One million Bibles for one million children

One million Bibles for one million children The One million Bibles for one million children project is a dream of Christian Literature Fund to gi

 Where is God then?"Why do the nations say, “Where is their God?” Our God is in heaven; he does whatever pleases him." P...
20/06/2026



Where is God then?

"Why do the nations say, “Where is their God?” Our God is in heaven; he does whatever pleases him." Psalm 115:2-3

 Waar is God dan!“Waarom sê die nasies (die heidene): ‘Waar is hulle God dan?’ Ons God is in die hemel; alles wat Hom be...
20/06/2026



Waar is God dan!

“Waarom sê die nasies (die heidene): ‘Waar is hulle God dan?’ Ons God is in die hemel; alles wat Hom behaag, doen Hy” (Ps 115:2,3).

Jy onthou dat ek vantevore iets geskryf het oor: “God was dáár!” Ek het verwys na die resensie oor ’n boek met dieselfde titel. Dit het gehandel oor wonderwerke in mense se lewens. My vraag daarop was: “En as die betrokke persoon (met wie die wonderwerk gebeur het) die aanval nie oorleef het nie, of nie gesond geword het nie, of…, waar was God toé?
Het dit dan beteken dat God nie daar was nie?

Ek het dit nie in ongeloof gevra nie, dit was ’n eerlike vraag oor die waaroms van die lewe, oor dinge wat jy en ek nie begryp nie. Daardeur wou ek sê: God is altyd daar, in goeie tye en ook in slegte tye. Hoe sou ons deur die slegte tye kon kom as God nie daar was nie?

Maar die vraag van Psalm 115:2 is ’n kritiese, negatiewe en ongeloofsvraag. Dis nie ’n vraag met gevoude hande en ’n smekende tong nie, maar met gebalde vuiste en spottende lippe: “Waar is hulle God nou?”

Dis ’n vraag van die heidene, die ongelowiges, wat die bestaan van ’n onsienlike, lewende en almagtige God ontken.

Maar húlle het “afgode van silwer en goud, die werk van mensehande. Hulle het monde, maar praat nie, hulle het oë, maar kan nie sien nie. Met hulle ore kan hulle nie hoor nie… of met hulle hande voel nie, of met hulle voete loop nie…” (:4-7).

Leef ons soos mense wat nie ’n God het nie, of wat dooie gode dien?
Het ons nie ook maar vir ons self gode van “silwer en goud” gemaak nie?
Húlle moet ons help in tye van swaarkry.

Teenoor hierdie magteloosheid van dooie gode, staan die lewende en almagtige God. Jy hoef nie na Hom te gaan soek nie. Hy is in die hemel, Hy sit op die troon en Hy is in beheer van alles en almal. “Alles wat Hom behaag, doen Hy”. En deur sy Gees is Hy hier by ons. Hy is ’n lewende
werklikheid. Hy staan nie ver buite ons nie.

Drie maal word dit herhaal: “Hy help en beskerm jou!” (:9-11). Hy d**k aan jou!
En vier maal word beklemtoon: “Hy seën jou!” (:12,15). Leef vandag onder sy seën en beskerming, want God is dáár!

19/06/2026
19/06/2026
 A pool full of cool spring water“He turned the rock into a pool of cool water, turned flint into fresh springwater” ( P...
19/06/2026



A pool full of cool spring water

“He turned the rock into a pool of cool water, turned flint into fresh springwater” ( Psalm 114:8 The Message).

 ’n Poel vol koel fontein-water“Hy verander ’n rots in ’n poel water en laat uit die harde klip ’n fontein uitbreek” (Ps...
19/06/2026



’n Poel vol koel fontein-water

“Hy verander ’n rots in ’n poel water en laat uit die harde klip ’n fontein uitbreek” (Ps 114:8 Die Lewende Bybel).
“He turned the rock into a pool of cool water, turned flint into fresh springwater” (The Message).

Dis wonderlik hoe ’n mens jou swaarkry-tye vergeet en net die lekker tye onthou. Die gevaar bestaan natuurlik dat jy “die goeie ou dae” van die verlede romantiseer asof dit net goed was, en die huidige tye belewe asof dit net sleg is. En tog is dit goed om terug te kyk, want dan sien jy die verloop van dinge en het jy ’n beter perspektief op die werklikheid, want jy sien dit dan binne verband.

