Noordwes Jagters

Noordwes Jagters Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Noordwes Jagters, Nonprofit Organization, Klerksdorp.

06/03/2026
Hartbeesfontein Jagtersklub Jaareindfunksie en Fun Shoot DayDie Hartbeesfontein Jagtersklub het op Saterdag, 1 November ...
03/11/2025

Hartbeesfontein Jagtersklub Jaareindfunksie en Fun Shoot Day

Die Hartbeesfontein Jagtersklub het op Saterdag, 1 November 2025, hul jaarlikse Jaareindfunksie en Fun Shoot Day gehou. Dit was ’n heerlike dag vol sport, skietpret en goeie geselskap.

Baie geluk aan al die lede met hul uitstekende prestasies gedurende die jaar.Julle klub sien uit na nog ’n suksesvolle jag- en skietseisoen in 2026!

09/09/2025

As the dust (and wind!) settles on another incredible CHASA National Shoot, we want to thank you all for an unforgettable weekend!

A huge round of applause for all the shooters who brought their A-game. The talent on display was simply phenomenal, and you made the competition incredibly thrilling.
To the absolute legends behind the scenes – our event organizers, dedicated volunteers, and vigilant Range Officers: Thank you! 🙌 You are the backbone of this event, ensuring everything ran smoothly and safely. We couldn't have done it without you.

Keep an eye on our social media pages for photos and results. Be sure to like and follow us so you don't miss out!

Until next time, shoot straight and stay safe!

Noordwes Skuts Verwerf Provinsiale Kleure - CHASA Nasionale Sportskietkompetisie.Die afgelope naweek het die CHASA Nasio...
09/09/2025

Noordwes Skuts Verwerf Provinsiale Kleure - CHASA Nasionale Sportskietkompetisie.

Die afgelope naweek het die CHASA Nasionale Sportskietkompetisie plaasgevind, en Noordwes Jagters het weereens hul staal gewys.

Vanjaar se kompetisie het verskeie uitdagende dissiplines ingesluit, naamlik:
• Centrefire Vlakteskiet
• Action Haelgeweer
• Rimfire Baanskiet
• Centrefire Gongskiet

Met 25 skuts wat aan die kompetisie deelgeneem het, afkomstig van klubs soos Orkney Jag Klub, Senwes Jag Klub, Vryburg Jag Klub, en Klerksdorp Jag & Sportskiet Klub, het Noordwes met trots hul provinsie verteenwoordig by CHASA se nasionale byeenkoms.
Hierdie skuts was deel van die CHASA Noordwes Sportskietspan vir 2025.

Die uitslae en deelname was van ‘n uiters hoë standaard, en is weerspieël in die indrukwekkende punte wat deur die skuts aangeteken is. Die volgende skuts het Noordwes Provinsiale Kleure verwerf en het ook aan die nasionale kompetisie in Bloemfontein deelgeneem:

CENTREFIRE VLAKTESKIET
Marnus Kriel - Vryburg
Ronald Victor - Orkney
Leon Spies - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Kenny Marais - Orkney
Janes du Plessis - Vryburg
Pieter Scholtz - Senwes
Flippie Kriel Snr - Vryburg
Rudolf Ludick - Vryburg

ACTION SHOTGUN
Jozua Haarhoff – Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Pieter Roodt - Senwes
Leon Spies - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Jaco vd Berg - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Zandberg Louw- Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub

RIMFIRE BAANSKIET
Anthony Marais - Orkney
Duandre Opperman - Orkney
Marnus Kriel - Vryburg
Leon Spies-Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Kenny Marais -Orkney
Flippie Kriel Snr - Vryburg
Jan-Hendrik Lamprecht - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Clement Brummer - Orkney
Junior Hough - Vryburg
Flippie Kriel Jnr - Vryburg
Rudolf Ludick – Vryburg
Hennie van Rooyen - Orkney
Niel Strydom - Vryburg
Jozua Haarhoff - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Adri Ludick – Orkney

CENTREFIRE GONGS;
Leon Spies - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub
Janes du Plessis - Vryburg
Marnus Kriel - Vryburg
Niel Strydom - Vryburg
Rudolf Ludick - Vryburg
Clement Brummer - Orkney
Jan-Hendrik Lamprecht - Klerksdorp Jag & Sport skiet Klub

Spesiale gelukwensinge aan die volgende Noordwes skuts wat hul Nasionale Kleure tydens die kompetisie verwerf het:
• Leon Spies, Jaco van den Berg, Jozua Haarhoff, Marnus Kriel

Hierdie Noordwes Klubs se skuts het Noordwes met trots op die nasionale verhoog verteenwoordig en ‘n uitstekende voorbeeld van sportmanskap en skiet vernuf gestel.

