Engo Najaarsrus Sentrum vir Bejaardes

Directions Website

Engo Najaarsrus Sentrum vir Bejaardes Kry gemoedsrus vir jou aftrede, kom na Najaarsrus vir 'n veilige, bekostigbare en goed toegeruste af

01/11/2026
🌷 Gelukkige Baasdag aan ’n besonderse bestuurderes! 🌷Vandag wil ons vir jou dankie sê vir die wonderlike leier wat jy is...
16/10/2026

🌷 Gelukkige Baasdag aan ’n besonderse bestuurderes! 🌷

Vandag wil ons vir jou dankie sê vir die wonderlike leier wat jy is. Dit is nie altyd maklik om ’n ouetehuis te bestuur nie, want dit vra ’n groot hart, baie geduld, begrip en liefde vir ander.

Dankie vir jou harde werk, jou leiding en die omgee waarmee jy elke dag na ons inwoners en personeel omsien. Jy skep 'n omgewing waar mense veilig, geliefd en versorg voel.

Mag jy vandag besef hoe waardevol jy is en hoeveel jou werk en toewyding beteken. Mag die Here jou ryklik seën met krag, wysheid, gesondheid en vreugde, en mag Hy jou elke dag die moed gee om voort te gaan met die mooi werk wat jy doen.

❤️

Gooi & Gesels!!Lekker saam gekuier 🥰🥰🥰🥰🥰🥰🥰
09/10/2026

Gooi & Gesels!!
Lekker saam gekuier 🥰🥰🥰🥰🥰🥰🥰

💜 Alzheimer’s Dag 2026 💜Vanjaar het ons Alzheimer’s Dag op ’n spesiale en prettige manier gevier. Ons het gemmermannetji...
21/09/2026

💜 Alzheimer’s Dag 2026 💜
Vanjaar het ons Alzheimer’s Dag op ’n spesiale en prettige manier gevier. Ons het gemmermannetjies laat versier deur ons bejaardes, waarna dit gebak en geniet is. 🍪👩‍🍳👨‍🍳
Dit was ’n heerlike geleentheid vol kreatiwiteit, lag en kosbare oomblikke saam. Ons is dankbaar vir elke glimlag en die spesiale herinnering.

Namens die bestuur en inwoners wil ons ons opregte dank en waardering uitspreek vir die Parys Distriks Boere unie se rui...
18/09/2026

Namens die bestuur en inwoners wil ons ons opregte dank en waardering uitspreek vir die Parys Distriks Boere unie se ruimhartige borgskap met die opknapping van ons eetsaal.
Danksy u vrygewigheid het ons eetsaal 'n pragtige nuwe voorkoms gekry. Die nuwe gordyne, vars verf, mooi tafeldoeke en die nuwe hoekblad het die ruimte omskep in 'n warm, netjiese en uitnodigende omgewing waar ons inwoners hul etes met trots en gemak kan geniet.
U ondersteuning beteken vir ons baie meer as net die fisiese verbeterings – dit bring vreugde, waardigheid en 'n gevoel van omgee aan elke inwoner wat daagliks van hierdie ruimte gebruik maak.
Baie dankie dat u 'n verskil in ons inwoners se lewens maak. Ons waardeer u betrokkenheid en vertrou dat u goedhartigheid ryklik beloon sal word.
Met opregte dankbaarheid.

14/09/2026

Vir Mary Coetzee is die voorreg beskore om vanjaar 'n eeu sedert haar geboortedag te kon vier.

Tannie Mary Coetzeeword 100!!’n Honderd jaar is ’n merkwaardige mylpaal.Dit verteenwoordig ’n leeftyd vol herinneringe, ...
08/09/2026

Tannie Mary Coetzee
word 100!!

’n Honderd jaar is ’n merkwaardige mylpaal.

Dit verteenwoordig ’n leeftyd vol herinneringe, liefde, uitdagings, vreugdes en God se genade. Vandag kyk ons met dankbaarheid terug op ’n lang en geseënde lewenspad, en ons vier nie net die jare nie, maar ook die mens wat tannie geword het en die liefde en wysheid wat tannie met soveel mense gedeel het.

Address

64 Dolf Street
Parys

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Engo Najaarsrus Sentrum vir Bejaardes posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share