Ons Winkel - Helpende Hand

Call Directions Website Contact the organization

Ons Winkel - Helpende Hand Welkom by die Ons Winkel Nasionale blad. Met 'n 127 Ons Winkels regoor die land is daar byna โ€™n winkel in elke dorp. Beskerm jouself.

Volg gerus jou gunsteling Ons Winkel se blad om op hoogte te bly van nuus, spesiale aanbiedinge en inspirerende stories uit jou omgewing ONS WINKEL SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREร‹LS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by ONS WINKELS se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ล‰ niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
โ€ข Kinders
โ€ข Gesinne
โ€ข Persone met gestremdhede
โ€ข Ouer persone
Dรญt realiseer deur โ€™n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ล‰ derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriรซntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen fotoโ€™s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via โ€™n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul niรฉ die volgende funksies nie:
Statutรชre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutรชre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutรชre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiรซle bystand:
Helpende Hand is ล‰ niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiรซle bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
๏ƒ˜ Verbands- of huuronkostes
๏ƒ˜ Elektrisiteitsrekeninge
๏ƒ˜ Herstelkostes aan wonings
๏ƒ˜ Trek- of reisonkostes
๏ƒ˜ Finansiรซle ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
๏ƒ˜ Begrafnisdienste
๏ƒ˜ Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’Vandag stel ons jou voor aan Lynette van Ons Winkel Kuilsrivier. Sy is al vier jaar die trotse winkele...
14/10/2026

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’

Vandag stel ons jou voor aan Lynette van Ons Winkel Kuilsrivier. Sy is al vier jaar die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om โ€™n verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Lynette en haar span beteken werksyn spanwerk, respek, verantwoordelikheid en โ€™n positiewe gesindheid. Hulle glo daarin om mekaar te ondersteun en saam aan โ€™n gemeenskaplike doel te werk.

Dankie Lynette en jou span vir julle toewyding, asook aan elke lojale ondersteuner wat help om Ons Winkel Kuilsrivier se storie van hoop voort te sit. Elke item, elke glimlag en elke persoon maak โ€™n verskil!

๐Ÿ“ Van Riebeeckweg 51, Kuilsrivier, Wes-Kaap, 7100

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Oktober is die maand van "THRIFT"Skenk enige goeie gehalte items aan jou naaste Solidariteit Helpende Hand- Ons Winkel! ...
12/10/2026

Oktober is die maand van "THRIFT"

Skenk enige goeie gehalte items aan jou naaste Solidariteit Helpende Hand- Ons Winkel! Of besoek jou gunsteling Ons Winkel vandag nog.

Vind enige van die 130 Ons Winkels by www.onswinkel.co.za

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’Vandag stel ons jou voor aan Anton en Lizel van Ons Winkel Centurion, Pretoria-Oos en Centurion-Wes. S...
07/10/2026

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’

Vandag stel ons jou voor aan Anton en Lizel van Ons Winkel Centurion, Pretoria-Oos en Centurion-Wes. Saam is hulle betrokke by drie Ons Winkels โ€“ Centurion al vir agt en โ€™n half jaar, Pretoria-Oos vir ses jaar en Centurion-Wes vir die afgelope vyf jaar.

Vir Anton en Lizel beteken โ€œwerksynโ€ om hul personeel te ondersteun en saam as โ€™n span te werk. Hulle glo dat gelukkige en tevrede personeel die basis vorm vir โ€™n goeie werksomgewing en uitstekende diens aan skenkers en kliรซnte.

Dankie Anton en Lizel vir julle jarelange betrokkenheid en vir die verskil wat julle en julle spanne in die gemeenskap maak!

๐Ÿ“ Pretoria-Oos: Six Fountain Dekor- en Lewenstylsentrum, Hoek van Bendeman- en Solomon Mahlangu-rylaan, Pretoria
๐Ÿ“ Centurion: 68 Botha Laan, Pretoria, Gauteng, 0157
๐Ÿ“ Centurion-Wes: 118 Jakaranda Street, Pretoria, Gauteng, 0172

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Centurion-Wes
Ons Winkel Pretoria-Oos

02/10/2026

[๐—Ÿ๐—จ๐—œ๐—ฆ๐—ง๐—˜๐—ฅ] As jy ons Oktober-maand promosiegesprek op Pretoria FM gemis het, luister gerus hier...

Marnรฉ Els, hoof van bemarking by die Ons Winkel-groep, gesels op PretoriaFM oor die Solidariteit Helpende Hand Ons Winkels.

