: Karoosig Aftreeoord, Orania
Oor die poste:
Algehele versorging van bejaardes in die aftreeoord.
Pligte sal die volgende behels:
• Verrig enige take wat deur Verpleegkundige aangevra word ten opsigte van versorging van bejaardes.
• Is verantwoordelik vir hulpverlening aan bejaardes volgens hul individuele behoeftes t.o.v. was, stort, aantrek, uittrek, doek omruiling, toilet rondtes ens.
• Verrig ondersteunende pligte soos nodig. Bv. die neem van bloeddruk, bloedsuiker, urien toetse ens. soos nodig.
• Beantwoord klokkies en verleen hulp.
• Doen van rug- en drukdeel en gereelde verandering van posisie van bedlêende bejaardes.
• Neem bejaardes op stap oefening soos benodig.
• Doen noodsaaklike wond sorg indien nodig, soos deur die verpleegkundige voorgeskryf.
• Uitgee van medikasie op betrokke voorgeskrewe tye soos oorgegee deur Geneesheer/Verpleegkundige en rekordhouding daarvan.
• Verslae: skryf en rekordhouding van alle boodskappe, gebeure, wonde, beserings, vitale tekens en observasies en toediening van medikasie bv. vir pyn, naarheid, diarree ens.
• Bevorder netheid en algemene higiëne t.o.v. bejaardes en hul versorging omgewing
• Opruim van kombuis en was van skottelgoed, sowel as afdroog en wegpak daarvan indien nodig.
• Doen van aktiwiteite met bejaardes en bystand verleen met daaglikse aktiwiteite, stimulering en uitstappies.
• Opdien van etes en toesien dat bejaardes geskikte voedsel ontvang.
• Bedien van tee / versnaperinge deur die dag volgens behoefte.
• Sien toe na die netheid van kaste en kamers.
• Verrig nael en haarversorging aan bejaardes soos nodig.
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor die volgende beskik:
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen. Ons verwag dus dat u asb u CV in Afrikaans sal indien.
• Moet verblyfreg in Orania hê of bereid wees om daarvoor aansoek te doen.
• Sterk geestelike, morele en etiese Christelike norme en waardes.
• Toepaslike opleiding in Versorging werk is ’n sterk aanbeveling.
• Ervaring in ʼn versorging omgewing is ’n sterk aanbeveling.
• Goeie menseverhoudinge handhaaf.
• Moet ʼn spanwerker wees.
• Moet bereid wees om skofte insluitend nagskof te werk.
Aansoekproses
Aansoeke word dringend afgewag. Handig dit asb so spoedig moontlik in by Pierre Fourie by Karoosig Aftreeoord of kan per e-pos gestuur word na [email protected]
Pierre Fourie
Bestuurder: Karoosig Aftreeoord