Servanthood Riders

Servanthood Riders Servanthood Riders MCC se storie gaan nie net oor motorfietse nie; dit gaan oor mense, geloof en die keuse om te dien waar dit saak maak!

Big shout out to our newest top fans! đź’Ž Winnie Rabie, Angelique BothaDrop a comment to welcome them to our community,
26/08/2026

Big shout out to our newest top fans! đź’Ž Winnie Rabie, Angelique Botha

Drop a comment to welcome them to our community,

Die afgelope naweek was ’n besonderse een vir Servanthood Riders! Ons KwaZulu-Natal Suidkus "Chapter" het ses nuwe "pros...
26/08/2026

Die afgelope naweek was ’n besonderse een vir Servanthood Riders!

Ons KwaZulu-Natal Suidkus "Chapter" het ses nuwe "prospects gepatch". Dit was ’n trotse mylpaal wat wys hoe ons klub aanhou groei en uitbrei!

Aan ons nuwe "prospects", welkom by die familie! Ons sien uit na baie veilige kilometers, goeie herinneringe en sterk kameraadskap saam.

Ons groei nie net in getalle nie, maar ook in broederskap en diensbaarheid.

Sluit nou aan en word ook deel van ons dinamiese motorfiets klub - https://servanthood.co.za

Soms is die lekkerste ritte dié wat op die laaste minuut aanmekaar geslaan word!’n Paar lede was die naweek lus vir rond...
25/08/2026

Soms is die lekkerste ritte dié wat op die laaste minuut aanmekaar geslaan word!

’n Paar lede was die naweek lus vir rondrits, en toe maak ons sommer gou ’n plan, want waar daar ’n wil is, is daar ’n weg!

Ons het by Seattle Coffee vertrek na Dinokeng Game Reserve as ons eerste stop. Daarna het ons ’n heerlike ontbyt by Tshikwalo Lodge geniet en toe koers gekies na Mongena Private Game Reserve, waar ons tussen die pragtige diere rondgery het!

Ná middagete by die Kingfisher Restaurant het ons weer die pad huis toe gevat. Lekker paaie, goeie geselskap en hope pret!

Wil jy volgende keer saamry?
Besoek https://www.servanthood.co.za nou en sluit aan!

Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Marthinus Visser, Terek Herbst
19/08/2026

Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Marthinus Visser, Terek Herbst

19/08/2026

UITNODIGING AAN DIE PUBLIEK: BABATEE BY DEI GRATIA SE LIGGIEFEES

Kom kuier van 1–5 September 2026 saam by Gratia Kerk se Liggiefees in Centurion en help ons om liefde en hoop aan ’n kosbare klein lyfie te gee.

Pak ’n doeksak—nuut of in ’n goeie gebruikte toestand—vol bababenodigdhede en bring dit saam. Elke doek, kombersie, bottel, kledingstukkie en versorgingsproduk kan ’n betekenisvolle verskil in ’n baba se lewe maak.

📅 Dinsdag–Donderdag: 18:00–21:00
📅 Vrydag–Saterdag: 15:00–21:00
📍 12 Boyle Street, Pierre van Ryneveld Park, Centurion

Kan jy nie die Babatee bywoon nie? Jy is steeds welkom om jou doeksak of babaskenking tydens die Liggiefees af te laai.

Kom geniet ’n heerlike gemeenskapsfees en ondersteun saam met Dei Gratia en babas en gesinne wat ons hulp die nodigste het.

Bring liefde vir ’n klein lyfie.

Deel gerus hierdie plasing—saam kan ons meer mense bereik en meer babalyfies se lewens aanraak! Servanthood Riders

16/08/2026

WAT ’N LEKKER KUIER-WEEK BY ATTSA!

Ons harte loop oor van dankbaarheid ná ’n week vol verrassings, kuier en mooi gemeenskapsgees!

Die Servanthood Riders het ons kinders met hulle motorfietse kom bederf — groot opgewondenheid, breë glimlagte en ’n ervaring wat hulle nie gou sal vergeet nie! Die kuier is sommer nóg lekkerder gemaak met vars eiers vanuit ons Knopjeslaagte-projek.

Ons was ook bevoorreg om Dei Gratia Gemeente te ontvang. Ons het met trots ons verskillende projekte aan hulle gewys, stories gedeel en saam gesels oor waar ons hande kan vat om ’n groter verskil te maak.

Baie dankie aan Servanthood Riders en Dei Gratia Gemeente dat julle ons hande sterk maak. Wanneer ’n gemeenskap saamstaan, word hoop sigbaar en kan ons saam vorentoe beweeg. Servanthood Riders

Gister het Servanthood Riders saam met ATTSA hulle LoerToer meegemaak. Wat ’n aangrypende en onvergeetlike ervaring!By e...
15/08/2026

Gister het Servanthood Riders saam met ATTSA hulle LoerToer meegemaak.

Wat ’n aangrypende en onvergeetlike ervaring!

By elke projek, veral die skooltjie in Danville, het ons gesien hoe ware barmhartigheid lyk. Nie net ’n skenking en aanstap nie, maar om mense raak te sien, hulle nood te verstaan en daadwerklik betrokke te raak.

Ons het eerstehands gesien hoe hulle ’n werklike verskil in mense se lewens maak. Die dag saam het ons diep geraak en ’n mens weer laat besef hoe groot die nood is.

Ons het met baie meer huis toe gegaan as waarmee ons daar aangekom het. Dankie, ATTSA, vir die ongelooflike werk wat julle doen. Ons is trots om saam met julle hande te vat.

Hier word nie net gepraat nie. Hier word geDOEN!

Big shout out to our newest top fan! đź’Ž Winnie RabieDrop a comment to welcome them to our community,
14/08/2026

Big shout out to our newest top fan! đź’Ž Winnie Rabie

Drop a comment to welcome them to our community,

08/08/2026

Servanthood Riders is 'n bietjie laf saam met Afrikaanse Toekomstrust SA (ATTSA)!

Servanthood Riders

Address

Vaalwater Rd (R33)
Modimolle
0510

Telephone

+27799439432

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Servanthood Riders posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Servanthood Riders:

Shortcuts

Share