Servanthood Riders

Call Directions Contact the organization

Servanthood Riders Servanthood Riders MCC se storie gaan nie net oor motorfietse nie; dit gaan oor mense, geloof en die keuse om te dien waar dit saak maak!

🏍️❤️ SERVANTHOOD RIDERS SE UITREIK NA HUIS STILBAAI ❤️🏍️Wat ’n besondere dag van omgee, diensbaarheid en liefde!Servanth...
10/10/2026

🏍️❤️ SERVANTHOOD RIDERS SE UITREIK NA HUIS STILBAAI ❤️🏍️

Wat ’n besondere dag van omgee, diensbaarheid en liefde!

Servanthood Riders het ’n uitreik na Huis Stilbaai onderneem en weereens bewys dat ons as motorfietsryers nie net lief is vir die oop pad nie, maar ook ’n hart het vir ons medemens. ❤️

Altesaam ongeveer 26 bikes het die pad aangedurf om deel te wees van hierdie besondere uitreik. Die meeste ryers het meer as 100 km afgelê om daar uit te kom! 🏍️ Dit wys net hoeveel hierdie saak vir ons lede beteken.

En nee, dit was nie net die inwoners wat lus was vir ’n bietjie motorfietsry nie! 😉 Ons oudste pillion was maar liefst 92 jaar oud! ❤️ Wat ’n wonderlike bewys dat die liefde vir motorfietse en avontuur geen ouderdomsperk het nie!

As deel van hierdie uitreik het Servanthood Riders se Wes-Kaap-tak, onder leiding van president Corrie van der Westhuizen, grootmensdoeke aan Huis Stilbaai geskenk. ❤️🙏 ’n Praktiese en betekenisvolle bydrae wat ondersteuning en verligting aan die inwoners bied.

Dit was soveel meer as net ’n motorfietsrit. Dit was ’n geleentheid om tyd te gee, harte aan te raak, glimlagte te bring en te wys dat omgee steeds ’n groot verskil in mense se lewens maak.

’n Hartlike dankie aan president Corrie van der Westhuizen en Servanthood Riders se Wes-Kaap-tak vir hul ruimhartige bydrae, asook aan elke biker wat die kilometers afgelê het om hierdie uitreik moontlik te maak. Julle maak ons trots! ❤️

Servanthood Riders – ons ry met ’n doel, ons dien met liefde en ons maak ’n verskil, een uitreik op ’n slag! 🏍️🙏❤️

Thanks for being a top engager and making it on to our weekly engagement list! 🎉 Dalene Wannenburg, Hugo Delport, Winnie...
06/10/2026

Thanks for being a top engager and making it on to our weekly engagement list! 🎉 Dalene Wannenburg, Hugo Delport, Winnie Rabie, Pieter Le Roux, Anel Swanepoel Stapelberg

Chosen Soldiers MC Charity Event – 3 OktoberDie Servanthood Riders het by die venue bymekaargekom en die dag saam met di...
05/10/2026

Chosen Soldiers MC Charity Event – 3 Oktober

Die Servanthood Riders het by die venue bymekaargekom en die dag saam met die Chosen Soldiers MC en ander MC’s by Drum & Monkey deurgebring.

Die foto’s vang van die besondere oomblikke van die dag vas. Dit was ’n dag vol pret, goeie geselskap en lekker saamkuier. Almal het dit terdeë geniet!

’n Groot dankie aan almal wat bygedra het om die dag so spesiaal te maak. 🏍️💥👊

Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026Dag 4:Na ñ goeie nagrus is ons almal vroeg uit die ve...
27/09/2026

Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026

Dag 4:

Na ñ goeie nagrus is ons almal vroeg uit die vere vir ñ Maluti Mountain Lodge ontbyt. 🍳🥓🍞☕

Voor die terugtog huistoe aangepak word na ñ baie suksesvolle en prettige naweek, groet ons mekaar met die vooruitsig van gou-weer-sien. 🏍️🧡👊





Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026Dag 3:Na ñ goeie nagrus en heerlike ontbyt begin ons ...
27/09/2026

Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026

Dag 3:

Na ñ goeie nagrus en heerlike ontbyt begin ons opwindendste oggend van die naweek met ñ Skattejag!

Drie spanne pak die 4 Take met geesdrif, ywer en opgewondenheid aan.

Vet pret, spangees en hope fotos maak die dag ongelooflik!

Ons kom almal weer bymekaar die aand vir nog hope pret en lag en ñ tuisgekookte aandete en poeding uit die boeke.

Ons sluit ons aand af met die tevredenheid van ñ asemrowende dag!





Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026Dag 2:Ons begin ñ vars, pragtige Vrydag-oggend met ñ ...
27/09/2026

Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026

Dag 2:

Ons begin ñ vars, pragtige Vrydag-oggend met ñ heerlike ontbyt soos net Maluti Mountain Lodge personeel dit kan doen.

Na ontbyt doen ons ñ uitrit na Golden Gate Nasionale Park met sy asemrowende uitsigte.

Die Blesbok Loop stel glad nie teleur nie.

Die res van die middag word rustig spandeer voor ons almal weer bymekaar kom vir ñ uitstekende aandete en ons "Donkey Derby" wat vet pret oplewer en groepgees bou. 🐴🐎🦓

Die aand word afgesluit op ñ prettige wyse en elkeen kan tevrede gaan inkruip.





Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026Dag 1:Die groep ontmoet by Shell Ultra City Midrand v...
27/09/2026

Servanthood Riders National Rally in Clarens 24 - 27 September 2026

Dag 1:

Die groep ontmoet by Shell Ultra City Midrand vroegoggend vir ons vertrek na Servanthood Riders se Nasionale Rally te Clarens in die Vrystaat.

Met ñ groot opgewondenheid groet ons en fotos vang die oomblik vas.

Ons vertrek op ons padreis as ñ pak en kom veilig aan by Maluti Mountain Lodge waar ons die naweek vol beplande pret gaan deurbring.

Ons braai heerlik saam en sluit ons eerste aand af met ñ moeg tevredenheid. 🏍️





Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Belinda Mitchell, Johan Vosloo
26/09/2026

Shout out to our newest followers! Excited to have you onboard! Belinda Mitchell, Johan Vosloo

Thanks for being a top engager and making it on to our weekly engagement list! 🎉 Hugo Delport, Winnie Rabie, Petro Voges...
24/09/2026

Thanks for being a top engager and making it on to our weekly engagement list! 🎉 Hugo Delport, Winnie Rabie, Petro Voges, Marinda Van Der Merwe, Henk Marques Hermann

Vroeg vanoggend het ons saam met die manne van Dei Gratia by hulle Mannenetwerk aangesluit.’n Lekker oggend saam met man...
19/09/2026

Vroeg vanoggend het ons saam met die manne van Dei Gratia by hulle Mannenetwerk aangesluit.

’n Lekker oggend saam met manne, goeie gesprekke, en natuurlik kondensmelk-koffie! Maar meer as dit is dit ‘n geleentheid om saam te droom, bande te bou en te leer!

Dankie aan Danie Lodder en die Dei Gratia-span vir die uitnodiging en gasvryheid. Ons het dit opreg geniet!

Wanneer manne bymekaarkom met ’n doel, gebeur daar iets besonders.

Ons DAAG OP. 👊

Address

Vaalwater Rd (R33)
Modimolle
0510

Telephone

+27799439432

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Servanthood Riders posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Servanthood Riders:

Shortcuts

Share