Israel se uittog uit Egipte staan uit as een van die grootste gebeurtenisse in die geskiedenis van die bondsvolk. Psalm 114 is ’n digterlike terugkyk na hierdie gebeurtenis.

En dis opvallend dat daar nêrens verwys word na al die swaar, donker, dors en honger tye wat hulle beleef het nie. Al wat hulle sien is die genade van die Here wat ’n baie spesiale plek vir sy volk gehad het. “Judah became holy land for Him, Israel the place of holy rule” (:2 The Message).

Die grootste struikelblok vir die volk was om deur die Rietsee en deur die vol Jordaan te trek. Hulle was vasgekeer en daar was geen hoop om deur te trek nie. Geen mens kon hulle help nie. Maar God, wat in beheer is van sy hele skepping, gryp in deur ’n natuurwonder. “Die see het op die vlug geslaan en die Jordaan het teruggedraai” (:3,5).
“Die berge spring rond soos ramme en die rante soos lammers” (:6). Die aardbewing wat vrees opgewek het tydens die wetgewing by Sinaï, word nou ’n heuglike teken van oorwinning. God is by sy volk, daarom juig die ganse skepping.

Die onmoontlike word nou moontlik, want “Hy verander ’n rots in ’n poel water en laat uit die harde klip ’n fontein uitbreek”. Elke struikelblok word weggevat en dit wat ’n verleentheid was word nou ’n geleentheid. ’n Rots word nou ’n poel water en ’n harde klip word ’n fontein.

Hier d**k ons ook aan Jesus se woorde aan die Samaritaanse vrou. Sy was ’n “klip” wat ’n “fontein” geword het, want Hy sê vir haar: Die water wat Ek jou sal gee, sal in jou ’n fontein wees met water wat opborrel en vir jou die ewige lewe gee (Joh 4:14b).

Miskien is daar vandag ook vir jou ’n rots waaroor jy nie kan kom nie en ’n harde klip wat jy nie kan breek nie, en dorre grond waaruit ’n fontein nie kan vloei nie.

As God vir sy volk destyds water uit die rots laat vloei het en ’n fontein uit die klip laat breek het, kan Hy dit vandag ook doen: in jou, vir jou en deur jou.

Erken en eer Hom as die enigste, ware, ewige en lewende God. Vers 7 sê: “Jy moet bewe, aarde, as die Here aankom – want dit is Jakob se God wat kom!”

Hy bring jou by ’n poel koel fonteinwater. As jy daarvan drink sal jy tot in ewigheid nie weer dors kry nie (Joh 4:14a).

INVESTING IN OUR YOUTHCLF supported the Musa Zondo Legacy Foundation with faith formation material for their youth day w...
18/06/2026

INVESTING IN OUR YOUTH

CLF supported the Musa Zondo Legacy Foundation with faith formation material for their youth day workshop and received this heartwarming response.

“On behalf of the Musa Zondo Legacy Foundation, we would like to extend our heartfelt gratitude for your generous support towards the Talitha Koum: Arise and Become Workshop held on 16 June 2026 in commemoration of Youth Day.

Thanks to your contribution of the books and pamphlets, the workshop was a great success, attracting 65 teenagers from various backgrounds. The day provided a safe and empowering space for young people to learn, heal, grow in confidence, and develop leadership skills for their future.

We are truly grateful for your partnership and your commitment to investing in the next generation. Your generosity has helped us make a lasting difference in the lives of vulnerable youth. Thank you for believing in our vision and for helping us create opportunities for young people to arise and become all they were created to be.” - Nompiliso Maphosa

 No one is too small for the Lord"He raises the poor from the dust and lifts the needy from the ash heap; he seats them ...
18/06/2026



No one is too small for the Lord

"He raises the poor from the dust and lifts the needy from the ash heap; he seats them with princes, with the princes of his people." Psalm 113:7-8

Address

Wellington
7655

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:30

Telephone

+27218736964

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when One million Bibles for one million children posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to One million Bibles for one million children:

Share