ATKV-jeugtak Bergrivier

Directions Website Contact the organization

ATKV-jeugtak Bergrivier Sedert 2006 is die ATKV-jeugtak Bergrivier aktief binne die skoolgemeenskap en sy dorp. Bank Rek: ATKV-MSW (170 166 728)
(1)

Ons stel ons ten doel om die bevordering van Afrikaans en Moedertaalonderrig te ondersteun deur verskeie projekte en uitreikaksies.

’n Hartlike welkom aan ons nuwe ATKV-lede!Ons is opgewonde om julle deel van die ATKV-familie te hê. Mag julle pad saam ...
30/10/2026

’n Hartlike welkom aan ons nuwe ATKV-lede!

Ons is opgewonde om julle deel van die ATKV-familie te hê. Mag julle pad saam met ons gevul wees met nuwe geleenthede, vriendskappe, groei en onvergeetlike ervarings.

Saam gaan ons voort om ’n verskil te maak, nuwe hoogtes te bereik en met trots ons ATKV-waardes uit te leef!

Welkom by ATKV Jeugtak Bergrivier! Bergrivier Secondary School

Veels geluk aan Bergrivier se ATKV-takbestuur/raad vir 2027! Mag die nuwe termyn gevul wees met kreatiwiteit, inspirasie...
30/10/2026

Veels geluk aan Bergrivier se ATKV-takbestuur/raad vir 2027!

Mag die nuwe termyn gevul wees met kreatiwiteit, inspirasie, nuwe uitdagings en hope sukses. Mag julle voortgaan om met passie en toewyding ’n verskil te maak en die ATKV se waardes uit te leef.

Sterkte met julle nuwe verantwoordelikhede! Ons sien uit na ’n wonderlike 2027!

ATKV BERGRIVIER | RAADVERKIESING 2027Ons Bergrivier-leerders het vandag hul manifesto’s gelewer in die stryd om op die A...
23/10/2026

ATKV BERGRIVIER | RAADVERKIESING 2027

Ons Bergrivier-leerders het vandag hul manifesto’s gelewer in die stryd om op die ATKV-raad vir 2027 te dien! 🎤👏

Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie belangrike stap. Ons wens julle alle sterkte toe met die verkiesingsproses! 🤞✨ Mag julle passie, leierskap en toewyding die verskil maak.

💙 ATKV – Wees die verskil!
🤝 Saam bou ons ’n beter toekoms!

Bergrivier, my trots en die weg na sukses! Bergrivier Secondary School ATKV-takke in die Wes-Kaap, Boland en Karoo

📰 SKOOLSTROOM-KOERANTSPAN BY WOW-WOORDFEES! 📚🎭Ons Skoolstroom-koerantspan het onlangs die WOW-Woordfees in Stellenbosch ...
14/10/2026

📰 SKOOLSTROOM-KOERANTSPAN BY WOW-WOORDFEES! 📚🎭

Ons Skoolstroom-koerantspan het onlangs die WOW-Woordfees in Stellenbosch bygewoon. Tydens hierdie besondere geleentheid het ons leerders waardevolle opleiding ontvang oor hoe om resensies te skryf. Hulle het ook die wonderlike geleentheid gehad om ’n boeiende dramaproduksie te kyk.

Baie dankie aan mnr. Gabriel De Vries en juffrou L. Jansen wat ons leerders vervoer en vergesel het. Ons waardeer julle tyd, moeite en ondersteuning opreg!

’n Spesiale woord van dank aan Woorde Open Wêrelde wat hierdie waardevolle leergeleentheid moontlik gemaak het. Ons is dankbaar dat ons leerders die geleentheid kon kry om hul kennis uit te brei, nuwe vaardighede aan te leer en hul liefde vir die media en die kunste verder te ontwikkel.

Bergrivier Secondary School

🎓 ATKV Bergrivier – “Help ’n Matrikulant”-projekDie “Help ’n Matrikulant”-projek is, soos die naam sê, daarop gemik om o...
07/10/2026

🎓 ATKV Bergrivier – “Help ’n Matrikulant”-projek

Die “Help ’n Matrikulant”-projek is, soos die naam sê, daarop gemik om ons matrikulante te ondersteun, aan te moedig en ’n helpende hand te bied gedurende hierdie belangrike tyd in hul skoolloopbaan. Elke matrikulant het 'n skryfbehoeftepakkie ontvang.

