Die Voortrekkers: Paarl

Die Voortrekkers: Paarl Die Voortrekkers is ‘n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene te leef.

🇿🇦 Gelukkige Jeugdag! 🇿🇦Die toekoms van Suid-Afrika lê in die hande van jongmense wat bereid is om met geloof, moed en k...
16/06/2026

🇿🇦 Gelukkige Jeugdag! 🇿🇦

Die toekoms van Suid-Afrika lê in die hande van jongmense wat bereid is om met geloof, moed en karakter ’n verskil te maak.

Soos ’n enkele kers die donker verdryf, kan een jong mens hoop aansteek, ander inspireer en ’n blywende impak op die wêreld hê. Elke keuse wat vandag gemaak word, bou aan môre se Suid-Afrika.

By Die Voortrekkers glo ons daarin om jongmense toe te rus om doelgerig te leef, verantwoordelik te lei en met oortuiging hulle lig te laat skyn.

Die toekoms begin by jou.

Kontak ons gerus vir meer inligting.



27/05/2026

Ons maak geskiedenis!

Die Voortrekkers loods eersdaags die eerste internasionale kettieskietkompetisie ooit vir Voortrekkers van Suid-Afrika, Namibië en Nieu-Seeland!

’n Opwindende kompetisie vol vaardigheid, fokus, pret en fantastiese pryse wag.

📅 Inskrywings open 1 Julie en sluit 31 Augustus.
▶️ Kyk die instruksievideo voordat jy inskryf: https://ln.run/djXOd
Laai jou teiken hier af:
https://ln.run/I9V7t

Gryp jou kettie, oefen jou mik en wys wat jy kan doen!

Skryf hier in: https://forms.gle/u7Fruha91G1diRRE6

Ketties en veiligheidsbrille is verkrygbaar by die Voriemôl.

Skryf hier in en word vandag nog ‘n Voortrekker:
https://registrasie.voortrekkers.co.za/

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011



Paarl Voortrekkers het Vrydagaand  nuwe Penkoppe, Drawwertjies, Verkenners en 'n Staatmaker ingelyf.  Ons het ook lekker...
24/05/2026

Paarl Voortrekkers het Vrydagaand nuwe Penkoppe, Drawwertjies, Verkenners en 'n Staatmaker ingelyf.
Ons het ook lekker verjaardag gevier... Paarl kommando is hierdie jaar 94jaar oud ( bestaan sedert 23 Mei 1932 )

Onthou om vanaand SEEP saam te bring
08/05/2026

Onthou om vanaand SEEP saam te bring

07/05/2026
07/05/2026

Paarl Kommando het 30 Apr-3 Mei die Suidkaap Seekamp by Jongensfontein bygewoon... 'n belewenis vir oud en jonk!

Baie sterkte aan ons twee graad 12 jeuglede, Mia en Wian, wat vanaand Hoofleierswag eksamen skryf.  Ons is trots op jull...
13/04/2026

Baie sterkte aan ons twee graad 12 jeuglede, Mia en Wian, wat vanaand Hoofleierswag eksamen skryf. Ons is trots op julle en jul harde werk. Hierdie is die tweede laaste hekkie as Verkenner jeuglede, geniet elke oomblik.
Hou vas aan Fil 4:13 - Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.

’n Staatmaker span het Saterdag deelgeneem by die jaarlikse vlotvaart te Veldrif.Die span het Vrydag­aand sonder moeite ...
02/03/2026

’n Staatmaker span het Saterdag deelgeneem by die jaarlikse vlotvaart te Veldrif.
Die span het Vrydag­aand sonder moeite die vlot gebou met perfekte knoop werk. Neef Danie het bystand gegee en ons bederf met heerlike burgers en koffie vir aandete.
Die volgende oggend, dou voor dag, is daar reggemaak vir die wegspring. Ons is geseën met ’n pragtige sonsopkoms en bietjie wolke, maar geen wind nie —omstandighede was perfek.
Die Ha Ha Ho span (Hard Hat Hooligans), het tweede laaste weggespring en dadelik skouer aan die wiel gesit.
Onderdeur die treinbrug het alles goed verloop, maar net voor Bokkomlaan het die meeste vlotte vasgeval (insluitend ons span). Paarl het ook ’n paar spaane en ’n roer verloor in die stryd om los te kom uit die slik en modder. En toe verander alles.

Die laaste vlotte was skielik voor, en die stryd was aan om hulle in te haal.

Met goeie ritme en deursettingsvermoë het Paarl daarin geslaag om tweede in hul afdeling te eindig, asook ’n derde plek algeheel vir die versier van hul vlot.

Dit was ’n dag vol pret en uitdagings, en soos altyd die moeite werd. Ons sien uit na volgende jaar om ons trofeë te verdedig en ’n paar Verkenner spanne saam te neem om deel te neem.

Paarl Voortrekkers het die afgelope naweek (13-15 Feb) heerlik saam as kommando gekamp in die Moreesburg omgewing.Waters...
20/02/2026

Paarl Voortrekkers het die afgelope naweek (13-15 Feb) heerlik saam as kommando gekamp in die Moreesburg omgewing.

Watersport, nagmars, lantern bekruip, kampvuur konsert en vlotry-op-die-dam was maar net 'n paar van die hoogtepunte van die naweek.

Die Junior Penkoppe en Drawwertjies het geleer om met vuurklip vuur te maak, hul eie veldstofies gemaak en lekker eetgoed in die kole voorberei

Die Senior Penkoppe en Drawwertjies het saam met die Verkenners hul eie vlot gebou.

Wat 'n lekker naweek!!

Address

Kloofstraat
Paarl
7646

Opening Hours

17:15 - 18:30

Telephone

+27833573884

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Voortrekkers: Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Die Voortrekkers: Paarl:

Share