CLF (Christian Literature Fund)

Directions Website Contact the organization

CLF (Christian Literature Fund) CLF is a non-profit organisation (020-595-NPO) supplying free and affordable Christian literature to people and organisations.http://www.clf.co.za

 The hammer is now breaking itself into pieces"How broken and shattered    is the hammer of the whole earth!How desolate...
31/10/2026



The hammer is now breaking itself into pieces

"How broken and shattered
is the hammer of the whole earth!
How desolate is Babylon
among the nations!"
“You are my war club,
my weapon for battle—
with you I shatter nations,
with you I destroy kingdoms," Jeremiah 50:23; 51:20

 Die hamer lê nou self in stukke“Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nou waaronder die hele aarde moes ly!” Jer. 50:...
31/10/2026



Die hamer lê nou self in stukke

“Hoe gebreek, hoe in stukke lê die hamer nou waaronder die hele aarde moes ly!” Jer. 50:23). “Jy was my hamer, Babel, my oorlogswapen”(Jer. 51:20).

Vanaf Jer. 46 kry ons ’n hele aantal oordeelsaankondigings: Oor Egipte (Jer. 46:2), oor die Filistyne (Jer. 47), oor Moab (Jer. 48), oor die Ammoniete (Jer. 49), oor Edom (Jer. 49:7vv), oor Damaskus (Jer. 49:23vv.) oor Kedar en Gasor (:28vv), oor Elam (:34vv.). Hulle was almal vyande van God se volk.

En dan kom die oordeelsaankondiging oor Babel (Jer. 50 en 51). Die HERE het hom soos ’n hamer gebruik, ’n oorlogswapen om ander volke en veral sy eie volk, Juda, stukkend te slaan. Nebukadnesar van Babel het Jerusalem verwoes, die tempel afgebreek, die huise afgebrand en die inwoners as ballinge weggevoer na Babel.

Maar nou is dit sy beurt, die oordeel gaan hom tref. “Betaal hom terug vir wat hy gedoen het, doen aan hom soos hy aan ander gedoen het, want hy was hooghartig teen die HERE” (Jer. 50:29).

“Skiet hom... Laat die krygsgeskreeu van alle kante af teen hom klink! Hy gee oor, sy torings val, sy mure word afgebreek! Dit is die HERE wat Hom op Babel wreek...” (Jer. 50:14,15).

“Die stad sal nooit weer bewoon word nie, niemand sal ooit weer daar bly nie. Soos God vir S***m en Gomorra en hulle buurdorpe verwoes het, sê die HERE, so sal niemand in Babel woon nie; geen mens sal daar wil bly nie” (Jer. 50:39,40).

Die hamer wat die hele wêreld stukkend geslaan het, lê nou self in stukke gebreek.

Dis ’n verskriklike les wat ons hier leer. Geen regering, volk of nasie kan ander verwoes sonder om nie self verwoes te word nie. Die geskiedenis is vol voorbeelde. Dink aan die magtige Romeinse Ryk, wat die wêreld oorheers het. Dink aan die gevreesde Kommunistiese regering van Rusland. Dink aan Nazi-Duitsland onder Hi**er.

Dink ook aan ons eie regerings, van vroeër en van nou. As die A.N.C. hulle aanmatig om te sê hulle sal regeer “tot met die wederkoms”, dan sal daar ’n massa-bekering moet plaasvind. Hulle sal met berou en belydenis en met ootmoed voor die HERE moet kom buig.

Elke leier en werker op elke terrein, van die munisipale amptenaar tot by die Staatspresident en die tradisionele leiers... elkeen sal volgens Bybelse standaarde moet optree.

Elke “hamer” wat onskuldige mense, en reg en geregtigheid, stukkend slaan, sal self stukkend gebreek word.

Maar ook jy as individu is ’n hamer. Met ’n hamer kan jy skoene versool, ’n dak opsit, duikklop doen, maar jy kan ook ruite uitslaan en ’n muur daarmee stukkend slaan en afbreek. Watter soort hamer gaan jy vandag wees? Hoe gaan jy jou hamer gebruik? Om mee te bou of te breek?