“Baie geluk aan al ons deelnemers – veral aan ons Noordwes-skuts met hul puik prestasies!”

Zandberg Louw,
Voorsitter van Noordwes Jagters

CHASA Nationale Sportskiet Kompetisie 2025
08/09/2025

CHASA Nationale Sportskiet Kompetisie 2025

CHASA Nasionale Sportskiet kompetisie 'n Groot Sukses!Die CHASA Nasionale Sportskiet kompetisie is op 5–6 September 2025...
08/09/2025

CHASA Nasionale Sportskiet kompetisie 'n Groot Sukses!

Die CHASA Nasionale Sportskiet kompetisie is op 5–6 September 2025 aangebied by die Vrystaat Jagters Skietbaan in Bloemfontein. Die byeenkoms was ’n groot sukses met 129 skuts wat van regoor Suid-Afrika deelgeneem het.

Dissiplines wat ingesluit is, was Centrefire Vlakteskiet, Action Haelgeweer, Rimfire Baanskiet en Centrefire Gongskiet.

Noordwes Jagters het uitstekende deelname getoon met 25 skuts van die volgende klubs; Orkney Jag Klub, Senwes Jag Klub, Vryburg Jag Klub en Klerksdorp Jag & Sportskiet klub, wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Baie geluk aan die volgende skuts van Noordwes wat Nasionale Kleure ontvang het vir hul uitmuntende prestasies:
________________________________________
🥉Centrefire Vlakteskiet – Mans Senior Ope Klas
• 3de Plek: Marnus Kriel – Vryburg Jagklub

CF Vlakte Mens Senior Ope
Nr Name Association/Club Score
4 Gerit Botha Bosveld 555.5
3 Marnus Kriel Noordwes 570.9
2 Franco Joubert Kalahari 575.5
1 Okker de Klerk Kalahari 585.9

🥈 Action Haelgeweer – Mans Senior Moderne Klas
• 2de Plek: Leon Spies – Klerksdorp Jag & Sportskiet klub
• 4de Plek: Jaco van den Berg – Klerksdorp Jag & Sportskiet klub (Afwesig vir die foto)

Action shotgun Mens Senior Modern
Nr Name Association/Club Score
4 Jaco vd Berg Noordwes 384
3 Christiaan Minnaar Vrystaat 396
2 Leon Spies Noordwes 420
1 Stoffel du Raan Vrystaat 444

🥈 Rimfire Baanskiet – Mans Senior Standaard Klas
• 2de Plek: Jozua Haarhoff – Klerksdorp Jag & Sportskiet klub (Afwesig vir die foto)

RF Baan Mens Senior Std
Nr Name Association/Club Score
4 Braam Els Bosveld 465.2
3 Innes Basson Vrystaat 465.3
2 Jozua Haarhoff Noordwes 465.5
1 Steven du Plessis Bosveld 510

🥈 Rimfire Baanskiet – Mans Senior Ope Klas
• 2de Plek: Marnus Kriel – Vryburg Jagklub
• 4de Plek: Leon Spies – Klerksdorp Jag & Sportskiet klub

RF Baan Mens Senior Ope
Nr Name Association/Club Score
4 Leon Spies Noordwes 540.3
3 Gerit Botha Bosveld 540.4
2 Marnus Kriel Noordwes 540.8
1 Christo Cockrell Bosveld 570

Hierdie byeenkoms het nie net uitstekende skiet vernuf ten toon gestel nie, maar ook die passie, samehorigheid en sportmangees van die sportskiet gemeenskap bevestig.
Baie geluk aan al die deelnemers – veral aan ons Noordwes-skuts met hul puik prestasies!

NW Jagters Bestuur.

Suksesvolle Noord-Wes Jagters Proewe van CHASA Nasionaal Sportskiet.Noordwes Jagters het op Saterdag 26 Julie 2025 sukse...
29/07/2025

Suksesvolle Noord-Wes Jagters Proewe van CHASA Nasionaal Sportskiet.

Noordwes Jagters het op Saterdag 26 Julie 2025 suksesvolle CHASA Sportskiet-proewe by Ottosdal Jagklub aangebied.

Die dag het beide CHASA Sportskiet Vlakteskiet en CHASA Sportskiet .22 Baanskiet dissiplines ingesluit.

