Ons Winkel - Helpende Hand

Ons Winkel - Helpende Hand Welkom by die Ons Winkel Nasionale blad. Met 'n 127 Ons Winkels regoor die land is daar byna ’n winkel in elke dorp. Beskerm jouself.

Volg gerus jou gunsteling Ons Winkel se blad om op hoogte te bly van nuus, spesiale aanbiedinge en inspirerende stories uit jou omgewing ONS WINKEL SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by ONS WINKELS se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir

die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒Vandag stel ons jou voor aan Adriaan en Leoni, die trotse eienaars van Ons Winkel Stilfontein. Die win...
02/09/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Adriaan en Leoni, die trotse eienaars van Ons Winkel Stilfontein. Die winkel se deure het op 11 Januarie 2023 geopen en hulle is al vir drie jaar deel van die Ons Winkel-familie.

Hulle liefde vir Ons Winkels het begin toe Leoni se skoonma ’n Ons Winkel in KwaZulu-Natal besoek het. Die idee het hulle so aangegryp dat hulle besluit het om self ’n winkel te open – en wat ’n groot avontuur het dit tot dusver geword!

Kom ondersteun Ons Winkel Stilfontein en word deel van ’n groter storie van hoop, harde werk en gemeenskap.

Dankie Adriaan en Leoni vir julle geloof in die Ons Winkels en vir die verskil wat julle in Stilfontein maak!

📍 Winkel 2, Denphill-gebou, Breedestraat 9, Noordwes, 2551
📞 Adriaan en Leoni: 083 250 2254

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Lentedag in die Ons Winkels! Besoek jou naaste Ons Winkel vandag nog.🌷www.onswinkel.co.za    Helpende Hand - Deel van di...
01/09/2026

Lentedag in die Ons Winkels! Besoek jou naaste Ons Winkel vandag nog.🌷

www.onswinkel.co.za



Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

(Foto's uit verskeie Ons Winkels)

[𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗪𝗜𝗡𝗞𝗘𝗟] Welkom Ons Winkel Christiana Baie geluk aan Cornelia en haar span met die opening van dié pragtige Ons Win...
31/08/2026

[𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗪𝗜𝗡𝗞𝗘𝗟] Welkom Ons Winkel Christiana

Baie geluk aan Cornelia en haar span met die opening van dié pragtige Ons Winkel in Christiana!

Mag hierdie nuwe winkel ’n groot verskil in die Christiana-gemeenskap maak en sommer baie mense se harte én huise verryk.

Wanneer jy by Ons Winkel koop, koop jy nie net iets besonders nie – jou aankoop help om ’n groter doel te dien. Die fondse word aangewend om ’n verskil in gemeenskappe te maak deur onder meer maatskaplike dienste te bevorder, studiefondse vir studente en gemeenskapsprojekte te ondersteun.

Ons nooi ook die inwoners van Christiana en omliggende gebiede uit om items wat nie meer in julle huise gebruik word nie te skenk. Van meubels, oudhede en kombuisware tot beddegoed, gordyne, speelgoed, klere, skoene, sporttoerusting, elektriese ware en soveel meer – jou ongebruikte item kan iemand anders se nuwe gunsteling wees!

Kom kuier gerus by Ons Winkel Christiana, skenk wat jy nie meer nodig het nie, en help ons om saam ’n verskil te maak.

Kontak Cornelia : 084 674 0594
Besoek hulle by: 29 Pretorius Straat, Christiana, Noord-Kaap, 2680.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Solidariteit Helpende Hand Noord-Kaap Streek

25/08/2026
24/08/2026
13/08/2026

[𝗟𝗨𝗜𝗦𝗧𝗘𝗥] As jy ons Julie-maand promosiegesprek op Pretoria FM gemis het, luister gerus hier...

Marné Els, hoof van bemarking by die Ons Winkel-groep, gesels op PretoriaFM oor die Solidariteit Helpende Hand Ons Winkels.

Pretoria FM
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒Vandag stel ons jou voor aan Bennie en Madelane, die trotse eienaars van Ons Winkel PE Walmer en PE Ne...
12/08/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Bennie en Madelane, die trotse eienaars van Ons Winkel PE Walmer en PE Newton Park. Hulle is al vir ses jaar die eienaars van PE Walmer en vir vier jaar van PE Newton Park.

Vir hulle beteken werksyn om deur harde werk jou omstandighede te verander en nie net op welsyn staat te maak nie. Hulle sien daagliks hoe bekostigbare klere en items uit hul winkels mense help om geld te spaar vir ander noodsaaklike uitgawes.

Kom ondersteun Ons Winkel PE Walmer en PE Newton Park en help om klere en items ’n tweede kans te gee!

Dankie Bennie en Madelane vir die verskil wat julle in julle gemeenskap maak.

📍 Ons Winkel PE Walmer – 6de Laan 14, Walmer, Gqeberha, 6070
📍 Ons Winkel PE Newton Park – Nobilistraat 10, Newton Park, Gqeberha, 6045

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Port Elizabeth Walmer
Ons Winkel Port Elizabeth Newton Park

Ons vier die dames!🌷Winkeleienaars, personeel, vrywilligers, skenkers en kopers.Gelukkige Vrouedag!
09/08/2026

Ons vier die dames!🌷
Winkeleienaars, personeel, vrywilligers, skenkers en kopers.

Gelukkige Vrouedag!

Address

Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel - Helpende Hand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel - Helpende Hand:

Shortcuts

Share