Ons Winkel Worcester

Ons Winkel Worcester Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Per

sone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand
bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

🎮 PC GAMES FOR SALE — ONLY R50 EACH! 🎮💥 R50 A GAME — GREAT DEALS!🏡 The Sims 3 Expansions✈️ Flight Simulator🎮 And many mo...
04/09/2026

🎮 PC GAMES FOR SALE — ONLY R50 EACH! 🎮

💥 R50 A GAME — GREAT DEALS!

🏡 The Sims 3 Expansions
✈️ Flight Simulator
🎮 And many more PC games available!

💰 Only R50 per game!

📩 Message me on 067 351 693 to arrange the purchase.

📦 Courier available — courier costs are for the buyer’s account.

🔥 Grab your favourites before they’re gone!

03/09/2026
Kom loer gerus in Saterdag 29 Augustus 2026
24/08/2026

Kom loer gerus in Saterdag 29 Augustus 2026

03/08/2026

❄️ Winterklere-uitverkoping! ❄️

📅 Vanaf 3 Augustus
🛍️ Solank voorraad hou

✨ Alles teen R20 per item of minder!

Moenie hierdie ongelooflike winskopies misloop nie – kom koop vandag nog!

☀️ Somerklere nou op die rak! ☀️

Die nuwe somerseisoen is om die draai, en ons het reeds 'n mooi verskeidenheid somerklere beskikbaar.

👗 Kom loer gerus in – dalk vang iets jou oog en vind jy net die perfekte uitrusting vir die warm dae wat voorlê!

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!

✨ 'n Hele klomp nuwe voorraad het pas ingekom!Kontak ons gerus as daar iets is waarin julle belangstel, of kom loer somm...
22/07/2026

✨ 'n Hele klomp nuwe voorraad het pas ingekom!

Kontak ons gerus as daar iets is waarin julle belangstel, of kom loer sommer self in by die winkel. Ons help graag.

📞 Tel: 067 351 6931

Hier is weer 'n lekker uitverkoping vir hier kommende Vrydag 17 Julie 2026
14/07/2026

Hier is weer 'n lekker uitverkoping vir hier kommende Vrydag 17 Julie 2026

👶 Baba-items beskikbaar! 👶Ons het 'n paar baba-items, insluitend bababottels en ander benodigdhede, in die winkel ontvan...
03/07/2026

👶 Baba-items beskikbaar! 👶
Ons het 'n paar baba-items, insluitend bababottels en ander benodigdhede, in die winkel ontvang.
As jy op soek is na baba-items, of iemand ken wat dalk belangstel, kom maak gerus 'n draai by ons winkel. Ons sien uit daarna om jou te help!
English:
👶 Baby items available! 👶
We have received a selection of baby items, including baby bottles and other essentials.
If you're looking for baby items, or know someone who is, pop in and visit us. We'd love to help you find what you need!

[06/23, 17:10] Ruan: 🎉🍻 HAPPY HOUR BY ONS WINKEL WORCESTER! 🍻🎉Maak gereed vir 'n heerlike Happy Hour hierdie Vrydag by d...
23/06/2026

[06/23, 17:10] Ruan: 🎉🍻 HAPPY HOUR BY ONS WINKEL WORCESTER! 🍻🎉

Maak gereed vir 'n heerlike Happy Hour hierdie Vrydag by die een en enigste Ons Winkel Worcester!

📍 Adres:
Hoogstraat 37A
(Tussen KFC en Travelsure)
Worcester, Suid-Afrika, 6849

Kom kuier saam met vriende, geniet goeie geselskap, lekker verversings en 'n fantastiese atmosfeer. Dis die perfekte manier om die naweek af te skop!

🗓️ Hierdie Vrydag
⏰ Happy Hour – Moenie dit misloop nie!

Ons sien uit daarna om jou daar te verwelkom! 🎊

🍹🥳
[06/23, 17:10] Ruan: 🎉 Happy Hour This Friday at the One and Only Ons Winkel Worcester! 🍻

Get yourself ready for an unforgettable Happy Hour this Friday at Ons Winkel Worcester!

📍 Address:
Hoog Street 37A
(Between KFC and Travelsure)
Worcester, South Africa, 6849

Bring your friends, enjoy great vibes, and kick off the weekend the right way. Don't miss out on the fun, refreshments, and good company!

See you this Friday at Ons Winkel Worcester! 🎊🍹

Paar PS4 en rekenaar speeltjies te koop. Kontak ons gerus.
22/06/2026

Paar PS4 en rekenaar speeltjies te koop. Kontak ons gerus.

Address

Hoog Straat 37A {Tussen KFC En Travelsure}
Worcester
6849

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:30
Tuesday 08:00 - 15:30
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:30
Friday 08:30 - 15:30
Saturday 08:00 - 23:30

Telephone

+27742912752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Worcester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Worcester:

Shortcuts

Share