STORIES UIT... Agter die skerms – grepe uit die verledeJacqueline Leuvennink deel, in die jongste uitgawe van LEEF, met ...
30/10/2026

STORIES UIT... Agter die skerms – grepe uit die verlede

Jacqueline Leuvennink deel, in die jongste uitgawe van LEEF, met hart en siel, kosbare verhale en oomblike uit Kobus Meiring se boek, Agter die skerms.

Agter die skerms kan hier op CLF se aanlynwinkel gekoop word - https://shop.clf.co.za/product/agter-die-skerms-grepe-uit-die-verlede/
Ook beskikbaar by CLF boekwinkels in Bloemfontein en Kimberley of stuur 'n epos na [email protected]

Lééf Tydskrif

 A Lasting Covenant"“In those days, at that time,”    declares the Lord,“the people of Israel and the people of Judah to...
30/10/2026



A Lasting Covenant

"“In those days, at that time,”
declares the Lord,
“the people of Israel and the people of Judah together
will go in tears to seek the Lord their God.
They will ask the way to Zion
and turn their faces toward it.
They will come and bind themselves to the Lord
in an everlasting covenant
that will not be forgotten." Jeremiah 50:4-5

 ’n Blywende Verbond“Hulle sal huil-huil loop en na die wil van die HERE hulle God vra. Hulle sal die pad vra na Sion to...
30/10/2026



’n Blywende Verbond

“Hulle sal huil-huil loop en na die wil van die HERE hulle God vra. Hulle sal die pad vra na Sion toe, hulle sal hiernatoe kom en sê: Kom ons bind ons aan die HERE in ’n blywende verbond wat nie vergeet sal word nie” (Jer. 50:4-5).

Israel en Juda se ballingskap was net hulle eie skuld. Male sonder tal word dit gesê. Hulle het hulle self in die ellende gedompel.

Hier word drie dinge gesê: hulle het hulle vaste rusplek vergeet, hulle ware tuiste verbeur en hulle enigste hoop verloor (Jer. 50:6,7).

Maar wat hier belangrik is om raak te sien is dat dit gesê word in die konteks van Jer. 50 wat gaan oor God se oordeel oor Babel. Die straf gaan nie meer oor die Godsvolk nie, maar oor die vyande van die Godsvolk.

As ons kyk na vers 4-5 dan sien ons dat die HERE sy doel met sy straf bereik het. Sy volk sal huil-huil loop. Daar is by hulle ’n diep berou en ’n hartsommekeer: Hulle vra nou na die wil van die HERE.

Eers het hulle hul eie kop gevolg en hulle eie wil gedoen, wat in stryd was met God se wil. Maar nou het daar ’n wending gekom.

Dit is wat in elke mens en volk se lewe moet gebeur. As die HERE jou hart verander en jou denke vernuwe, “dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Rom. 12:2).

En omdat hulle nou sy wil soek en ken, vra hulle die pad na Sion toe. Hulle wil terug gaan om reg te maak wat verkeerd was, en om hulle aan die HERE te verbind met ’n blywende verbond.
’n Nuwe hart vra ’n nuwe wil, ’n nuwe pad en ’n nuwe verbond.

Die blywende verbond wat die HERE met jou gesluit het is toe Hy gesê: Ek het jou lief met ’n ewige liefde. Ek vat jou hand, Ek hou jou vas en Ek sal jou nooit weer los nie.

 The return to Egypt"So Johanan son of Kareah and all the army officers and all the people disobeyed the Lord’s command ...
29/10/2026



The return to Egypt

"So Johanan son of Kareah and all the army officers and all the people disobeyed the Lord’s command to stay in the land of Judah. Instead, Johanan son of Kareah and all the army officers led away all the remnant of Judah who had come back to live in the land of Judah from all the nations where they had been scattered. They also led away all those whom Nebuzaradan commander of the imperial guard had left with Gedaliah son of Ahikam, the son of Shaphan—the men, the women, the children and the king’s daughters. And they took Jeremiah the prophet and Baruch son of Neriah along with them. So they entered Egypt in disobedience to the Lord and went as far as Tahpanhes." Jeremiah 43:4-7