Met klein gebare van omgee kan ons ’n groot verskil maak. ❤️📚✏️

Ons wil ook aan die Matriekklas van 2026 baie sterkte toewens met die eksamen! 💪🎓
Mag julle harde werk, voorbereiding en deursettingsvermoë vrugte afwerp.

Glo in jouself. Werk hard. Hou aan druk. Jou toekoms wag! 🌟

💚💛 ATKV Bergrivier
Saam maak ons ’n verskil!

🌿📖 TUIN VAN DIGTERS 2026 📖🌿Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons leerders wat vandag opgetree het tydens vanjaar se...
12/09/2026

🌿📖 TUIN VAN DIGTERS 2026 📖🌿

Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons leerders wat vandag opgetree het tydens vanjaar se Tuin van Digters. 🎭🎤

Julle het julself met soveel selfvertroue, talent en passie van die verhoog af gewys. Ons is onsettend trots op een en elk van julle! ❤️

’n Spesiale woord van dank aan: Drakenstein Municipality, die ATKV, Mnr. Gabriel De Vries (wie ons leerders afgerig het), Breytenbach Sentrum, Juffrou A. Brown en Juffrou L. Morrie wie ons leerders vergesel en ondersteun het, ons ouers, en natuurlik, ons ongelooflike leerders wat hierdie dag besonders gemaak het!

Dankie vir elkeen se harde werk, ondersteuning en toewyding. Julle maak ons trots! 🌿💚

Mag die liefde vir Afrikaans, poësie en die kunste altyd in julle harte bly leef. 📖✨

Bergrivier Secondary School ATKV-jeugtak Bergrivier ATKV-takke in die Wes-Kaap, Boland en Karoo Hugenote Hoërskool Weltevrede Secondary School

🎤 Regional Speeches Contest 2026Our learners proudly participated in the annual Regional Museum Speeches Contest 2026 – ...
03/09/2026

🎤 Regional Speeches Contest 2026

Our learners proudly participated in the annual Regional Museum Speeches Contest 2026 – Second Round.

We are incredibly proud of every learner who took part and represented our school with courage, confidence and dedication. 🌟

Although we did not take home any prizes this year, your participation is already an achievement. Every opportunity to stand on a stage, speak with confidence and challenge yourself is a step forward.

Well done to all our learners who participated, and congratulations to the overall winners of this year’s contest. 🏆👏

We are proud of you and look forward to seeing you come back even stronger next year! 💙💛

Werk. Lewer. Sukses.

“Somtyds lag djy net om nie heeltemal stukkend te val van die pynie.”Gelag en gehuil met een voet inni kabr (graf) is da...
02/09/2026

“Somtyds lag djy net om nie heeltemal stukkend te val van die pynie.”

Gelag en gehuil met een voet inni kabr (graf) is daai soort storie wat jou laat smile, maa diep binne jou iets losmaak wat lank stil was. Van die begin af trek die production jou in—dit voel soes om op ’n stoep te sit en luiste na mense wat djy lankal ken.

Die gehoor het deffies saamgegaan—hulle het gelag, gesnuk en beaam elke keer as Mereldia en Ghoemeira hulle fietna drop. Wan wie hou dan nou nie van ’n bietjie skinner nie? Maa dis nie net lag nie—die show laat jou voel djy behoort daa. Eers soos ’n biesage neighbour, maa voo jy jou oë ka uitvee, voel jy soes familie—deel van hulle huis, hulle storie, hulle pyn.

Ghoemeira se kinderdae was vol lewe—’n spelerige kind onne die streng, maa liefdevolle oeg van haar ouma, Mereldia. Ha ouma het hard gepraat, maa sy het haar mooi maniere geleë, trots gegie en skills soes naaldwerk—al het Ghoemeira dit meer geknoei as reggekry. Daai oomblikke bring lig, maa dra ook deeper meaning van waar djy vandaan kom en wie djy is.

