Good Company Entrepreneurs' Club

Good Company Entrepreneurs' Club A club for entrepreneurs in the Paarl Youth Initiative's Good Company Programme

Die Paarl Jeug Inisiatief se  Good Company Entrepreneursklub se laaste verkope vir 2025 was 'n groot sukses! Ons entrepr...
15/12/2025

Die Paarl Jeug Inisiatief se Good Company Entrepreneursklub se laaste verkope vir 2025 was 'n groot sukses! Ons entrepreneurs het ribburgers met chips en koeldrank verkoop nadat hulle bestellings op hul plase geneem het en self die burgers voorberei. Catherine Adonis was weer die topverkoper op haar plaas! (Kyk hoe die span haar bestelling by haar huis aflaai.)

Johandré, ons tesourier, sê:
"Ons ribburger-verkope was 'n enorme sukses met baie ondersteuning van ons gemeenskap. As tesourier is ek bly om te rapporteer dat ons 'n sterk wins gemaak het. Hierdie ervaring het weer vir my gewys hoe waardevol goeie beplanning en spanwerk is."

Ons is trots op hierdie jong entrepreneurs!

Aan die einde van 'n suksesvolle jaar, lewer Léan Julius, voorsitter van die Good Company Entrepreneursklub, hierdie boo...
14/12/2025

Aan die einde van 'n suksesvolle jaar, lewer Léan Julius, voorsitter van die Good Company Entrepreneursklub, hierdie boodskap aan die lede:

"Goeie naand, almal! As graad 11-leerder by Noorder-Paarl Hoërskool is dit 'n groot voorreg om voorsitter te wees van 'n klub wat drie jaar gelede begin het as 'n droom: om entrepreneurskap te leer, talente te ontdek en vaardighede soos geldbestuur, winsmaak en verantwoordelikheid te bou. Vandag leef daardie droom voort!

Elke jaar groei ons as span én indiwidue – ons leer idees in aksie omskep, foute as geleenthede gebruik en kreatief d**k tydens uitdagings. Die praktyk van verkope, beplanning en spaar bou ons toekoms op maniere wat ons nou nog nie ten volle besef nie.

Ek is besonders trots op hoe ons teruggee aan die gemeenskap, soos verlede jaar se bydrae vir ons swart T-hempies wat ons spanidentiteit versterk het en wys dat ons groot dinge kan bereik.

As voorsitter het ek geleer om te lei, te luister en te ondersteun – en ek is dankbaar vir die selfvertroue en blommende idees wat ek by julle sien. Mag ons klub aanhou groei, leer en bewys dat jong entrepreneurs drome kan bou en 'n impak kan maak!

Baie dankie, lede – ons sien uit na 'n nuwe jaar vol sukses!"

Op die foto staan Léan saam met dr. Gillian Arendse, gasspreker by die prysuitdeling.

Om afskeid te neem, is nooit lekker nie, maar wanneer dit met 'n trofee gedoen kan word, kan daar breed geglimlag word.C...
12/12/2025

Om afskeid te neem, is nooit lekker nie, maar wanneer dit met 'n trofee gedoen kan word, kan daar breed geglimlag word.

Catherine Adonis is tans klaar met matriek en het ook die Paarl Jeug Inisiatief se Good Company-program suksesvol voltooi. Catherine is 'n stigterslid van die Good Company Entrepreneursklub en ontvang vanjaar vir die derde keer die eerste plek by die prysuitdeling as top presteerder in die entrepreneursklub.

Catherine se ondernemingsgees en entoesiasme vir entrepreneurskap gaan beslis gemis word.

Oor haar ervaring in die klub, skryf Catherine: "Om deel te wees van die Good Company Entrepreneursklub was vir my baie uitdagend, maar ek het die kompetisie baie geniet - veral om besigheid te doen saam met my plaasmense. Die groep het my kommunikasievaardighede aansienlik verbeter, en dit het my selfs aangespoor om my eie besigheid te begin deur goed op die plaas te verkoop.

Kosmaak is in my bloed, en dit was wonderlik om te sien hoe mense ons jongmense se kos geniet en ons verkope ondersteun. My grootste droom was altyd om die groep te ondersteun, ongeag of ek wen of nie - dit was eenvoudig lekker om deel daarvan te wees.

