Call Website Contact the organization

ATTSA ATTSA is ’n weldaadorganisasie wat gemeenskappe versterk deur hulp met hart. Saam bou ons hoop en ’n beter toekoms. 💚

Ons ondersteun mense en omgewings deur welsyn, gesondheidsorg, behuising, opvoeding en die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur.

NUWE KANTORE, DIESELFDE GROOT HART!Ons het getrek!Die bokse is uitgepak, die ketel is aan en die koffie ruik al heerlik ...
20/10/2026

NUWE KANTORE, DIESELFDE GROOT HART!

Ons het getrek!

Die bokse is uitgepak, die ketel is aan en die koffie ruik al heerlik by **ATTSA NPC** se nuwe administratiewe kantore!

Ons is opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk en sien uit daarna om julle by ons nuwe adres te verwelkom.

📍 477 Faldastraat, Garsfontein, Pretoria
📞 068 220 4097

Of jy nou 'n jarelange vriend van ATTSA is, een van ons wonderlike ondersteuners, of sommer net meer wil uitvind oor die werk wat ons in gemeenskappe doen – kom maak gerus 'n draai!

Die koffie is op ons, die geselskap is gratis en ons deur staan oop!

**Nuwe adres. Nuwe geleenthede. Dieselfde hart vir ons gemeenskap!**

erskil

STERKTE, MATRIEKS VAN 2026!Die eindstreep is in sig!Na jare se harde werk, deursettingsvermoë, uitdagings en drome is di...
13/10/2026

STERKTE, MATRIEKS VAN 2026!

Die eindstreep is in sig!

Na jare se harde werk, deursettingsvermoë, uitdagings en drome is dit uiteindelik tyd om alles wat julle geleer het, ten toon te stel.

Aan elke matrikulant wil ons by ATTSA sê: Glo in jouself, vertrou op jou voorbereiding en onthou – jou punte bepaal nie jou waarde of jou potensiaal nie.

Josua 1:9 herinner ons:
"Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan."

Mag julle hierdie eindeksamen met kalmte, wysheid, moed en selfvertroue aanpak.

Droom groot. Werk hard. Hou aan glo.

Ons staan bankvas agter julle en wens elke matrikulant alle sterkte toe!

THE ELDERS-FLIGHT-DAY 2026 Wat ’n besonderse dag vol opwinding, glimlagte en onvergeetlike herinneringe!As deel van Tran...
08/10/2026

THE ELDERS-FLIGHT-DAY 2026

Wat ’n besonderse dag vol opwinding, glimlagte en onvergeetlike herinneringe!

As deel van Transportmaand en die viering van Wonderboom Nasionale Lughawe se bestaansjaar, het die City of Tshwane ’n baie spesiale geleentheid geskep waar bejaardes die kans gekry het om die wêreld vir ’n oomblik vanuit die lug te beleef.

Vir baie was dit nie sommer net nóg ’n uitstappie nie – dit was hul heel eerste vlug!

Die opgewondenheid, die stories om die tafels en daardie groot glimlagte ná die vlug het gewys hoe kosbaar dit is om iemand ’n ervaring te gee wat hulle dalk nooit gedink het moontlik sou wees nie.

’n Groot en opregte DANKIE aan die City of Tshwane, Wonderboom Nasionale Lughawe, die organiseerders, borge, vlieëniers, vrywilligers en elke persoon wat gehelp het om hierdie dag moontlik te maak.

Spesiale dankie aan Felix Gosher Pilot & Founder van Elders Flight asook die Children's Flight., Yolanda Vermeulen, Ardent Aviation en Head of Homes vir Elders Flight.

Julle het nie net mense laat vlieg nie…julle het herinneringe geskep wat nog lank gekoester sal word.

The Elders-Flight-Day 2026 – ’n dag om te onthou!

Liewe Onderwyser,Vandag, op Onderwys-dag, wil ons jou uit die diepte van ons harte bedank vir alles wat julle doen.Julle...
05/10/2026

Liewe Onderwyser,

Vandag, op Onderwys-dag, wil ons jou uit die diepte van ons harte bedank vir alles wat julle doen.

Julle is soveel meer as net onderwysers – julle is ons mentors, gidse, aanmoedigers, luisterende ore en ’n veilige hawe vir elke kind.

Met geduld, liefde en toewyding help julle ons kinders om te groei, om te leer, om in hulself te glo en om hul unieke potensiaal te ontdek.

Julle plant sade van kennis, bou selfvertroue en skep geleenthede vir ’n ligter, beter toekoms. Julle invloed reik verder as die klaskamer – dit raak gesinne, gemeenskappe en volgende generasies.

Dankie dat julle elke dag ’n verskil maak.
Dankie dat julle glo in ons kinders.
Dankie dat julle ’n hart het wat gee.
Ons waardeer julle vandag en altyd!

Met opregte dankbaarheid van almal by ATTSA

GEE HOOP • BOU SELFVERTROUE • MAAK ’N VERSKIL

💙 Ons hart klop vir ons gemeenskap!Vir ons kinders wat ’n veilige plek verdien om te leer en te groei. Vir ons bejaardes...
02/10/2026

💙 Ons hart klop vir ons gemeenskap!