Die storie vat jou oek terug na die ou Kaap—na ’n tyd van struggle en djou plek ken. Waar djy moes fight om by die voordee in te gaan, en nie soos ’n skelm by die agterdee nie. Dit wys oek dat Maleiers nie net moppies ken nie, maa ook die mooi, diep music wat almal raak. Mereldia, met haar “prim en proper” ways, staan vas tussen die ou traditions en die niewe wêreld wat begin verane.

Maa dissi pyn wat djou vang. Daai stil, swaa pyn van ’n ma wat haar kinders verloö het. Ek het myself gesien in Ghoemeira—die verlange, die disbelief, die seer wat nie wil gaan nie. Daai moment toe sy haar tweeling se doepmaalklere, wat sy self gestitch het, moes wegpak… dit sny diep. Haar geloof dat hulle by die hemelpoorte wag, dat hulle nie ingaan sone ha nie—dis mooi, maa dit breek djou ook.

Sy vra vir Allah net een kans—net om hulle wee vas te hou. Maa selfs haar rou word gekee. Sy wil huil op haa tyd, op haa manier, sone mense wat oordeel—maa die wêreld gee haar nie daai space nie. En tog, in Mereldia se woorde, is daar ’n bietjie lig: dat God jou nooit los nie, al voel dit so.

Hierdie production is nie net iets wat djy kyk nie—dis iets wat djy voel. Dit bly by djou, lank na die laaste toneel.

“Wan partykeer moet jy leer hoe om te lewe, al is jou hart nog vasgevang tussen lag en huil.”

— Gabriel De Vries
Gabriel De Vries Gaireyah Fredericks

🎭🎶 Ons ATKV-leerders by die Suidoosterfees 2026! Van drama, kuns en musiek tot die pragtige Kaapstad – ons ATKV-leerders...
02/09/2026

🎭🎶 Ons ATKV-leerders by die Suidoosterfees 2026!

Van drama, kuns en musiek tot die pragtige Kaapstad – ons ATKV-leerders het ’n onvergeetlike ervaring by die Suidoosterfees 2026 beleef! 🇿🇦✨

Ons het die geleentheid gehad om ons kultuur te vier, nuwe ervarings op te doen en terselfdertyd die mooie Kaap te verken. ❤️

’n Spesiale woord van dank aan mnr. De Vries wat ons leerders vergesel het en seker gemaak het dat hulle hierdie besondere geleentheid kon bywoon.

ATKV – waar kultuur, talent en geleenthede bymekaar kom! 💙💛

ATKV-jeugtak Bergrivier Bergrivier Secondary SchoolATKV-takke in die Wes-Kaap, Boland en Karoo

Ons leerders het onlangs die voorreg gehad om die bekende Afrikaanse skrywer Daniel Hugo se dagdigkursus by die Afrikaan...
30/07/2026

Ons leerders het onlangs die voorreg gehad om die bekende Afrikaanse skrywer Daniel Hugo se dagdigkursus by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg by te woon. Dit was ’n inspirerende en leersame ervaring waartydens hulle hul kreatiewe skryfvaardighede verder kon ontwikkel en hul liefde vir Afrikaanse digkuns verdiep.

Baie dankie aan die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, asook aan Daniel Hugo, vir ’n uiters suksesvolle en verrykende dag. Ons waardeer die geleentheid wat aan ons leerders gebied is.

Volg die jongste nuus oor die Taalmuseum en Taalmonument via hul WhatsApp-kanaal en bly op hoogte van toekomstige kursusse en geleenthede. Besoek ook die webwerf vir meer inligting: taalmuseum.co.za. (taalmuseum.co.za⁠)

Afrikaanse Taalmonument Bergrivier Secondary School ATKV-jeugtak Bergrivier ATKV-takke in die Wes-Kaap, Boland en Karoo Ashné Alexander

Address

1 Champagne Street
Wellington
7655

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 09:00 - 15:00
Wednesday 09:00 - 15:00
Thursday 09:00 - 15:00
Friday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ATKV-jeugtak Bergrivier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to ATKV-jeugtak Bergrivier:

Shortcuts

Share

Nearby non profit organizations