Ons Winkel Klerksdorp

Ons Winkel Klerksdorp This is a well known Charity Shop in Klerksdorp. We strive to make a difference in our community. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang.

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke

van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

"HELLO JUNE!!! " By Ons Winkel Klerksdorp glo ons elke nuwe maand bring nuwe hoop, nuwe genade en nuwe geleenthede. 💙🧡Ma...
01/06/2026

"HELLO JUNE!!! "

By Ons Winkel Klerksdorp glo ons elke nuwe maand bring nuwe hoop, nuwe genade en nuwe geleenthede. 💙🧡

Mag Junie vir jou en jou familie gevul wees met vrede, voorsiening en warmte hierdie winterseisoen.

Kom kuier gerus by Ons Winkel Klerdorp vir ongelooflike winskopies en vriendelike diens.

Dankie dat julle deel is van ons gemeenskap.

Winkel no.8, Elysia Street 17, Flamwood, Klerksdorp. Sonja – 064 708 3514

31/05/2026

Duisende skoolgaande meisies se lewens kom elke maand vir vyf dae tot stilstand, omdat hul huishoudings nie sanitêre ware kan bekostig nie. Die HelpHetta-projek versprei sanitêre ware en ander noodsaaklike higiëniese produkte aan hierdie meisies op ’n kwartaallikse basis.

Die HelpHetta-projek ondersteun skole regoor die land. en besoek https://helpendehand.co.za/helphetta-donasie/ en maak ‘n verskil.

31/05/2026
50% AFSLAG UITVERKOPING! Vrydag, 5 JunieNet vir ÉÉN DAG !Kom maak ’n draai en kry ongelooflike winskopies!ALLE KLERE tee...
30/05/2026

50% AFSLAG UITVERKOPING!

Vrydag, 5 Junie
Net vir ÉÉN DAG !

Kom maak ’n draai en kry ongelooflike winskopies!

ALLE KLERE teen 50% AFSLAG! ✨

Moenie hierdie spesiale dag misloop nie — bring familie en vriende saam en kom ondersteun ’n goeie saak terwyl jy groot spaar! 💙

Skenkings en aankope help om ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Anthony Loy Painting R800
22/05/2026

Anthony Loy Painting
R800

Madelyn van Niekerk Painting R1000
22/05/2026

Madelyn van Niekerk Painting
R1000

DIE WINTER IS VOOR DIE DEUR… EN ONS HET JOU HULP NODIG! Ons Winkel Klerksdorp vra asseblief vir skenkings!  Baie familie...
21/05/2026

DIE WINTER IS VOOR DIE DEUR… EN ONS HET JOU HULP NODIG!

Ons Winkel Klerksdorp vra asseblief vir skenkings! Baie families het nie genoeg warm klere en komberse om die koue te trotseer nie.

Ons kort dringend:
Warmbaadjies
Truie
Toe skoene
Komberse

Elke skenking, groot of klein, maak ’n verskil en bring warmte en hoop aan iemand wat dit regtig nodig het.

Winkel no. 8, Elysia Straat 17, Flamwood, Klerksdorp. Sonja – 064 708 3514

Dankie aan elke persoon wat saam omgee en help om iemand se winter warmer te maak.

11/05/2026

Kan jy nog 'n feit oor die Studietrust noem?

Vir meer inligting, besoek hh-studietrust.co.za

Address

17 Elysia Street, Flamwood
Klerksdorp
2571

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

0793306861

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Klerksdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel Klerksdorp:

Share