Namens Noordwes Jagters bedank ons graag die Ottosdal Klub vir hul uitstekende fasiliteite en vriendelike ondersteuning, wat die dag se sukses moontlik gemaak het.

Skuts het van Vryburg Jagklub, Klerksdorp Jag en Sportskiet klub, Orkney Jagklub en Klerksdorp Senwes Jagklub geregistreer en deelgeneem. Die skuts wat gekwalifiseer het, sal Noordwes verteenwoordig tydens die CHASA Nasionale Sportskietkompetisie, wat van 4 tot 6 September 2025 by die Vrystaat Jagters se Skietbaan in Bloemfontein gehou sal word.
________________________________________
CHASA (Centre-fire) Vlakteskiet Dissipline aangebied vir Proewe was soos volg:
• Fase 1 – 5 skote: Vlakvark op 100m (Staande 120 sekondes)
• Fase 2 – 3 skote: Springbok op 160m & 2 skote: Bobbejaan op 180m – (beide Sittend 120 sekondes)
• Fase 3 – 2 skote: Jakkals op 210m & 3 skote: Koedoe op 260m – (beide Lêende, 120 sekondes)
• Fase 4 – 5 skote op 200mm staal gongs tussen 150m – 350m – (Lêende 120 Sekondes)
CHASA .22 (Rim-fire) Baanskiet Dissipline aangebied vir Proewe was soos volg:
• Fase 1 – 5 skote: Egiptiese Gans op 70m (Lêende, 180 sekondes)
• Fase 2 – 5 skote: Ystervark op 40m (Staande, 120 sekondes)
• Fase 3 – 5 skote: Dassie op 20m (Vrystaande, 45 sekondes)
• Fase 4 – 5 skote op 100mm staal gongs Diamant vorm tussen 50m – 75m (Lêende, 120 sekondes)
________________________________________
Noordwes CHASA Span Kwalifiseerders22 Baanskiet NW A Ope Junior
• Duandre Opperman (Orkney Jagklub)
• Anthony Marais (Orkney Jagklub)
• Martinette Potgieter (Klerksdorp Jag- en Sportskiet klub)
NW A Standaard Junior
• Anthony Marais (Orkney Jagklub)
• Duandre Opperman (Orkney Jagklub)
NW A Mans Ope
• Niel Strydom (Vryburg Jagklub)
• Rudolf Ludick (Vryburg Jagklub)
• Junior Hough (Vryburg Jagklub)
• Kenny Marais (Orkney Jagklub)
NW B Mans Ope
• Clement Brummer (Orkney Jagklub)
• Marnus Kriel (Vryburg Jagklub)
• Flippie Kriel Jnr (Vryburg Jagklub)
• Hennie van Rooyen (Orkney Jagklub)
NW C Mans Ope
• Flippie Kriel Snr (Vryburg Jagklub)
NW A Mans Standaard
• Jozua Haarhoff (Klerksdorp Jag- en Sportskiet klub)
• Kenny Marais (Orkney Jagklub)
NW Mans Veterane Standaard
• Adri Ludick (Orkney Jagklub)
• Dirk Laubscher (Klerksdorp Jag- en Sportskiet klub)
________________________________________
Centre-fire Vlakteskiet
NW A Mans Ope
• Flippie Kriel Snr (Vryburg Jagklub)
• Kenny Marais (Orkney Jagklub)
• Rudolf Ludick (Vryburg Jagklub)
• Ronald Victor (Orkney Jagklub)
NW B Mans Ope
• Pieter Scholtz (Klerksdorp Senwes Klub)
• Janes du Plessis (Vryburg Jagklub)
• Marnus Kriel (Vryburg Jagklub)
• Christo Oosthuizen (Vryburg Jagklub)
NW C Mans Ope
• Junior Hough (Vryburg Jagklub)
• Jozua Haarhoff (Klerksdorp Jag- en Sportskiet klub)
• Flippie Kriel Jnr (Vryburg Jagklub)
NW A Mans Standaard
• Pieter Scholtz (Klerksdorp Senwes Klub)
NW A Mans Veterane Standaard
• Dirk Laubscher (Klerksdorp Jag- en Sportskiet klub)
________________________________________
Baie geluk aan elke skut wat gekwalifiseer het!

Ons is trots op julle prestasies en wens julle alle sterkte toe vir die CHASA Nasionale Sport skiet kompetisie in September in Bloemfontein by Vrystaat Jagters.

Address

Klerksdorp
2571

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Noordwes Jagters posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share