12/06/2026
โค๏ธ Matters of the Heart - Breast Cancer Support Group | 9 Junie 2026 โค๏ธ
Ons Junie-ondersteuningsgroepbyeenkoms het gefokus op "Matters of the Heart", die baie kamers van die hart wat hoop, moed, dankbaarheid, liefde, krag, vrese en uitdagings huisves.
Deelnemers het eerlik gedeel oor wat hul harte swaar maak, wat hulle hoop gee, wie vir hulle liefde gewys het tydens hul reis, en wat hulle van ander nodig het.
Mense wil gesien en gehoor word, met respek, liefde, geduld en erkenning behandel word.
Musiek het 'n spesiale plek in die gesprek ingeneem. Dit bring troos en hoop en lig ons gees, ongeag die uitdagings van die dag.
Ons het ook gesels oor dankbaarheid, positiewe denke en die belangrikheid daarvan om na ons emosionele harte om te sien. Soos een deelnemer mooi verwoord het: "You are the creator of your own happiness."
Ons het geleer dat 'n "gebroke hart" nie net 'n spreekwoord is nie. Broken Heart Syndrome is 'n werklike toestand wat deur intense emosionele stres veroorsaak kan word. Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan om aandag te gee aan ons emosionele gesondheid en om ondersteuning te aanvaar wanneer die lewe swaar raak.
'n Spesiale woord van dank aan Elana Botes vir haar besonderse aanbieding. Jou insig, warmte en opregte betrokkenheid het ons harte geraak en baie stof tot nadenke gegee.
Baie dankie ook aan Debbie De Klerk en Amanda Shelver vir al die moeite met die heerlike hartskos en verversings.
'n Opregte dankie aan The Local Choice Pharmacy Groot Brak, vir die skenking van produkte en hul vriendelike ondersteuning. Julle omgee maak 'n verskil.
Dankie aan elke persoon wat deelgeneem, geluister, gedeel en aangemoedig het. Saam vind ons hoop, krag en verbinding, een hart op 'n slag.
Soos Bob Marley sing in "Three Little Birds": "Don't worry about a thing, 'cause every little thing is gonna be alright."
Eden Oncology