Aksie Opknap NPC

Aksie Opknap NPC Aksie Opknap is 'n Geen-wins organisasie - gestig deur die Gemeenskap vìr die Gemeenskap. Ons het ook 'n projek genoem "Ad

Ons 'knap' areas soos begraafplase,paaie,dorps-ingange en alle aangemelte areas op d.m.v borge vanaf Sakemanne en Gemeenskapslede.

23/05/2024
Waterberg sakekamer, Aksie Opknap en Megs is nou tans besig met Opknap werk by Hoërskool Nylstroom en dorps damwal vir d...
22/05/2024

Waterberg sakekamer, Aksie Opknap en Megs is nou tans besig met Opknap werk by Hoërskool Nylstroom en dorps damwal vir die volgende 3 dae. As enige iemand dalk n koeldrank, Kos of kontant wil skenk is julle welkom skakel Barlisa by 067 372 6965

Aksie Opknap wil graag vandag van die geleentheid gebruik maak om ons dankbaarheid teenoor ons lede uit te spreek:Baie d...
21/05/2024

Aksie Opknap wil graag vandag van die geleentheid gebruik maak om ons dankbaarheid teenoor ons lede uit te spreek:

Baie dankie aan Derrick Rabie wat getrou die eilande oorkant Hoërskool Nylstroom tot bo by Hans Campher sny en skoonhou.
Ons is dankbaar vir Steven Rabie wat gereeld die parkie in Boshoff straat sny. Dit lyk spoggerig en kan gerus besoek word.

Bosveldsig Forum wat hand aan hand saam met Aksie Opknap werk om ons dorp mooi te maak en skoon te hou.

Aksie Opknap is ‘n niewinsgewende organisasie wat beteken dat baie van die lede wat in en om die dorp werk dit uit hul eie sakke doen sonder vergoeding.

Indien enige iemand betrokke wil raak of ‘n bydrae wil lewer, sal ons dit opreg waardeer.
Ons kort soms gewilliges wat kan help rommel optel en wegry, bome wat gesnoei moet word, brandstof, verf of ‘n donasie.

Ons sal Aksie Opknap se bankbesonderhede ook aanheg. Ons daag besighede uit wat langs die pad adverteer (wie se borde skoongesny word) om te help borg. Saam is ons sterker!

Skakel gerus vir Steven of Derrick indien u dalk fisies betrokke wil raak. 0836580986 of 0794807993

Aksie Opknap het die gras by die park in Boshoff straat gesny, bome gesnoei en skoongemaak. ń Groot dank aan die volgend...
10/02/2024

Aksie Opknap het die gras by die park in Boshoff straat gesny, bome gesnoei en skoongemaak.

ń Groot dank aan die volgende persone wat daarvoor verantwoordelik was:

-Steven Rabie en Arno du Toit vir die sny van die park en snoei van bome.

-Hein van Taxidermy wat gehelp het om takke weg te ry.

-Pieter se werkers wat die park skoongemaak het.

-Bertus van Aardt vir die skenking van fondse.

SAAM IS ONS STERKER!

Ons wil jou graag uitnooi na die official launch van die Marlene van Staden Breast Cancer Awareness Foundation. Hou asb ...
23/09/2023

Ons wil jou graag uitnooi na die official launch van die Marlene van Staden Breast Cancer Awareness Foundation. Hou asb hierdie dag oop!

Huldeblyk aan ons liewe Marlene. Ons Burgermeester.Aksie Opknap wil ook graag ń huldeblyk lewer aan ons liewe Marlene. O...
14/06/2023

Huldeblyk aan ons liewe Marlene. Ons Burgermeester.

Aksie Opknap wil ook graag ń huldeblyk lewer aan ons liewe Marlene. Ons het net liefde en respek vir haar gehad oor die 5 jaar periode waar sy ons ondersteun het, saam beplan en saam met haar verskeie projekte aangepak het.

Indien iemand nie geweet het sy is die burgermeester, sou haar natuurlike optrede dit nooit weggegee het nie.
Sy het vertel, dat by ń sekere funksie die mense gesê het, hulle wag nou net vir die burgermeester......sy het so gelag en gesê....: "maar dis ek" 😜🤣🤣🙏

Een van ons beste projekte was die mooi maak van Stadsraad tuine en inhuldiging van nuwe naamborde.
Daar was vroeëre stadsraadslede, Amptenare en oud burgermeester (Mias Nieuwoudt) teenwoordig.
Baie skole in ons gemeenskap het verteenwoordigers gestuur. Van die kinders het die nuwe landsvlag en stadsraadvlag gehys.
Dit was die eerste keer dat ek haar met amptelike burgermeester ketting gesien het.

Ek het haar altyd Hadassah (Hebreeus vir Ester) genoem....wanneer ek haar vra wat is jou naam?.....dan sê sy Ester.
Ester was ń vrou gestuur vir ń tyd soos hierdie. Kom uit die Bybel.

Pastoor Jan van Koinonia en ons, asook ander lede van die gemeenskap het die voorreg gehad om verskeie kere saam met haar in haar kantoor saam te bid, oor sake van die gemeenskap🙏

Dit is my bede dat ons Marlene laat voortleef in ons gemeenskap, deur haar voorbeeld van geloof in haar Here, werksywer en integriteit te volg. Dis haar "Legacy" vir ons as gemeenskap, maar ook ń groot deel van ons land.

Sy het saam met ons, ons leuse uitgeleef.
RAAK BETROKKE
SAAM IS ONS STERKER!

Elkeen kan ń verskil maak op sy eie manier.

Aksie Opknap
Erna Human

Aksie Opknap en vrywilligers, gaan vandag 24 Februarie  boshoffstr parkie skoonmaak en grassny.Ons het wel hulp nodig va...
24/02/2023

Aksie Opknap en vrywilligers, gaan vandag 24 Februarie boshoffstr parkie skoonmaak en grassny.
Ons het wel hulp nodig van die publiek en inwoners rondom die parkie.
Ons benodig enige van die volgende:
1. werkers
2. Brandstof
3. Harke
4. Swartsakke
5. Jou tyd
6. Bakkie of waentjie
7. Kos en drinkgoed
Of n kontant bydrae

Ons het reeds:
3x werkers
1x bakkie met waentjie
3x bossiekappers
1x kudu grassnyer
1x ketting saag
15l petrol

Help asb om ons dorp mooi te maak! Ons is bewus dat jy wel belasting betaal etc. maar ons het geen ander uitweg as om self hierdie take in ons dorp aan te pak nie.

Ons wil graag ook die ingange toemaak sodat geen voertuie meer kan kan ingaan en kwaad doen nie.

Saam is ons sterker

Kontak
083 658 0986,
079 480 7993 of
082 348 6925

Raak betrokke

Wonderlike inisiatief. Groot waardering ook aan Koinonia gemeente se betrokkenheid. Moontlik kan mense by ander parke dit ook doen🙏👏

Baie dankie aan Marlene ons burgermeester wat vandag kom kyk het hoe vorder die verwery op die brug. Ons nuwe bedding ga...
01/12/2022

Baie dankie aan Marlene ons burgermeester wat vandag kom kyk het hoe vorder die verwery op die brug. Ons nuwe bedding gaan Dinsdag weer aangevat word.Daars nog BAIE werk 🙏👏👏🙏

Address

Modimolle
0510

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27823486925

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aksie Opknap NPC posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Aksie Opknap NPC:

Share