 Die terugtog na Egipte“Joganan, die leëraanvoerders en die manskappe wou nie een die HERE gehoorsaam en in Juda bly nie...
29/10/2026



Die terugtog na Egipte

“Joganan, die leëraanvoerders en die manskappe wou nie een die HERE gehoorsaam en in Juda bly nie. Hulle het almal saamgevat wat van Juda oorwas... mans, vrouens en kinders, en ook die prinsesse en al die ander wat...onder die sorg van Gedalja geplaas was, ook die profeet Jeremia en Baruk...Joganan-hulle het die HERE nie gehoorsaam nie en is na Egipte toe. Daar het hulle in Tagpanges aangekom” (Jer. 43:4-7).

Ons praat gewoonlik van die uittog uit Egipte. Nou moet ons met hartseer vertel van die TERUGTOG NA EGIPTE.

Maar die slegte nuus is dat hierdie terugtog nie die HERE se goedkeuring weggedra het nie, maar dat dit teen sy wil en duidelike opdrag was. Daarom kon hulle geen seën daarop verwag nie.

Met die uittog uit Egipte het die HERE hulle aanmekaar verseker: “Ek is met julle. Ek gaan voor julle uit en Ek kom agter julle aan”.

Maar met die terugtog na Egipte het die HERE vir hulle gesê: Julle bring ’n ramp oor julleself, oor elke man en vrou, elke kind en suigeling uit Juda, sodat daar niks van julle oor is nie (Jer. 44:7)

Wanneer bring mens ’n ramp oor jouself?

•Wanneer jy teen die wil en opdrag van die HERE gaan: “As julle in hierdi eland bly, sal Ek julle bou en julle nie platslaan nie” (Jer. 42:10). Maar as julle besluit om Egipte toe te gaan en daar bly, sal die oorlog waarvoor julle bang is, julle daar inhaal, en die hongersnood wat julle vrees, sal julle daarheen volg, en julle sal daar sterf (Jer. 42:13-17). (Vgl. ook Jer. 43:2,4-6).Daarom moet jy altyd seker maak wat die wil van die HERE is.

•Wanneer jy aan “ander gode” offers bring. Só roei jy jouself uit (Jer. 44:8,23).

•Wanneer jy geen berou oor jou sonde het nie en daar geen verandering is nie (Jer. 44:10).

•Wanneer jy aan die HERE ongehoorsaam is en volhard in jou sonde. HierdieJudeërs wat teruggegaan het na Egipte het in heidendom verval en uiteindelik vir Jeremia gesê: “Ons gaan nie luister wat jy vir ons sê in die Naam van dieHERE nie. Ons sal bly doen wat ons beloof het: ons sal vir die hemelkoningin wierookoffers bring en drankoffers uitgiet net soos ons, ons voorvaders, ons konings en amptenare in die stede van Juda en op die strate van Jerusalemgedoen het...” (Jer. 44:16,17).

Daarom bevestig die HERE die ramp wat hulle oor hulleself gebring het: “Ek sal nou lettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie” (Jer. 44:27 Vgl. ook :14).

Elke mens en volk en nasie is verantwoordelik vir hulle eie ondergang.

Dis beter om in die wil van die HERE te staan as om vir jou moeilikhede weg te hardloop. Onthou, die HERE kyk verder as ons. Hy weet altyd wat vir jou die beste is, daarom waarsku Hy jou. Hy soek nie jou dood nie, maar jou lewe!

Moenie teruggaan na die ou lewe in Egipte nie, want jy het met die ou sondige lewe gebreek. Leef nou die nuwe lewe van opstaan en oorwin!

 Your life is at risk"“Remnant of Judah, the Lord has told you, ‘Do not go to Egypt.’ Be sure of this: I warn you today....
28/10/2026



Your life is at risk

"“Remnant of Judah, the Lord has told you, ‘Do not go to Egypt.’ Be sure of this: I warn you today...So now, be sure of this: You will die by the sword, famine and plague in the place where you want to go to settle.”" Jeremiah 42: 19,22

Address

19 Oudepont Street
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CLF (Christian Literature Fund) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to CLF (Christian Literature Fund):

Shortcuts

Share

Nearby non profit organizations