Ek is ongelooflik dankbaar om drie jaar op 'n ry die eerste plek en die Angon Trofee te wen. Ek het regtig hard daarvoor gewerk, en die groot ondersteuning van my plaasmense het my gemotiveer. Hulle het gesien dat hier 'n jongmens is wat iets wil bereik en groot respek vir hulle het.

Laastens, baie dankie aan Angon Fruit wat die pryse geborg het. Dit het my geleer dat niks in die lewe verniet kom nie – jy moet hard werk vir jou beloning. Dit motiveer my om harder te werk en na plase uit te reik. Ons in die entrepreneursgroep waardeer dit opreg en dit spoor ons aan om na ons drome te streef!"

Op die foto pryk 'n trotse Catherine saam met die gasspreker, dr. Gillian Arendse.

Dit was 'n groot voorreg om tydens Paarl Jeug Inisiatief / Paarl Youth Initiative  se prysuitdeling die jongmense, wat b...
12/12/2025

Dit was 'n groot voorreg om tydens Paarl Jeug Inisiatief / Paarl Youth Initiative se prysuitdeling die jongmense, wat baie hard werk tydens die entrepreneursklub se aktiwiteite, met sertifikate te beloon. Hierdie toekenning word geborg deur Angon Fruit en ons is baie dankbaar vir hulle ondersteuning.

Hierdie drie uitblinkers, v.l.n.r. Jody Floris, Léan Julius en Catherine Adonis, het by verre die meeste verkope gedurende die jaar behartig.

Jody skryf: "Om deel te wees van die entrepreneursklub is absoluut fantasies . Ek het elke stukkie kennis opgeslurp soos 'n spons en het onskatbare vaardighede en insigte geleer wat my selfvertroue en entrepreneursgees 'n hupstoot gegee het. Ek is steeds in die wolke nadat ek die derde prys gewen het . Baie dankie aan Angon wat die prys geborg het, julle ondersteuning beteken die wêreld vir ons . Die ervaring was werklik onvergeetlik en ek is so dankbaar om deel daarvan te wees❤️"

Léan Julius, tans voorsitter van die entrepreneursklub skryf: "Dit was ’n ongelooflike voorreg om hierdie jaar deel te wees van ons entrepreneursklub. Ek het nie net nuwe vaardighede geleer nie, soos om met geld te werk, idees te ontwikkel en verantwoordelikheid te neem nie, maar ek het ook baie gegroei as persoon. Ek is opreg dankbaar vir die prysgeld wat ek gewen het, en wil graag vir Angon bedank vir die borg van die prys en vir die ondersteuning van jong entrepreneurs soos ons."

Hierdie hardwerkende jongmense kan waarlik trots wees op hulle prestasies. Hulle verdien dit!

Die Paarl Jeug Inisiatief / Paarl Youth Initiative  se Good Company Entrepreneursklub was bevoorreg om vandag 'n skadusk...
02/11/2025

Die Paarl Jeug Inisiatief / Paarl Youth Initiative se Good Company Entrepreneursklub was bevoorreg om vandag 'n skaduskof (shadow shift) by Spur te doen. Hulle het dit baie geniet en nuwe begrip gekry vir mense wat in hierdie bedryf werk.

Léan, die voorsitter, sê: "Om vandag by Spur te werk, was baie uitdagend vir my omdat ek heeldag op my voete was. Ek het gesien hoe baie kelners moet opoffer. Ek was geskok om te sien hoeveel kos gemors word, maar dit was fantasties om saam met lieflike mense te werk."

Ismael, die ondervoorsitter, skryf: "Vandag was baie uitdagend, maar dit het vir my energie gegee. Ek het baie meer respek vir kelners!"

Volgens Johandré, die klub se tesourier, "was hierdie geleentheid fantasties, want ek het geleer dat kliënte altyd reg is en dat jou glimlag altyd op jou gesig moet wees. Mense mors baie kos! Dit was ook uitdagend op my voete vir so lank. Ek bewonder die kelners."