Vir ons kinders wat ’n veilige plek verdien om te leer en te groei. Vir ons bejaardes wat liefde, waardigheid en geselskap nodig het. Vir gesinne wat deur moeilike tye gaan en ’n helpende hand nodig het.

By ATTSA lê elkeen van hierdie mense ons na aan die hart.

Hierdie Vrydag sê ons dankie aan elke skenker, vrywilliger en vennoot wat saam met ons hoop bring. Elke bydrae, elke uur en elke gebaar van omgee maak ’n verskil.

Wil jy ook help? Stuur vir ons ’n boodskap om jou tyd, vaardighede of ’n skenking aan te bied.

Mag jou naweek vol rus, liefde en klein goedhartighede wees.

Omdat elke kind ’n veilige begin verdien.Omdat ’n gesin in nood soms net iemand nodig het wat sê: “Ons stap saam met jul...
28/09/2026

Omdat elke kind ’n veilige begin verdien.
Omdat ’n gesin in nood soms net iemand nodig het wat sê: “Ons stap saam met julle.”
Omdat ons bejaardes steeds waardigheid, ondersteuning en liefde verdien.
Omdat gemeenskappe sterker word wanneer mense besluit om nie net raak te sien nie — maar betrokke te raak.

Dít is waarom ATTSA NPC bestaan.

Ons werk saam met mense en projekte wat elke dag ’n verskil maak. Ons help om hande sterker te maak, hulpbronne bymekaar te bring en ondersteuning te gee waar dit die nodigste is.

Hierdie Maandag vra ons jou nie net om ons werk raak te sien nie.
Kom word deel daarvan.

Besoek www.attsa.org
Skenk | Word ’n vrywilliger | Borg | Verwys

Want wanneer ons saam omgee, kan hoop hande en voete kry.

21/09/2026
By ATTSA NPC glo ons dat ware verandering begin wanneer mense bereid is om hande te vat.Elke dag werk ons saam met gemee...
18/09/2026

By ATTSA NPC glo ons dat ware verandering begin wanneer mense bereid is om hande te vat.

Elke dag werk ons saam met gemeenskappe om hoop prakties te maak – deur ondersteuning aan kinders, gesinne en bejaardes, asook projekte wat fokus op opleiding, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.

Soms begin ’n beter môre met iets klein: ’n helpende hand, ’n geleentheid, ’n vaardigheid wat aangeleer word, of iemand wat eenvoudig sê: “Ons sien jou. Ons stap saam met jou.”

Dankie aan elke persoon, onderneming en ondersteuner wat deel is van hierdie reis.

Saam bou ons beter gemeenskappe. Saam skep ons moontlikhede.

🌐 www.attsa.org
📧 [email protected]

MEER AS ’N PLEEGHUIS… ’N TUISTE VOL LIEFDEBy Lyt-Care in Centurion,  gaan dit oor soveel meer as net ’n dak oor ’n kind ...
17/09/2026

MEER AS ’N PLEEGHUIS… ’N TUISTE VOL LIEFDE

By Lyt-Care in Centurion, gaan dit oor soveel meer as net ’n dak oor ’n kind se kop. Dit gaan oor ’n plek waar kinders veilig kan voel, waar hulle kan lag, leer, groei en sommer net kind kan wees.

Van koekies bak en verjaarsdae vier, tot uitstappies, nuwe vaardighede aanleer en gewone alledaagse oomblikke saam – elke ervaring help bou aan selfvertroue, herinneringe en ’n gevoel van behoort.

Hier word daar nie net na kinders omgesien nie…hier word ’n familie gebou.

Elke persoon wat Lyt-Care ondersteun, word deel van hierdie verhaal. Jou donasie, jou tyd, jou vaardighede of selfs net die deel van ons boodskap kan ’n verskil in ’n kind se lewe maak.

Liefde. Veiligheid. Groei. Familie. Gemeenskap.

Saam kan ons vir hierdie kinders ’n beter môre help bou.

🚴‍♂️ THE LEGS DID THE PEDALLING… NOW LET’S GIVE THIS FUNDRAISER ONE LAST PUSH! 💛Backing the Littles has raised **R38 300...
15/09/2026

🚴‍♂️ THE LEGS DID THE PEDALLING… NOW LET’S GIVE THIS FUNDRAISER ONE LAST PUSH! 💛

Backing the Littles has raised **R38 300 towards their R40 000 goal** — just **R1 700 to go!** 🎉

🏁 **THE CHALLENGE: Can 17 people donate R100 each to get us over the finish line?**

No cycling shorts required. No hill climbs. Just a few clicks and a big heart! 😉

Ready to accept?
💛 Donate R100 — or any amount you can.
💬 Comment **“CHALLENGE ACCEPTED!”**
🙌 Tag a friend to join the final push!

Your support helps create safe spaces, build skills and open doors to brighter futures for children. Every rand counts. Every share helps.

👇 **Click the BackaBuddy link and help change a child’s life:**
https://bit.ly/back-the-littles-movement

**Who’s taking the first spot on our team of 17?**

Address

Centurion Office Park, 265 Von Willich Avenue
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27721261158

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ATTSA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ATTSA:

Shortcuts

Share