Stik vir Geluk

Stik vir Geluk Ons strewe daarna om vroue se selfwaarde te verbeter en hulle te begelei deur vaardigheidsontwikkeli

Address

Orania
8752

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stik vir Geluk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Stik vir Geluk

Stik Vir Geluk!

deur Karin Bain

In Orania word dit snerpend koud en bloedig warm en sommer skielik kom jy agter dat man en muis niks het om aan te trek nie. Kimberley en Bloemfontein is baie ver en 30 minute van Orania het Hopetown maar net ’n pieperige kettingwinkeltjie. Noodsaaklike klere wat jou kind pas, skop jy nie sommer agter elke bos uit nie. Dit is ver en hoendertande-skaars.

Vanjaar sit ek hier in dieselfde bootjie met ’n kind wat uit alles gegroei het. Ek het hoog en laag gesoek maar kon regtig niks kry wat haar pas nie. My ma se wyse woorde het toe ingeskop. “Naaldwerk! Enige vrou kan!”