Erin eggo dit wat die ander noem en sê dat dit vir haar uitdagend was om by haar kelner te hou, maar dat dit 'n goeie ervaring was om vir die eerste keer in 'n restaurant te werk. Ashlene het ervaaar hoe uitdagend dit was om met lang glase op 'n skinkbord te loop en bedank Spur vir hierdie wonderlike geleentheid. Reschaun sê dat dit ook vir haar uitdagend was, veral om vir so lank te glimlag.

Geleenthede soos hierdie verryk die jongmense se lewens en ons is baie dankbaar vir Pasadena Spur.

🎉 Die Good Company Entrepreneursklub se eerste groot verkoping was ’n reuse sukses! 🎉Op 29 Augustus het 17 jong entrepre...
01/09/2025

🎉 Die Good Company Entrepreneursklub se eerste groot verkoping was ’n reuse sukses! 🎉

Op 29 Augustus het 17 jong entrepreneurs saamgekom om pizzas te verkoop en het entoesiasties bestellings op die plase geneem. Hulle harde werk is beloon met ’n rekordgetal van 462 pizzas wat verkoop is!

’n Spesiale gelukwensing aan Catherine Adonis (links in die foto), wat ’n ongelooflike 92 pizzas op haar plaas verkoop het - dis voorwaar ’n groot prestasie! Catherine, een van die stigterslede, het ook die vorige twee jaar die trofee vir entrepreneurskap ontvang. By haar staan 'n trotse bestuur, v.l.n.r. is Johandré Willemse, Ismael Diedericks, Naema Krotz en Lean Julius.

Naema Krotz, die nuwe sekretaresse van die klub, het haar ervaring gedeel:
“Ek het verlede jaar by die Entrepreneursklub aangesluit en baie waardevolle vaardighede opgedoen. My deelname aandie 2024-pizza-verkope het vir my groot insig gebring, maar hierdie jaar was ekstra spesiaal omdat ek as sekretaresse kon dien. Die verkoop van 462 pizzas was ’n wonderlike prestasie en ’n hoogtepunt van my jaar!”

Ons is besonder dankbaar teenoor Romans Pizza Paarl vir hulle puik diens. Dankie aan almal wat ons ondersteun het. Ons sien uit na nog meer opwindende entrepreneursprojekte vorentoe! 🚀

Ontmoet die nuwe bestuur van die Entrepreneursklub!Van links na regs: Léan Julius (voorsitter), Ismael Diedericks (onder...
18/08/2025

Ontmoet die nuwe bestuur van die Entrepreneursklub!

Van links na regs: Léan Julius (voorsitter), Ismael Diedericks (ondervoorsitter), Naema Krotz (sekretaresse) en Johandré Willemse (tesourier).

Die Entrepreneursklub is ’n span entoesiastiese leerders wat leer hoe om finansies en entrepreneurskap te verstaan, projekte te beplan en te organiseer, en om met kliënte te werk. Hierdie waardevolle vaardighede berei hulle voor vir die grootmenswêreld.

Léan Julius, ons nuwe voorsitter, sê:

"Dit is ’n groot voorreg om as voorsitter van die Good Company Entrepreneursklub verkies te wees. Ek is deel van die klub omdat ek graag meer wil leer oor hoe om finansieel onafhanklik te wees, hoe om geld te maak, en hoe om dit reg te bestuur. Ek glo dat entrepreneurskap nie net gaan oor koop en verkoop nie, maar ook oor kreatiwiteit, deursettingsvermoë en die bereidheid om nuwe dinge aan te pak.
Ek sien baie uit na ’n produktiewe jaar saam met die ander lede. Ons gaan opwindende projekte aanpak, saam leer en groei, en hopelik ander inspireer om ook entrepreneurs te word. Hierdie jaar gaan ons beslis nie net werk nie, maar ook die waarde ontdek van samewerking, spanwerk en die bou van ’n sterk entrepreneursgees."

Volg ons blad om op hoogte te bly van die klub se avonture en suksesverhale!

Our Entrepreneurs’ Club took charge at the bazaar’s cold drink stall, putting their teamwork, financial management, and ...
10/06/2025

Our Entrepreneurs’ Club took charge at the bazaar’s cold drink stall, putting their teamwork, financial management, and customer service skills into action!