Pretoria FM
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’Vandag stel ons jou voor aan Ursula van Ons Winkel George. Sy is nou al vyf jaar die trotse eienaar va...
30/09/2026

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’

Vandag stel ons jou voor aan Ursula van Ons Winkel George. Sy is nou al vyf jaar die trotse eienaar van Ons Winkel George. Sy en haar span glo in goeie spanwerk, kommunikasie en respek vir mekaar en hul kliรซnte.

Ons Winkel George speel โ€™n belangrike rol in die gemeenskap deur bekostigbare produkte aan te bied en hergebruik en volhoubaarheid te bevorder. Elke skenking kry โ€™n tweede kans, terwyl kliรซnte die geleentheid kry om iets besonders teen โ€™n bekostigbare prys te ontdek.

Kom ondersteun Ons Winkel George deur te skenk, te koop en die winkel te besoek. Saam kan ons โ€™n verskil in die gemeenskap maak en aan items โ€™n tweede lewe gee.

Dankie Ursula vir jou toewyding en vir die belangrike rol wat jy en jou span in die George-gemeenskap speel!

๐Ÿ“ George Lilly Sentrum, Van der Stelstraat, 6529



Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel George

29/09/2026
Het jy al gewonder hoe die Ons Winkels ontstaan het? ๐Ÿ›๏ธWat vandag โ€™n landwye groep thrift-winkels is, het ontstaan uit โ€™...
28/09/2026

Het jy al gewonder hoe die Ons Winkels ontstaan het? ๐Ÿ›๏ธ

Wat vandag โ€™n landwye groep thrift-winkels is, het ontstaan uit โ€™n eenvoudige idee: om mense se ongebruikte items โ€™n tweede kans te gee en dit terselfdertyd te gebruik om โ€™n groter verskil te maak.

Deur skenkings en aankope word elke Ons Winkel deel van โ€™n groter doel โ€“ om hoop te skep en gemeenskappe te versterk.

Van โ€™n eenvoudige skenking tot โ€™n winkel vol moontlikhede.

Dit is waar Ons Winkel begin het.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’Vandag stel ons jou voor aan Riana van Ons Winkel Frankfort. Sy is al twee jaar en vier maande die tro...
23/09/2026

๐•Ž๐•š๐•Ÿ๐•œ๐•–๐•-๐•Ž๐• ๐•–๐•Ÿ๐•ค๐••๐•’๐•˜! ๐Ÿ›’

Vandag stel ons jou voor aan Riana van Ons Winkel Frankfort. Sy is al twee jaar en vier maande die trotse eienaar van die winkel en werk met diensbaarheid, samewerking, welstand en selfstandigheid om โ€™n verskil in haar gemeenskap te maak.

Kom ondersteun Ons Winkel Frankfort en ontdek die waarde van tweedehandse items wat steeds baie te bied het. Saam gee ons aan goeie items โ€™n tweede kans! ๐Ÿ’™๐Ÿงก

Dankie Riana vir jou toewyding en die verskil wat jy en jou span in die gemeenskap maak.

๐Ÿ“ Markstraat 17c, Frankfort, Vrystaat, 9830

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Frankfort

Het jy al gewonder wat die doel van Ons Winkels is? ๐Ÿ›๏ธOns Winkels is meer as net โ€™n groep thrift-winkels.Elke skenking k...
22/09/2026

Het jy al gewonder wat die doel van Ons Winkels is? ๐Ÿ›๏ธ

Ons Winkels is meer as net โ€™n groep thrift-winkels.

Elke skenking kry โ€™n tweede kans, elke aankoop dra by tot โ€™n groter doel, en saam help ons om hoop, werksgeleenthede en nuwe geleenthede in ons gemeenskappe te skep.

Van โ€™n item in jou kas tot โ€™n student in โ€™n klas. ๐ŸŽ“

Elke Ons Winkel โ€“ โ€™n baken van hoop



Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

17/09/2026

[๐„๐ฉ๐ข๐ฌ๐จ๐๐ž ๐Ÿ’]

Ons Winkel en die gemeenskap...

๐ŸŽฌ ๐—ง๐˜‚๐˜€๐˜€๐—ฒ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ฟ๐—ฎ๐—ธ๐—ธ๐—ฒ โ€“ Episode 4

In hierdie episode gesels ons met Renรฉ Roux Helpende Hand se Media Bestuurshoof. Ons gesels oor die impak van Ons Winkels en die manier waarop elke winkel โ€™n verskil maak in verskeie groepe binne elke gemeenskap.

Kyk nou die volle episode.

๐Ÿ“ Vind jou naaste Ons Winkel by: www.onswinkel.co.za

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Address

Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel - Helpende Hand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Winkel - Helpende Hand:

Shortcuts

Share