ACVV Dienssentrum Upington

ACVV Dienssentrum Upington Ons doel is om ouer persone in staat te stel om so lank as moontlik in hul eie huise te woon.

02/06/2026
Baie dankie aan UPINGTON NOORD Kerk gemeente.Jul basaar het  n bydrae aan ons  Dienssentrum gemaak in die vorm van  Poed...
20/05/2026

Baie dankie aan UPINGTON NOORD Kerk gemeente.
Jul basaar het n bydrae aan ons Dienssentrum gemaak in die vorm van Poedings, gaar braaivleis en 10 lt pannekoekdeeg.
Maandag oggend tydens ons Senior Aerobiese klasse, was daar vreugde, verrassings en dankbaarheid. Elkeen het 'n braaivleisie en bakkie poeding ontvang.
Na die oefeninge het daar gou-gou 4 baasbaksters ingespring en daardie deeg verander na heerlike vars warm pannekoek. Elke bejaarde wat die Dienssentrum besoek het, het lekker gesmul aan pannekoek. Lede het ook met graagte pannekoek saamgeneem na hul bure en afgegee soos wat hul teruggestap het na hul huise . Dankbaarheid en vreugde was groot.
Vir ons was die kosbaarste van dit alles, dat daar nie van ons bejaardes vergeet word nie. Die omgee aan ons gemeenskap van Upington en hul liefde vir ons bejaardes, word opreg waardeer.
Baie dankie aan elkeen wat deel het hieraan op watter wyse ookal. Mag God vir julle ook ryklik seen

Waar kry jy daardie hoed?Is hulle nie net sooo kosbaar nie!Kyk hoe lyk dit op en om  hierdie tafel!Dit kuier, gesels, br...
15/05/2026

Waar kry jy daardie hoed?

Is hulle nie net sooo kosbaar nie!
Kyk hoe lyk dit op en om hierdie tafel!
Dit kuier, gesels, brei. Eensaam?
Nooit!!! Nie by ons Dienssentrum vir Bejaardes in Upington nie.

As enige iemand oorskiet wolletjies het? Skenk aan ons Dienssentrum asseblief.
Ons pragtige dames verwerk dit. Handskoene, serpies, mussies poppies, knie-kombersies, hanger-oortreksels. Ons
versprei aan kindertjies en gestremdes en ons verkoop ook om dan weer ons fondse te versterk vir ons volgende "Besige Bejaarde Bytjie" projek.

12/05/2026

๐ˆ๐ง๐ญ๐ž๐ซ๐ง๐š๐ญ๐ข๐จ๐ง๐š๐ฅ ๐๐ฎ๐ซ๐ฌ๐ž๐ฌ ๐ƒ๐š๐ฒ - ๐ˆ๐ง๐ญ๐ž๐ซ๐ง๐š๐ฌ๐ข๐จ๐ง๐š๐ฅ๐ž ๐•๐ž๐ซ๐ฉ๐ฅ๐ž๐ž๐ ๐ค๐ฎ๐ง๐๐ข๐ ๐ž๐๐š๐ : Op Internasionale Verpleegkundigedag wil ons alle verpleegkundiges bedank vir hulle toewyding aan en versorging van ouer persone in residensiรซle fasiliteite. Julle deernis, geduld en onwrikbare toewyding maak โ€™n diepgaande verskil in die lewens van diรฉ wat op julle sorg staatmaak. Baie dankie vir julle waardevolle diens.

On this International Nurses Day we salute all nursing staff for their commitment to the care of older persons in residential facilities. Thank you for your valuable services.

Bingo bly maar Bingo!!!!Kyk net die konsentrasie. Een van ons heerlike aktiwiteite by Dienssentrum.Dankie Rotariรซrs!!!
12/05/2026

Bingo bly maar Bingo!!!!
Kyk net die konsentrasie.
Een van ons heerlike aktiwiteite by Dienssentrum.
Dankie Rotariรซrs!!!

LOOPRAAM MET WIELETJIES WAT OOK TOEVOU GOEIE TOESTAND TE KOOP ..R800Kontak  Nico Pretorius 0734544419
05/05/2026

LOOPRAAM MET WIELETJIES WAT OOK TOEVOU
GOEIE TOESTAND
TE KOOP ..R800
Kontak Nico Pretorius
0734544419

ACVV Dienssentrum Upington Ons bejaardes het hierdie week vrolike langbeen sleutelhouers gemaak.Lekker suurlemoenstroop ...
26/04/2026

ACVV Dienssentrum Upington
Ons bejaardes het hierdie week vrolike langbeen sleutelhouers gemaak.

Lekker suurlemoenstroop en
heerlike gesonde dadelballetjies in klapper gerol . Party het natuurlik die gerieflike kortpad gekies en die beslag sommer net vasgedruk in n bak om later by die huis in blokkies te gaan sny.
Wonder nogal hoeveel is daarvan oor?
Ons Dienssentrum Organiseerder het geen einde nie, en natuurlik...ons bejaardes ook nie.
Oooo lief julle !!!

Aanstap...aanstap...Die SPUR wag geduldig....Ons sal kruip,  maar ons is oppad!!!So word 'n paar van ons bejaarde lede v...
18/04/2026

Aanstap...aanstap...
Die SPUR wag geduldig....
Ons sal kruip, maar ons is oppad!!!
So word 'n paar van ons bejaarde lede van Dienssentrum vir Bejaardes Upington, vandag deur 'n geliefde sakeman van Upington bederf .
DANKIE vir jou mooi hart
DANKIE vir jou raaksien
DANKIE vir jou omgee.

Handwerk deur ons eie senior lede... en vele meer.KINDERTRUIE EN GORGDYNE TE KOOP Kontak vir Hannetjie by die ACVV DIENS...
18/04/2026

Handwerk deur ons eie senior lede... en vele meer.
KINDERTRUIE EN GORGDYNE TE KOOP
Kontak vir Hannetjie by die ACVV DIENSSENTRUM vir Bejaardes
by 0662264743 indien jy belang stel
GEHEKELDE KNIEKOMBERSIES ook beskikbaar

Address

1st Avenue, Oosterville, Eureka Woonkompleks
Upington
8801

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27543325996

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACVV Dienssentrum Upington posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ACVV Dienssentrum Upington:

Share