Managing sales, handling money, and engaging with customers gave our young entrepreneurs invaluable experience. This hands-on involvement not only boosted their confidence but also taught them the importance of collaboration and responsibility in business.

We’re excited to see how these skills will help shape the next generation of innovative and community-minded leaders!

Lede van die Entrepreneursklub het 'n "shadow shift" by Pasadena Spur Steak Ranch gedoen en dit baie geniet. Marzaan, ee...
19/02/2025

Lede van die Entrepreneursklub het 'n "shadow shift" by Pasadena Spur Steak Ranch gedoen en dit baie geniet.

Marzaan, een van die entrepreneurs, skryf: "Om 'n 'shadow shift' by die Spur te doen, was vir my baie lekker. Ek het self ervaar hoe om goed met kliënte te kommunikeer en om goeie menseverhoudinge te oefen. Daar was natuurlik ook uitdagings met al die druk wat in 'n restaurant plaasvind. Tog het ek die heeltyd my glimlag opgesit en hoflik en beleefd met die kliënte gesels. Ek het geleer dat kliëntediens 'n groot deel van 'n entrepreneur se taak is. Ek is baie dankbaar teenoor Spur vir hierdie lekker geleentheid en die kelners wat ons so mooi touwys gemaak het."

Onlangs het die huis van een van die Good Company-leerders se ouma afgebrand en dadelik het die jongmense se omgeeharte ...
18/02/2025

Onlangs het die huis van een van die Good Company-leerders se ouma afgebrand en dadelik het die jongmense se omgeeharte na vore getree.

Llushay skryf: "Toe ek hoor dat een van ons eie lede, wat deel van die Good Company-program is, in nood is, was my eerste gedagte om uit te reik en haar en haar gesin te help. Ek het dadelik die lede van die Entrepreneursklub gekontak en ons het besluit om te help. Daarna het ons die Interact-klub genader en hulle het ook hulle hande uitgestrek om te help. As die nood tref, moet ons mekaar help en ons is baie dankbaar dat niemand in hierdie brand beseer is nie. Baie sterkte, antie Sophie, met die pad vorentoe."

Op die foto staan Catherine (links) en Llushay (regs) by ouma Sophie.
Indien iemand anders huisraad of gebruiksartikels wil skenk, kontak ons gerus.

Jaarliks word die Angon Entrepreneurskap Trofee aan die top entrepreneur toegeken en vir die tweede jaar ontvang Catheri...
18/12/2024

Jaarliks word die Angon Entrepreneurskap Trofee aan die top entrepreneur toegeken en vir die tweede jaar ontvang Catherine Adonis hierdie trofee. Eulynne Skippers het die tweede plek verwerf en beide hierdie dames ontvang 'n kontantprys wat deur Angon Fruit geborg word. By hulle staan Beryl Kerr Ferguson (links) en Nico Moloto (regs).

Annually the Angon Entrepreneurship Trophy is awarded to the top entrepreneur and for the second year Catherine Adonis receives this trophy. Eulynne Skippers took second place and both of these ladies receives a cash prize sponsored by Angon Fruit. Standing with them are Beryl Kerr Ferguson (left) and Nico Moloto (right).

Tydens die Kuiermark by Paarlberg Gemeente was tieners van Paarlberg se Revolusie-groep en tieners van Paarl Jeug Inisia...
07/12/2024

Tydens die Kuiermark by Paarlberg Gemeente was tieners van Paarlberg se Revolusie-groep en tieners van Paarl Jeug Inisiatief se Good Company Entrepreneursklub verantwoordelik om die burgers te maak. Behalwe vir die waardevolle lesse wat tydens hierdie geleenthede geleer word, is dit ook heerlik om saam met ou en nuwe vriende te werk. Hierdie jongmense kan trots wees op 'n suksesvolle aand.

During the Kuiermark at Paarlberg Gemeente, teenagers from Paarlberg's Revolution group and teenagers from Paarl Youth Initiative's Good Company Entrepreneurs' Club were responsible for preparing the burgers. Besides the valuable lessons learned during these events, it is also great fun to work side by side with old and new friends. These young people can be proud of a successful evening.

Address

Northern Paarl
Noorder-Paarl
7646

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Good Company Entrepreneurs' Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share