Wees 'n Seën
- Home
- South Africa
- Worcester
- Wees 'n Seën
Verskeie gemeenskaps projekte vir gestremdes, bejaardes en kinders in Breederivier Vallei
Address
Worcester
6850
Website
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Wees 'n Seën posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Shortcuts
Category
WEES ‘N SEëN PROJEKTE SE VERHAAL
Verskeie persone het gevra hoe het ons met hierdie projekte begin ... hier volg die verhaal van Wees 'n Seën : Ons het Oktober 2018 met iemand van Grabouw gesels wat ‘n projek, soortgelyk aan Santa Shoebox vir die behoeftige bejaardes van hulle area begin het. My ma was baie jare in Worcester in ‘n ouetehuis en ek het het gesien hoe vreeslik swaar van die bejaardes kry. Party kry slegs SASSA toelae en ander moet weer klaarkom met karige finansies. Op grond van dit het ons besluit om via Facebook vir hulle (Huis Andries Hamman) so ‘n projek te begin. Dit was die eerste tree vir “Wees ‘n Seën” projekte.
Binne omtrent ‘n week is meer bokse ontvang as wat daar behoeftige bejaardes by hulle was en het ons besef ons sal die projek ‘wyer’ moet maak. Meer as 'n honderd bokse is ontvang wat ons by Huis Andries Hamman en ander instansies uitgedeel het. Die pakkies het basiese goedjies, soos seep, sjampoe ens bevat, asook bederfgoedjies soos sjokolade, leesstof en speletjies.
Aan die begin van 2019 het ek ervaar dat ons ‘n winterprojek by name “Wees ‘n Seën met Frokkies en Sokkies” moet doen. Al vereiste was dat mense ten minste een paar warm sokkies en een frokkie in die houer moes pak en verder soos hulle harte hulle lei. Ons het verstom gestaan oor hoe groot mense se harte was en met hoeveel oordaad en liefde houers gepak is. Ons harte was dat daar geen beperking op die grootte van die houers moet wees nie. Party mense het bokse gebruik, ander het groot plastiese stoor houers gebruik. Vele het amper uit hulle nate gebars so vol was dit gepak met produkte. Ons het so baie ontvang dat ons by 6 ouetehuise asook 3 ander instansies pakkies kon uitdeel aan behoeftige bejaardes en gestremdes. My hart het oorgeloop van onbeskryflike dankbaarheid vir ons wonderlike vrygewige gemeenskap!
Ek en my man was so aangeraak elke keer wanneer ons gehoor het van die vreeslike droogte in die Noord-kaap. Omdat ons reeds die platvorm gehad het, het ons besluit om “Wees ‘n Seën Noord-Kaap Droogtehulp” projek te loots einde September 2019. Ons besluit is net weer bevestig toe ek die Heuningland staproete buite Beaufort-wes en ook Botterkloof Enduro gestap her vanaf Calvinia tot by Clanwilliam. Daar het ek eerstehands die droogte gesien, asook die stories gehoor van hartseer, moedverloor, maar ter selfdertyd ook volgehoue hoop van die boere in daardie areas.